Johannes 10:1-42

10  “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Hy wat nie by die deur+ in die skaapkraal ingaan nie maar iewers anders opklim, hy is ’n dief en ’n plunderaar.+  Maar hy wat by die deur+ ingaan, is herder+ van die skape.+  Die deurwagter+ maak vir hom oop, en die skape+ luister na sy stem, en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.  Wanneer hy almal wat syne is, uitgebring het, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg+ hom, omdat hulle sy stem ken.+  Hulle sal ’n vreemdeling hoegenaamd nie volg nie maar sal van hom af wegvlug,+ omdat hulle nie die stem van vreemdelinge ken nie.”+  Jesus het hierdie vergelyking vir hulle vertel; maar hulle het nie geweet wat die dinge beteken wat hy vir hulle gesê het nie.+  Daarom het Jesus weer gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Ek is die deur+ van die skape.  Almal wat in my plek gekom het, is diewe en plunderaars;+ maar die skape het nie na hulle geluister nie.+  Ek is die deur;+ wie deur my ingaan, sal gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.+ 10  Die dief+ kom nie tensy dit is om te steel en te slag en te vernietig nie.+ Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed kan hê. 11  Ek is die goeie herder;+ die goeie herder doen afstand van sy siel ten behoewe van die skape.+ 12  Die huurling,+ wat geen herder is nie en aan wie die skape nie as sy eiendom behoort nie, sien die wolf kom en verlaat die skape en vlug—en die wolf gryp hulle en verstrooi hulle+ 13  omdat hy ’n huurling+ is en nie vir die skape omgee nie.+ 14  Ek is die goeie herder, en ek ken my skape+ en my skape ken my,+ 15  net soos die Vader my ken en ek die Vader ken;+ en ek doen afstand van my siel ten behoewe van die skape.+ 16  “En ek het ander skape,+ wat nie van hierdie kraal+ is nie; ook hulle moet ek bring, en hulle sal na my stem luister,+ en hulle sal een kudde onder een herder word.+ 17  Daarom het die Vader my lief,+ omdat ek van my siel afstand doen,+ sodat ek dit weer kan ontvang. 18  Geen mens het dit van my weggeneem nie, maar ek doen op eie inisiatief afstand daarvan. Ek het gesag om daarvan afstand te doen, en ek het gesag om dit weer te ontvang.+ Die gebod+ hieroor het ek van my Vader ontvang.” 19  Weer het verdeeldheid+ onder die Jode ontstaan weens hierdie woorde. 20  Baie van hulle het gesê: “Hy het ’n demoon+ en is kranksinnig. Waarom luister julle na hom?” 21  Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van ’n man wat van ’n demoon besete is nie. ’n Demoon kan tog nie blindes se oë open nie, of hoe?” 22  In daardie tyd het die toewydingsfees in Jerusalem plaasgevind. Dit was winter, 23  en Jesus het in die tempel in die pilaargang van Salomo+ geloop. 24  Toe het die Jode hom omring en vir hom begin sê: “Hoe lank gaan u ons siele in spanning laat? As u die Christus is,+ sê dit vir ons reguit.”+ 25  Jesus het hulle geantwoord: “Ek het vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die werke wat ek in die naam van my Vader doen, dié getuig aangaande my.+ 26  Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie.+ 27  My skape+ luister na my stem, en ek ken hulle, en hulle volg my.+ 28  En ek gee hulle die ewige lewe,+ en hulle sal beslis nooit vernietig word nie,+ en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.+ 29  Wat my Vader+ my gegee het, is groter as alle ander dinge,+ en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.+ 30  Ek en die Vader is een.”+ 31  Weer eens het die Jode klippe opgetel om hom te stenig.+ 32  Jesus het hulle geantwoord: “Ek het talle goeie werke aan julle getoon wat van die Vader afkomstig is. Oor watter van daardie werke stenig julle my?” 33  Die Jode het hom geantwoord: “Ons stenig jou nie oor ’n goeie werk nie, maar oor lastering,+ ja, omdat jy, hoewel jy ’n mens is, jouself ’n god maak.”+ 34  Jesus het hulle geantwoord: “Staan daar nie in julle Wet geskrywe:+ ‘Ek het gesê: “Julle is gode”’+ nie? 35  As hy dié teen wie die woord van God gekom het, ‘gode’+ genoem het, en die Skrif kan tog nie nietig verklaar word nie,+ 36  sê julle dan vir my wat deur die Vader geheilig en in die wêreld ingestuur is: ‘Jy laster’, omdat ek gesê het: Ek is God se Seun?+ 37  As ek nie die werke+ van my Vader doen nie, moet my dan nie glo nie. 38  Maar as ek dit wel doen, glo dan die werke,+ al glo julle my nie, sodat julle te wete kan kom en kan bly weet dat die Vader in eenheid met my en ek in eenheid met die Vader is.”+ 39  Daarom het hulle hom weer gevange probeer neem;+ maar hy het buite hulle bereik gekom.+ 40  Toe het hy weer oor die Jordaan gegaan, na die plek waar Johannes eers gedoop het,+ en hy het daar gebly. 41  En baie mense het na hom toe gekom, en hulle het begin sê: “Johannes het wel nie ’n enkele teken gedoen nie, maar alles wat Johannes oor hierdie man gesê het, was waar.”+ 42  En baie het daar geloof in hom gestel.+

Voetnote