Johannes 11:1-57

11  En daar was ’n sekere man siek, Laʹsarus van Betaʹnië, van die dorpie van Maria en van haar suster Marta.+  Dit was trouens die Maria wat die Here met welriekende olie+ gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het,+ wie se broer Laʹsarus siek was.  Daarom het sy susters hom laat weet en gesê: “Here, kyk! die een vir wie u geneentheid het,+ is siek.”  Maar toe Jesus dit hoor, het hy gesê: “Hierdie siekte het nie die dood ten doel nie, maar is tot die heerlikheid van God,+ sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”  En Jesus het Marta en haar suster en Laʹsarus liefgehad.  Maar toe hy hoor dat hy siek is, het hy tog nog twee dae op die plek gebly waar hy was.  Toe het hy hierna vir die dissipels gesê: “Laat ons weer na Judeʹa gaan.”  Die dissipels het vir hom gesê: “Rabbi,+ onlangs nog wou die Judeërs u stenig,+ en gaan u weer daarheen?”  Jesus het geantwoord: “Daar is twaalf uur daglig, nie waar nie? As iemand in die daglig+ wandel, stamp hy teen niks nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. 10  Maar as iemand in die nag+ wandel, stamp hy teen iets, omdat die lig nie in hom is nie.” 11  Hy het hierdie dinge gesê, en hierna het hy vir hulle gesê: “Laʹsarus, ons vriend, het gaan rus, maar ek reis daarheen om hom uit die slaap wakker te maak.”+ 12  Daarom het die dissipels vir hom gesê: “Here, as hy gaan rus het, sal hy gesond word.” 13  Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van die rus van die slaap praat. 14  Toe het Jesus dus reguit vir hulle gesê: “Laʹsarus het gesterf,+ 15  en om julle onthalwe is ek bly dat ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.” 16  Daarom het Tomas, wat Die Tweeling genoem is, vir sy mededissipels gesê: “Laat ons ook gaan, sodat ons saam met hom kan sterf.”+ 17  Toe Jesus daar aankom, het hy gevind dat hy reeds vier dae in die gedenkgraf was.+ 18  En Betaʹnië was naby Jerusalem, ’n afstand van omtrent drie kilometer daarvandaan. 19  En baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos.+ 20  Toe Marta dan hoor dat Jesus kom, het sy hom tegemoetgegaan; maar Maria+ het by die huis bly sit. 21  Marta het toe vir Jesus gesê: “Here, as u hier was, sou my broer nie gesterf het nie.+ 22  En tog weet ek selfs nou dat alles wat u van God vra,+ God vir u sal gee.” 23  Jesus het vir haar gesê: “Jou broer sal opstaan.”+ 24  Marta het vir hom gesê: “Ek weet dat hy in die opstanding+ op die laaste dag sal opstaan.” 25  Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.+ Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy;+ 26  en elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie.+ Glo jy dit?” 27  Sy het vir hom gesê: “Ja, Here; ek het geglo dat u die Christus is, die Seun van God, die Een wat in die wêreld inkom.”+ 28  En toe sy dit gesê het, het sy weggegaan en haar suster Maria geroep en stilletjies gesê: “Die Leermeester+ is hier en hy roep jou.” 29  Toe laasgenoemde dit hoor, het sy gou opgestaan en na hom toe gegaan. 30  Jesus het in werklikheid nog nie in die dorpie ingekom nie, maar hy was nog op die plek waar Marta hom ontmoet het. 31  Toe die Jode wat saam met Maria in die huis was+ en haar getroos het, sien dat sy vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg, in die veronderstelling dat sy na die gedenkgraf+ gaan om daar te huil. 32  En toe Maria aankom waar Jesus was en hom sien, het sy voor sy voete neergeval en vir hom gesê: “Here, as u hier was, sou my broer nie gesterf het nie.”