Job 41:1-34

41  “Kan jy die Leviaʹtan+ met ’n vishoek uittrek,Of kan jy sy tong met ’n tou afdruk?   Kan jy ’n biesie in sy neusgate sit,+Of kan jy sy kakebene met ’n doring deurboor?   Sal hy talle dringende versoeke tot jou rig,Of sal hy sagte woorde met jou spreek?   Sal hy ’n verbond met jou sluit,Dat jy hom tot onbepaalde tyd as slaaf mag neem?   Sal jy met hom speel soos met ’n voël,Of sal jy hom vasbind vir jou meisiekinders?   Sal metgeselle handel dryf met hom?Sal hulle hom onder handelaars verdeel?   Sal jy sy vel vol harpoene steek,+Of sy kop met visspiese?   Sit jou hand op hom.Onthou die geveg. Moet dit nie weer doen nie.   Kyk! ’n Mens se verwagting omtrent hom sal beslis teleurgestel word.Ook sal ’n mens by die blote aanskouing van hom neergeslinger word. 10  Niemand is so vermetel dat hy hom sou terg nie.En wie is daar wat voor my kan standhou?+ 11  Wie het eerste aan my iets gegee, sodat ek hom behoort te beloon?+Wat onder die ganse hemel is, is myne.+ 12  Ek sal nie stilby oor sy deleOf oor die aangeleentheid van sy sterkte en die sierlikheid van sy afmetings nie. 13  Wie het die oppervlak van sy kleding opgelig?Wie sal sy dubbele kakebeen binnedring? 14  Wie het die deure van sy gesig geopen?Sy tande rondom is skrikwekkend. 15  Groewe van skubbe is sy hoogmoed,Gesluit soos met ’n vaste seël. 16  Hulle pas styf teen mekaar,En selfs lug kan nie tussen hulle inkom nie. 17  Hulle kleef aan mekaar;Hulle pas inmekaar en kan nie geskei word nie. 18  Sy genies straal lig uit,En sy oë is soos die strale van die dagbreek. 19  Uit sy bek kom weerligstrale,Ontsnap vuurvonke. 20  Uit sy neusgate kom rook,Soos ’n smeltoond wat met biesies aan die brand gesteek is. 21  Sy siel laat kole vlam vat,En selfs ’n vlam kom uit sy bek. 22  In sy nek woon sterkte,En wanhoop spring voor hom uit. 23  Die plooie van sy vlees kleef aan mekaar;Hulle is soos ’n gietsel op hom, onbeweeglik. 24  Sy hart is hard soos klip,Ja, hard soos ’n onderste meulsteen. 25  As hy hom oplig, word die sterkes bang;+Weens konsternasie raak hulle verbysterd. 26  As hy oorval word, hou die swaard nie stand nie,Ook geen spies, werppyl of pylpunt nie.+ 27  Hy beskou yster+ as blote strooi,Koper as net verrotte hout. 28  ’n Pyl jaag hom nie weg nie;Die slingerklippe+ het vir hom in blote stoppels verander. 29  ’n Knuppel het hy as blote stoppels geag,+En hy lag oor die geratel van ’n werpspies. 30  Sy onderste dele is soos gepunte erdeskerwe;Hy sprei ’n dorswerktuig+ op die modder uit. 31  Hy laat die dieptes kook net soos ’n pot;Hy maak die see soos ’n salfpot. 32  Agter hom laat hy ’n pad skitter;’n Mens sou die waterdiepte vir grys hare aansien. 33  Sy gelyke is daar op die stof nie,Die een wat gemaak is om sonder vrees te wees. 34  Alles wat hoog is, sien hy.Hy is koning oor al die majestueuse wilde diere.”

Voetnote