Job 8:1-22

8  En Bildad, die Suhiet,+ het geantwoord en gesê:   “Hoe lank sal jy hierdie dinge bly sê,+Terwyl die woorde van jou mond net ’n sterk wind is?+   Sal God die reg verdraai,+Of sal die Almagtige regverdigheid verdraai?+   As jou seuns teen hom gesondig het,Sodat hy hulle in die hand van hulle opstandigheid laat val,   As jy na God soek,+En as jy die Almagtige om guns smeek,   As jy suiwer en regskape is,+Sou hy nou vir jou wakker wordEn sou hy beslis jou regverdige woonplek herstel.   Ook was jou begin dalk iets kleins,Maar jou einde sou later baie groot word.+   Ja, vra asseblief die vorige geslag,+En rig jou aandag op die dinge wat deur hulle vaders nagespeur is.+   Want ons was slegs van gister,+ en ons weet niks,Omdat ons dae op die aarde ’n skaduwee is.+ 10  Sal hulle jou nie onderrig, jou nie vertel nie,En sal hulle nie uit hulle hart woorde voortbring nie? 11  Sal ’n papirusplant+ hoog groei sonder ’n moerasagtige plek?Sal ’n riet groot word sonder water? 12  Terwyl dit nog in die knop is, nie afgepluk nie,Selfs voor al die ander gras sal dit verdroog.+ 13  So is die paaie van almal wat God vergeet,+En die hoop van ’n afvallige sal vergaan,+ 14  Wie se sekerheid afgesny isEn wie se vertroue die huis van ’n spinnekop is.+ 15  Hy sal op sy huis steun, maar dit sal nie bly staan nie;Hy sal dit vasgryp, maar dit sal nie standhou nie. 16  Hy is vol sap in die son,En in sy tuin kom sy takkie te voorskyn.+ 17  In ’n kliphoop word sy wortels ineengevleg,’n Kliphuis aanskou hy. 18  As iemand hom uit sy plek verswelg,+Sal dit hom ook beslis verloën en sê: ‘Ek het jou nie gesien nie.’+ 19  Kyk! Dít is die ontbinding van sy weg;+En uit die stof spruit ander voort. 20  Kyk! God sal niemand verwerp wat onberispelik is nie,En ook sal hy kwaaddoeners nie by die hand vat nie, 21  Totdat hy jou mond met gelag vervulEn jou lippe met gejuig. 22  Jou haters sal met skaamte beklee word,+En die tent van die goddeloses sal daar nie wees nie.”

Voetnote