Job 42:1-17

42  En Job het Jehovah geantwoord en gesê:   “Ek het te wete gekom dat u alles kan doen,+En daar is geen idee wat vir u onbereikbaar is nie.+   ‘Wie is dit wat raad verduister sonder kennis?’+Daarom het ek gepraat, maar sonder om begrip te hêVan dinge wat vir my te wonderbaar is, wat ek nie weet nie.+   ‘Hoor asseblief, en ek sal praat.Ek sal jou uitvra, en lig jy my in.’+   Van hoorsê het ek van u gehoor,Maar nou sien my eie oog u.   Daarom herroep ek my woorde,En ek het berou+ in stof en as.”  En nadat Jehovah hierdie woorde met Job gespreek het, het Jehovah vir Eʹlifas, die Temaniet, gesê: “My toorn het teen jou en jou twee metgeselle+ ontvlam, want julle het nie die waarheid oor my gepraat+ soos my kneg Job nie.  En neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme+ en gaan na my kneg Job+ toe, en julle moet vir julle ’n brandoffer bring; en my kneg Job sal vir julle bid.+ Net sý aangesig sal ek aanneem, sodat ek geen skandelike dwaasheid met julle begaan nie, want julle het nie die waarheid oor my gepraat soos my kneg Job nie.”+  Toe het Eʹlifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, gegaan en gedoen net soos Jehovah vir hulle gesê het, waarop Jehovah Job se aangesig aangeneem het. 10  En Jehovah het ’n omkeer in die gevange toestand van Job gebring+ toe hy vir sy metgeselle gebid het,+ en Jehovah het boonop alles wat Job voorheen gehad het, in dubbele mate begin gee.+ 11  En al sy broers en al sy susters en almal wat hom vroeër geken het,+ het na hom toe bly kom, en hulle het saam met hom brood in sy huis begin eet+ en met hom gesimpatiseer en hom vertroos oor al die rampspoed wat Jehovah oor hom laat kom het; en hulle het hom elkeen ’n geldstuk en elkeen ’n goue ring gegee. 12  Wat Jehovah betref, hy het die einde van Job meer geseën+ as sy begin,+ sodat hy veertienduisend skape en sesduisend kamele en duisend spanne beeste en duisend eselinne gekry het. 13  Hy het ook sewe seuns en drie dogters gekry.+ 14  En hy het die eerste Jemiʹma genoem en die tweede Kesiʹa en die derde Keren-Happug. 15  En in die hele land is geen vroue so mooi soos Job se dogters gevind nie, en hulle vader het hulle ’n erfdeel onder hulle broers gegee.+ 16  En Job het daarna nog honderd-en-veertig jaar gelewe+ en sy kinders en sy kleinkinders gesien+—vier geslagte. 17  En Job het uiteindelik gesterf, oud en versadig van dae.+

Voetnote