Job 7:1-21

7  “Is daar nie dwangarbeid+ vir die sterflike mens op die aarde nie,En is sy dae nie soos die dae van ’n loonarbeider nie?+   Soos ’n slaaf hyg hy na die skaduwee,+En soos ’n loonarbeider wag hy op sy loon.+   So is ek die besitter van waardelose maanmaande gemaak,+En nagte van moeite+ het hulle vir my uitgemeet.   Wanneer ek gaan lê het, het ek ook gesê: ‘Wanneer sal ek opstaan?’+En wanneer die aand sy volle maat bereik, was ek ook sat van rusteloosheid tot die oggendskemering toe.   My vlees is bekleed met wurms+ en stofklonte;+My vel het korse gevorm en teer weg.+   My dae het vinniger geword+ as ’n wewerspoel,En hulle kom tot ’n einde in hopeloosheid.+   Dink daaraan dat my lewe wind is;+Dat my oog die goeie nie weer sal sien nie.   Die oog van hom wat my sien, sal my nie aanskou nie;U oë sal op my wees, maar ek sal daar nie wees nie.+   Die wolk kom beslis tot ’n einde en gaan weg;So sal hy wat na Sjeool afdaal, nie opkom nie.+ 10  Hy sal nie meer na sy huis terugkeer nie,En sy plek sal hom nie meer erken nie.+ 11  Ook ek, ek sal nie my mond terughou nie.Ek sal in die benoudheid van my gees praat;Ek sal my besig hou met die bitterheid van my siel!+ 12  Is ek ’n see of ’n seemonster,Dat u ’n wag+ oor my moet stel? 13  Wanneer ek gesê het: ‘My divan sal my vertroos,My bed sal my besorgdheid help dra’, 14  Het u my selfs met drome verskrik,En deur visioene laat u my van skrik opspring, 15  Sodat my siel verstikking verkies,Die dood+ bo my gebeente. 16  Ek het dit verwerp;+ tot onbepaalde tyd sal ek nie wil lewe nie.Laat my met rus, want my dae is ’n asemstoot.+ 17  Wat is die sterflike mens+ dat u hom sou grootmaakEn dat u u hart op hom sou rig 18  En dat u elke oggend aan hom aandag sou skenk,Dat u hom elke oomblik op die proef sou stel?+ 19  Waarom wil u nie u blik van my afwend+Of my laat staan totdat ek my speeksel insluk nie? 20  As ek gesondig het, wat kan ek uitrig teen u, die Waarnemer van die mensdom?+Waarom het u my as u teiken opgestel, sodat ek vir u ’n las sou word? 21  En waarom vergewe u nie my oortreding+En sien u nie my ongeregtigheid oor nie?Want nou sal ek in die stof+ gaan lê;En u sal my sekerlik soek, en ek sal daar nie wees nie.”

Voetnote