Job 6:1-30

6  En Job het geantwoord en gesê:   “Ag, as my kwelling+ maar geheel en al geweeg kon word,En as hulle maar my teëspoed terselfdertyd op die weegskaal sou sit!   Want nou is dit selfs swaarder as die sand van die seë.Daarom was my woorde wilde praatjies.+   Want die pyle van die Almagtige is by my,+Waarvan my gees die gif drink;+Die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.+   Sal ’n sebra+ by gras balk,Of ’n bul by sy voer bulk?   Sal smaaklose dinge sonder sout geëet word,Of is daar enige smaak in die slymerige sap van heemswortel?   My siel het geweier om aan enigiets te raak.Hulle is soos siekte in my voedsel.   Ag, as my versoek maar sou uitkomEn as God maar ook my hoop wou verwesenlik!   En as God maar sou voortgaan en my verbrysel,As hy maar sy hand sou losmaak en my afsny!+ 10  Selfs dit sou nog my vertroosting wees;En ek sou van vreugde spring+ oor my geboortepyne,Hoewel hy geen medelye sou hê nie, want ek het nie die woorde van die Heilige+ verberg nie.+ 11  Wat is my krag, dat ek sou bly wag?+En wat is my einde, dat ek my siel sou bly verleng? 12  Is my krag die krag van klippe?Of is my vlees van koper? 13  Is dit dat ek nie die vermoë het om myself te help nieEn doeltreffende werke van my af verjaag is? 14  Wat iemand betref wat liefderyke goedhartigheid van sy naaste terughou,+Hy sal ook selfs die vrees vir die Almagtige laat vaar.+ 15  My broers het verraderlik gehandel,+ soos ’n winterstroom,Soos die bedding van winterstrome wat bly wegvloei. 16  Hulle is donker van die ys,Op hulle verberg sneeu hom. 17  Mettertyd word hulle waterloos,+ hulle is tot swye gebring;Wanneer dit warm word, word hulle uit hulle plek opgedroog.+ 18  Die paaie van hulle weg word afgekeer;Hulle gaan op in die leë plek en vergaan. 19  Die karavane van Tema+ was op die uitkyk,Die reisgeselskap van Sabeërs+ het op hulle gewag. 20  Hulle word beslis beskaam omdat hulle vertrou het;Hulle het tot reg by die plek gekom en hulle word teleurgestel.+ 21  Want nou het julle niks geword;+Julle sien verskrikking, en julle word bang.+ 22  Is dit omdat ek gesê het: ‘GEE my iets,Of gee uit julle vermoë ’n geskenk ten behoewe van my; 23  En red my uit die hand van ’n teenstander,+En uit die hand van tiranne moet julle my verlos’?+ 24  Onderrig my, en ék sal stilbly;+En laat my insien watter fout ek begaan het.+ 25  Opregte woorde is tog nie pynlik nie!+Maar wat word deur teregwysing van julle kant tereggewys?+ 26  Is julle daarop uit om woorde tereg te wys,Wanneer die woorde van ’n wanhopige+ bloot vir die wind is?+ 27  Hoeveel te meer sal julle selfs oor ’n vaderlose die lot werp+En julle metgesel verhandel!+ 28  En KOM nou, skenk aandag aan my,En kyk of ek julle in julle gesig sal belieg.+ 29  Keer asseblief terug—laat geen onregverdigheid ontstaan nie—Ja, keer terug—my regverdigheid is nog daarin.+ 30  Is daar onregverdigheid op my tong,Of onderskei my verhemelte nie teëspoed nie?

Voetnote