Johannes 1:1-51

1  In die begin+ was die Woord,+ en die Woord was by God,+ en die Woord was ’n god.+  Dié een was in die begin+ by God.+  Alles het deur hom ontstaan,+ en sonder hom het nie eers een ding ontstaan nie. Wat ontstaan het  deur middel van hom, was lewe,+ en die lewe was die lig+ van die mense.  En die lig skyn in die duisternis,+ maar die duisternis het dit nie oorweldig nie.  Daar het ’n man opgestaan wat as ’n verteenwoordiger van God uitgestuur is:+ sy naam was Johannes.+  Hierdie man het gekom as ’n getuienis,+ om aangaande die lig te getuig,+ sodat alle soorte mense deur hom sou glo.+  Hy was nie daardie lig nie,+ maar hy moes aangaande daardie lig getuig.+  Die ware lig+ wat vir elke soort mens+ lig gee,+ het op die punt gestaan om in die wêreld in te kom. 10  Hy was in die wêreld+ en die wêreld het deur hom ontstaan,+ maar die wêreld het hom nie geken nie. 11  Hy het na sy eie huis gekom, maar sy eie mense het hom nie ingeneem nie.+ 12  Aan almal wat hom wel aangeneem het,+ het hy egter die reg gegee om God se kinders te word,+ omdat hulle geloof in sy naam beoefen het;+ 13  en hulle is nie uit bloed of uit ’n vleeslike wil of uit die wil van ’n man gebore nie, maar uit God.+ 14  En die Woord het vlees geword+ en onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos dié van ’n enigverwekte seun+ wat van ’n vader kom; en hy was vol onverdiende goedhartigheid en waarheid.+ 15  (Johannes het aangaande hom getuig, ja, hy het in werklikheid uitgeroep—dit was hy wat dit gesê het—en gesê: “Die een wat ná my kom, het voor my uit gegaan, want hy het voor my bestaan.”)+ 16  Want ons het almal uit sy volheid ontvang,+ ja, onverdiende goedhartigheid op onverdiende goedhartigheid.+ 17  Want die Wet is deur middel van Moses gegee;+ die onverdiende goedhartigheid+ en die waarheid+ het deur middel van Jesus Christus gekom. 18  Geen mens het God ooit gesien nie;+ die enigverwekte god+ wat in die boesemposisie+ by die Vader is, dié het hom verklaar.+ 19  En dít is die getuienis van Johannes toe die Jode priesters en Leviete uit Jerusalem na hom toe gestuur het om hom te vra: “Wie is jy?”+ 20  En hy het bely en nie ontken nie, maar het bely: “Ek is nie die Christus nie.”+ 21  En hulle het hom gevra: “Wat dan? Is jy Eliʹa?”+ En hy het gesê: “Ek is nie.” “Is jy Die Profeet?”+ En hy het geantwoord: “Nee!” 22  Daarom het hulle vir hom gesê: “Wie is jy?—sodat ons ’n antwoord kan gee aan dié wat ons gestuur het. Wat sê jy oor jouself?”+ 23  Hy het gesê: “Ek is ’n stem van iemand wat in die wildernis uitroep: ‘MAAK die weg van Jehovah reguit’, net soos die profeet Jesaja gesê het.”+ 24  En dié wat uitgestuur is, was van die Fariseërs af. 25  Toe het hulle hom uitgevra en vir hom gesê: “Waarom doop jy dan+ as jy self nie die Christus of Eliʹa of Die Profeet is nie?” 26  Johannes het hulle geantwoord en gesê: “Ek doop in water. In julle midde+ staan iemand wat julle nie ken nie,+ 27  die een wat ná my kom, maar ek is nie waardig om die riem van sy sandaal los te maak nie.”+ 28  Hierdie dinge het in Betaʹnië oorkant die Jordaan plaasgevind, waar Johannes gedoop het.+ 29  Die volgende dag het hy Jesus na hom toe sien kom, en hy het gesê: “Kyk, die Lam+ van God wat die sonde van die wêreld+ wegneem!+ 30  Dit is die een van wie ek gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my uit gegaan het, want hy het voor my bestaan.+ 31  Selfs ek het hom nie geken nie, maar die rede waarom ek in water kom doop het, was sodat hy aan Israel openbaar gemaak kon word.”+ 32  Johannes het ook getuig en gesê: “Ek het die gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en dit het op hom gebly.+ 33  Selfs ek het hom nie geken nie, maar Hý wat my gestuur het+ om in water te doop, het vir my gesê: ‘Die een op wie jy die gees sien neerdaal en bly, dit is hy wat in heilige gees doop.’+ 34  En ek het dit gesien, en ek het getuig dat dié een die Seun van God is.”+ 35  Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan met twee van sy dissipels, 36  en toe hy Jesus sien loop, het hy gesê: “Kyk, die Lam+ van God!” 37  En die twee dissipels het hom hoor praat, en hulle het Jesus gevolg. 38  Daarop het Jesus omgedraai, en toe hy hulle sien volg, het hy vir hulle gesê: “Waarna soek julle?” Hulle het vir hom gesê: “Rabbi (wat, wanneer dit vertaal word, Leermeester beteken), waar gaan u tuis?” 39  Hy het vir hulle gesê: “Kom, en julle sal sien.”+ Daarop het hulle gegaan en gesien waar hy tuisgaan, en hulle het daardie dag by hom gebly; dit was omtrent die tiende uur. 40  Andreʹas,+ die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat gehoor het wat Johannes gesê het en Jesus gevolg het. 41  Eers het hy sy eie broer, Simon, gevind en vir hom gesê: “Ons het die Messiʹas gevind”+ (wat, wanneer dit vertaal word, Christus beteken).+ 42  Hy het hom na Jesus toe gelei. Toe Jesus hom aankyk,+ het hy gesê: “Jy is Simon,+ die seun van Johannes;+ jy sal Sefas genoem word” (wat as Petrus vertaal word).+ 43  Die volgende dag wou hy na Galileʹa vertrek. En Jesus het Filippus+ gevind en vir hom gesê: “Word my volgeling.”+ 44  En Filippus was van Betsaiʹda,+ van die stad van Andreʹas en Petrus. 45  Filippus het Nataʹnael+ gevind en vir hom gesê: “Ons het die een gevind van wie Moses, in die Wet,+ en die Profete+ geskryf het, Jesus, die seun van Josef,+ van Naʹsaret.” 46  Maar Nataʹnael het vir hom gesê: “Kan enigiets goeds uit Naʹsaret kom?”+ Filippus het vir hom gesê: “Kom kyk.” 47  Jesus het Nataʹnael na hom toe sien kom en van hom gesê: “Kyk, gewis ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.”+ 48  Nataʹnael het vir hom gesê: “Hoe kom dit dat u my ken?” Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Voordat Filippus jou geroep het, terwyl jy onder die vyeboom was, het ek jou gesien.” 49  Nataʹnael het hom geantwoord: “Rabbi, u is die Seun van God,+ u is Koning+ van Israel.” 50  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Glo jy omdat ek vir jou gesê het dat ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal groter dinge as dit sien.” 51  Hy het verder vir hom gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Julle sal die hemel geopend sien en die engele+ van God na die Seun van die mens sien opgaan en neerdaal.”+

Voetnote