Job 5:1-27

5  “Roep asseblief! Is daar iemand wat jou antwoord?En tot watter een van die heiliges sal jy jou wend?   Want die dwaas sal deur ergernis die dood vind,En die een wat maklik verlok word, sal deur afguns gedood word.   Ek het die dwaas sien wortelskiet,+Maar skielik het ek sy woonplek begin vervloek.   Sy kinders bly ver van redding af,+En hulle word in die poort verbrysel sonder ’n verlosser.   Wat hy oes, eet die een wat honger is;En selfs van slagtershake haal iemand dit af,En ’n strik gryp na hulle middele vir lewensonderhoud.   Want wat skadelik is, kom nie voort uit blote stof nie,En moeite spruit nie uit blote grond nie.   Want die mens word vir moeite gebore,Soos die vonke boontoe vlieg.   Ek sou my egter tot God wend,En aan God sou ek my saak voorlê,+   Aan die Een wat groot, ondeurgrondelike dinge doen,Wonderlike dinge sonder tal;+ 10  Aan die Een wat reën op die oppervlak van die aarde gee+En waters oor die oop velde stuur;+ 11  Aan die Een wat die geringes op ’n hoogte stel,+Sodat die bedroefdes boaan staan wat redding betref; 12  Aan die Een wat die planne van die uitgeslapenes verydel,+Sodat hulle hande niks tot stand bring nie; 13  Aan die Een wat die wyses in hulle eie listigheid vang,+Sodat die raad van die geslepenes oorhaastig toegepas word;+ 14  Selfs bedags ondervind hulle duisternis,En op die middaguur tas hulle rond asof dit nag is;+ 15  En aan die Een wat red van die swaard uit hulle mond,En ’n arme uit die hand van die sterke,+ 16  Sodat daar vir die geringe hoop kom,+Maar onregverdigheid die mond sluit.+ 17  Kyk! Gelukkig is die mens wat deur God tereggewys word;+En die dissipline van die Almagtige moet jy nie verwerp nie! 18  Want hy veroorsaak pyn, maar verbind die wond;Hy verpletter, maar sy hande bewerk die genesing. 19  In ses benoudhede sal hy jou verlos,+En in sewe sal niks skadeliks jou tref nie.+ 20  Tydens hongersnood sal hy jou beslis van die dood verlos,+En tydens oorlog van die mag van die swaard. 21  Vir die sweep van ’n tong sal jy weggesteek word,+En jy sal nie bang wees vir plundering wanneer dit kom nie. 22  Oor plundering en honger sal jy lag,En vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie bang te wees nie. 23  Want met die klippe van die veld sal jou verbond wees,En die wilde diere van die veld sal in vrede met jou lewe.+ 24  En jy sal beslis weet dat vrede jou tent is,En jy sal sekerlik na jou weiveld gaan kyk, en jy sal niks mis nie. 25  En jy sal beslis weet dat jou nageslag talryk is+En jou nakomelinge soos die plante van die aarde.+ 26  Jy sal in lewenskrag na die graf kom,+Soos wanneer gerwe op hulle tyd ophoop. 27  Kyk! Dit is wat ons nagevors het. So is dit.Hoor dit, en jy—weet dit self.”

Voetnote