+ 33  Toe Jesus haar dan sien huil en die Jode wat saam met haar gekom het, sien huil, het hy in die gees gekreun en verontrus geword;+ 34  en hy het gesê: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle het vir hom gesê: “Here, kom kyk.” 35  Jesus het trane gestort.+ 36  Daarom het die Jode begin sê: “Kyk watter geneentheid het hy vir hom gehad!”+ 37  Maar party van hulle het gesê: “Kon hierdie man wat die oë+ van die blinde man geopen het, nie verhoed het dat dié een sterf nie?” 38  Jesus het derhalwe, nadat hy weer in homself gekreun het, by die gedenkgraf+ gekom. Dit was in werklikheid ’n grot, en ’n klip+ het daarteen gelê. 39  Jesus het gesê: “NEEM die klip+ weg.” Marta, die suster van die oorledene, het vir hom gesê: “Here, hy moet nou al ruik, want dit is vier dae.” 40  Jesus het vir haar gesê: “Het ek nie vir jou gesê dat jy die heerlikheid van God sal sien as jy glo nie?”+ 41  Toe het hulle die klip weggeneem. En Jesus het sy oë na die hemel opgeslaan+ en gesê: “Vader, ek dank u dat u my verhoor het.+ 42  Ek het weliswaar geweet dat u my altyd verhoor; maar weens die skare+ wat rondom staan, het ek gespreek, sodat hulle kan glo dat u my uitgestuur het.”+ 43  En toe hy hierdie dinge gesê het, het hy met ’n harde stem uitgeroep: “Laʹsarus, kom uit!”+ 44  Die man wat dood was, het uitgekom, met sy voete en hande met grafdoeke gebind,+ en sy gesig was met ’n doek toegedraai. Jesus het vir hulle gesê: “Maak hom los en laat hom gaan.” 45  Toe het baie van die Jode wat na Maria toe gekom en aanskou het wat hy gedoen het, geloof in hom gestel;+ 46  maar party van hulle het na die Fariseërs toe gegaan en vir hulle die dinge vertel wat Jesus gedoen het.+ 47  Gevolglik het die hoofpriesters en die Fariseërs die Sanʹhedrin+ bymekaargeroep en begin sê: “Wat moet ons doen, want hierdie man doen baie tekens?+ 48  As ons hom so laat begaan, sal hulle almal geloof in hom stel,+ en die Romeine+ sal kom en ons plek+ sowel as ons nasie wegneem.” 49  Maar een van hulle, Kaʹjafas, wat daardie jaar hoëpriester was,+ het vir hulle gesê: “Julle weet hoegenaamd niks, 50  en julle dink nie daaraan dat dit tot julle voordeel is dat een mens vir die volk sterf+ en nie die hele nasie vernietig word nie.”+ 51  Dit het hy egter nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus bestem was om vir die nasie te sterf, 52  en nie net vir die nasie nie, maar sodat hy ook die kinders van God wat verstrooi is,+ tot een bymekaar sou bring.+ 53  Daarom het hulle van daardie dag af beraadslaag om hom dood te maak.+ 54  Jesus het derhalwe nie meer in die openbaar+ onder die Jode+ rondgegaan nie, maar hy het daarvandaan na die landstreek naby die wildernis vertrek, na ’n stad wat Eʹfraim+ genoem word, en daar het hy saam met die dissipels gebly. 55  En die pasga+ van die Jode was naby, en baie mense het voor die pasga uit die platteland na Jerusalem opgegaan om hulle seremonieel te reinig.+ 56  Daarom het hulle Jesus gaan soek, en terwyl hulle in die tempel rondgestaan het, het hulle vir mekaar gesê: “Wat is julle mening? Dat hy glad nie na die fees sal kom nie?” 57  En die hoofpriesters en die Fariseërs het bevel gegee dat as iemand te wete kom waar hy is, hy dit moet onthul, sodat hulle hom gevange kan neem.

Voetnote