Johannes 12:1-50

12  En Jesus het ses dae voor die pasga in Betaʹnië+ aangekom, waar Laʹsarus+ was, wat Jesus uit die dode opgewek het.  Daarom het hulle daar vir hom ’n aandete gegee, en Marta+ het bedien,+ maar Laʹsarus was een van dié wat saam met hom aan tafel was.+  Maria het toe ’n pond welriekende olie geneem, egte nardus,+ baie kosbaar, en sy het die voete van Jesus gesalf en sy voete met haar hare afgedroog.+ Die huis is gevul met die geur van die welriekende olie.  Maar Judas Iskaʹriot,+ een van sy dissipels, wat op die punt gestaan het om hom te verraai, het gesê:  “Waarom is hierdie welriekende olie+ nie vir driehonderd denaʹrii verkoop en vir die armes+ gegee nie?”  Hy het dit egter nie gesê omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief+ was en die geldkissie gehad het+ en die geld weggedra het wat daarin gesit is.  Daarom het Jesus gesê: “Laat staan haar, sodat sy hierdie gebruik kan onderhou met die oog op die dag van my begrafnis.+  Want julle het die armes+ altyd by julle, maar vir my sal julle nie altyd hê nie.”  En ’n groot menigte van die Jode het te wete gekom dat hy daar is, en hulle het gekom, nie net weens Jesus nie, maar ook om Laʹsarus te sien, wat hy uit die dode opgewek het.+ 10  Die hoofpriesters het toe beraadslaag om ook Laʹsarus dood te maak,+ 11  want weens hom het baie van die Jode daarheen gegaan en geloof in Jesus gestel.+ 12  Die volgende dag het die groot skare wat na die fees gekom het, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, 13  die takke van palmbome+ geneem en uitgegaan om hom te ontmoet. En hulle het begin uitroep:+ “Red tog!+ Geseënd is hy wat in Jehovah se naam kom,+ ja, die koning+ van Israel!” 14  Toe Jesus egter ’n jong esel+ gevind het, het hy daarop gaan sit, net soos daar geskrywe staan: 15  “Moenie vrees nie, dogter van Sion. Kyk! Jou koning kom,+ en hy sit op die hingsvul van ’n esel.”+ 16  Sy dissipels het eers geen ag op hierdie dinge geslaan nie,+ maar toe Jesus verheerlik is,+ het hulle onthou dat hierdie dinge van hom geskrywe was en dat hulle hierdie dinge aan hom gedoen het.+ 17  En die skare wat saam met hom was toe hy Laʹsarus+ uit die gedenkgraf geroep en hom uit die dode opgewek het, het aangehou om te getuig.+ 18  Daarom het die skare hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat hy hierdie teken gedoen het.+ 19  Die Fariseërs+ het dus onder mekaar gesê: “Julle sien dat julle absoluut niks bereik nie. Kyk! Die wêreld het agter hom aan geloop.”+ 20  En daar was ’n paar Grieke+ onder dié wat opgekom het om by die fees te aanbid. 21  Hulle dan het na Filippus+ toe gegaan wat van Betsaiʹda in Galileʹa was, en hulle het hom begin versoek en gesê: “Meneer, ons wil Jesus sien.”+ 22  Filippus het gekom en dit vir Andreʹas vertel. Andreʹas en Filippus het gekom en dit vir Jesus vertel. 23  Maar Jesus het hulle geantwoord en gesê: “Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.+ 24  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Tensy ’n koringkorrel in die grond val en sterf, bly dit net een korrel; maar as dit sterf,+ dan dra dit veel vrug. 25  Hy wat lief is vir sy siel, vernietig dit, maar hy wat sy siel in hierdie wêreld haat,+ sal dit vir die ewige lewe beveilig.+ 26  As iemand my wil dien, moet hy my volg, en waar ek is, daar sal my dienaar ook wees.