Job 9:1-35

9  En Job het geantwoord en gesê:   “Waarlik, ek weet dat dit so is.Maar hoe kan ’n sterflike mens reg wees in ’n saak teen God?+   As hy behae daarin sou skep om met hom te twis,+Kan hy hom nie een keer uit duisend antwoord nie.   Hy is wys van hart en sterk in krag.+Wie kan hardkoppig teenoor hom wees en ongedeerd daarvan afkom?+   Hy verskuif berge,+ sodat mense nie eens van hulle weet nie,Hy wat hulle in sy toorn omgekeer het.+   Hy laat die aarde skud uit sy plek,Sodat sy pilare+ sidder.   Hy sê vir die son dat dit nie moet skyn nie,En die sterre verseël hy rondom,+   Hy wat alleen die hemel uitspan+En op die hoë golwe van die see loop;+   Wat die Asj-sterrebeeld, die Kesil-sterrebeeldEn die Kima-sterrebeeld+ en die binnekamers van die Suide maak; 10  Wat groot, ondeurgrondelike dinge doen,+En wonderlike dinge sonder tal.+ 11  Kyk! Hy gaan by my verby en ek sien hom nie,En hy gaan verder en ek bemerk hom nie.+ 12  Kyk! Hy gryp weg. Wie kan hom teëstaan?Wie sal vir hom sê: ‘Wat doen u?’+ 13  God sal sy toorn nie afwend nie;+Onder hom moet die helpers van ’n bestormer+ hulle neerbuig. 14  Hoeveel te meer as ek hom antwoord!Ek sal my woorde teenoor hom kies,+ 15  Hom wat ek nie sou antwoord nie, al was ek werklik reg.+My teenstander in die regsaak sou ek om guns smeek.+ 16  As ek hom roep, sou hy my antwoord?+Ek glo nie dat hy na my stem sou luister nie; 17  Hy wat my met ’n storm vermorselEn beslis my wonde sonder rede talryk maak.+ 18  Hy sal my dit nie vergun om weer asem te skep nie,+Want hy hou aan om my met bitterhede te oorlaai. 19  As iemand sterk is in krag, is hy daar;+En as iemand sterk is in geregtigheid, ag, as ek maar gedagvaar sou word! 20  As ek reg was, sou my eie mond my goddeloos verklaar;Was ek onberispelik, dan sou hy my verdorwe verklaar. 21  Was ek onberispelik, sou ek my siel nie ken nie;Ek sou my lewe verwerp. 22  Daar is een ding. Daarom sê ek:‘Aan die onberispelike, asook die goddelose, maak hy ’n einde.’+ 23  As ’n stortvloed skielik die dood sou meebring,Sou hy met die wanhoop van die onskuldiges spot. 24  Die aarde is in die hand van die goddelose gegee;+Hy bedek die gesig van die regters.As dit nie hy is nie, wie is dit dan? 25  Ook het my dae vinniger as ’n hardloper geword;+Hulle het gevlug, hulle sal beslis nie die goeie sien nie. 26  Hulle het voortbeweeg soos rietbote,Soos ’n arend wat heen en weer skiet op soek na iets om te eet.+ 27  As ek gesê het: ‘Laat ek my besorgdheid vergeet,+Laat ek my gesig verander+ en vrolik word’, 28  Dan was ek bang vir al my pyne;+Ja, ek weet dat u my nie onskuldig sal ag nie. 29  Ek sal tog goddeloos word.Waarom swoeg ek dan tevergeefs?+ 30  As ek my in sneeuwater gewas hetEn ek my hande in potas gereinig het,+ 31  Dan sou u my in ’n kuil dompel,En my klere sou my beslis verfoei. 32  Want hy is nie ’n man+ soos ek dat ek hom sou antwoord nie,Dat ons saam na die gereg sou gaan nie. 33  Daar is niemand om tussen ons te beslis,+Dat hy sy hand op ons albei sou lê nie. 34  Laat hy sy roede van my wegneem,+En laat sy skrikwekkendheid my nie verskrik nie. 35  Laat my praat en nie vir hom bang wees nie,Want in my is ek nie daartoe geneig nie.

Voetnote