+ As iemand my wil dien, sal die Vader hom eer.+ 27  Nou is my siel verontrus,+ en wat sal ek sê? Vader, red my uit hierdie uur.+ Nietemin is dit waarom ek tot in hierdie uur gekom het. 28  Vader, verheerlik u naam.” Daarom het ’n stem+ uit die hemel gekom: “Ek het dit verheerlik en sal dit weer verheerlik.”+ 29  Die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het derhalwe begin sê dat dit gedonder het. Ander het begin sê: “’n Engel het met hom gepraat.” 30  Jesus het geantwoord en gesê: “Hierdie stem het nie om my onthalwe gekom nie, maar om julle onthalwe.+ 31  Nou vind daar ’n oordeel van hierdie wêreld plaas; nou sal die heerser van hierdie wêreld+ uitgewerp word.+ 32  En tog sal ek, as ek van die aarde opgehef word,+ alle soorte mense na my toe trek.”+ 33  Dit het hy in werklikheid gesê om aan te dui watter soort dood hy weldra sou sterf.+ 34  Daarom het die skare hom geantwoord: “Ons het uit die Wet gehoor dat die Christus vir ewig bly;+ en hoe is dit dat u sê dat die Seun van die mens opgehef moet word?+ Wie is hierdie Seun van die mens?”+ 35  Jesus het dus vir hulle gesê: “Die lig sal nog ’n klein rukkie onder julle wees. Wandel terwyl julle die lig het, sodat duisternis+ julle nie oorweldig nie; en hy wat in die duisternis wandel, weet nie waarheen hy gaan nie.+ 36  Terwyl julle die lig het, moet julle geloof in die lig beoefen, sodat julle kinders van die lig kan word.”+ Jesus het hierdie dinge gesê en weggegaan en hom vir hulle verberg. 37  Maar hoewel hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie geloof in hom gestel nie, 38  sodat die woord van die profeet Jesaja vervul is wat hy gespreek het: “Jehovah, wie het geloof gestel in wat ons gehoor het?+ En wat die arm van Jehovah betref, aan wie is dit geopenbaar?”+ 39  Die rede waarom hulle nie kon glo nie, is dat Jesaja ook gesê het: 40  “Hy het hulle oë verblind en hy het hulle hart verhard,+ sodat hulle nie met hulle oë sou sien en met hulle hart die gedagte sou verstaan en sou omdraai en ek hulle sou genees nie.”+ 41  Jesaja het hierdie dinge gesê omdat hy sy heerlikheid gesien het,+ en hy het van hom gepraat. 42  Nogtans het selfs baie van die heersers geloof in hom gestel,+ maar weens die Fariseërs het hulle hom nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie;+ 43  want hulle het die heerlikheid van mense liewer gehad as selfs die heerlikheid van God.+ 44  Jesus het egter uitgeroep en gesê: “Hy wat geloof in my stel, stel nie net in my geloof nie, maar ook in hom wat my gestuur het;+ 45  en hy wat my aanskou, aanskou ook hom wat my gestuur het.+ 46  Ek het as ’n lig in die wêreld ingekom,+ sodat elkeen wat geloof in my stel, nie in die duisternis sal bly nie.+ 47  Maar as iemand my woorde hoor en hulle nie nakom nie, oordeel ek hom nie; want ek het gekom, nie om die wêreld te oordeel nie,+ maar om die wêreld te red.+ 48  Hy wat my verontagsaam en my woorde nie aanneem nie, het een om hom te oordeel. Die woord+ wat ek gespreek het, dit sal hom in die laaste dag oordeel; 49  want ek het nie op eie ingewing gespreek nie, maar die Vader wat my gestuur het, het vir my ’n gebod gegee oor wat om te sê en wat om te spreek.+ 50  Ook weet ek dat sy gebod die ewige lewe beteken.+ Die dinge wat ek dan spreek—net soos die Vader hulle vir my gesê het, so spreek ek hulle.”+

Voetnote