Johannes 13:1-38

13  En omdat Jesus voor die fees van die pasga geweet het dat sy uur gekom het+ om uit hierdie wêreld na die Vader toe te gaan,+ het hy, wat dié liefgehad het wat syne was en wat in die wêreld was,+ hulle tot die einde toe liefgehad.  Terwyl die aandmaal dan aan die gang was en die Duiwel dit reeds in die hart van Judas Iskaʹriot,+ die seun van Simon, gegee het om hom te verraai,+  het hy, omdat hy geweet het dat die Vader alles in sy hande gegee het+ en dat hy van God uitgegaan het en na God toe gaan,+  van die aandmaal opgestaan en sy boklere eenkant gesit. En hy het ’n handdoek geneem en om hom vasgemaak.+  Daarna het hy water in ’n kom gegooi en begin om die voete van die dissipels te was+ en dit af te droog met die handdoek wat hy omgehad het.  En toe het hy by Simon Petrus gekom. Hy het vir hom gesê: “Here, was u my voete?”+  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Wat ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar ná hierdie dinge sal jy verstaan.”+  Petrus het vir hom gesê: “U sal so nimmer aste nooit my voete was nie.” Jesus het hom geantwoord: “Tensy ek jou was,+ het jy geen deel met my nie.”  Simon Petrus het vir hom gesê: “Here, nie net my voete nie, maar ook my hande en my kop.” 10  Jesus het vir hom gesê: “Hy wat gebad het,+ het nie nodig dat meer as sy voete gewas word nie, maar is heeltemal skoon. En julle is skoon, maar nie almal nie.” 11  Hy het inderdaad die man geken wat hom verraai.+ Daarom het hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.” 12  En toe hy hulle voete gewas en sy boklere aangetrek en weer aan tafel gegaan het, het hy vir hulle gesê: “Weet julle wat ek aan julle gedoen het? 13  Julle spreek my aan as ‘Leermeester’+ en ‘Here’,+ en julle sê dit tereg, want ek is dit.+ 14  As ek dan, hoewel Here en Leermeester, julle voete gewas het,+ behoort julle ook mekaar se voete te was.+ 15  Want ek het vir julle die voorbeeld gestel, dat julle, net soos ek aan julle gedoen het, ook moet doen.+ 16  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: ’n Slaaf is nie groter as sy heer nie, en ook is iemand wat uitgestuur is, nie groter as die een wat hom gestuur het nie.+ 17  As julle hierdie dinge weet, gelukkig is julle as julle dit doen.+ 18  Ek praat nie van julle almal nie; ek ken dié wat ek uitgekies het.+ Maar dit is sodat die Skrifgedeelte vervul kan word:+ ‘Hy wat hom met my brood gevoed het, het sy hakskeen teen my opgelig.’+ 19  Van hierdie oomblik af vertel ek dit vir julle voordat dit gebeur,+ sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit ek is. 20  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Hy wat iemand ontvang wat ek stuur, ontvang my ook.+ En hy wat my ontvang, ontvang ook hom wat my gestuur het.”+ 21  Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy verontrus geword in die gees, en hy het getuig en gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Een van julle sal my verraai.”+ 22  Die dissipels het na mekaar begin kyk, nie seker van watter een hy dit gesê het nie.+ 23  Een van Jesus se dissipels het voor sy bors gelê, en Jesus het hom liefgehad.+ 24  Simon Petrus het dus vir hom geknik en vir hom gesê: “Sê wie dit is van wie hy dit sê.” 25  Toe het laasgenoemde teen Jesus se bors teruggeleun en vir hom gesê: “Here, wie is dit?”+ 26  Daarop het Jesus geantwoord: “Dit is dié een vir wie ek die stukkie sal gee wat ek doop.”+ En nadat hy die stukkie gedoop het, het hy dit geneem en vir Judas, die seun van Simon Iskaʹriot, gegee. 27  En nadat laasgenoemde die stukkie geneem het, het Satan in hom ingevaar.+ Toe het Jesus vir hom gesê: “Wat jy doen, doen dit nog gouer.” 28  Niemand van dié wat aan tafel was, het egter geweet met watter doel hy dit vir hom gesê het nie. 29  Aangesien Judas die geldkissie gehad het,+ het party in werklikheid gedink dat Jesus vir hom sê: “Koop wat ons nodig het vir die fees”, of dat hy iets vir die armes moes gee.+ 30  Nadat hy die stukkie ontvang het, het hy onmiddellik uitgegaan. En dit was nag.+ 31  En toe hy uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou word die Seun van die mens verheerlik,+ en God word in verband met hom verheerlik. 32  En God self sal hom verheerlik,+ en hy sal hom onmiddellik verheerlik. 33  Kindertjies,+ ek is nog ’n rukkie by julle. Julle sal my soek; en net soos ek vir die Jode gesê het: ‘Waarheen ek gaan, kan julle nie kom nie’,+ sê ek ook nou vir julle. 34  Ek gee julle ’n nuwe gebod, dat julle mekaar moet liefhê; net soos ek julle liefgehad het,+ moet julle ook mekaar liefhê.+ 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”+ 36  Simon Petrus het vir hom gesê: “Here, waarheen gaan u?” Jesus het geantwoord: “Waarheen ek gaan, kan jy my nie nou volg nie, maar jy sal later volg.”+ 37  Petrus het vir hom gesê: “Here, waarom kan ek u nie nou volg nie? Ek sal om u onthalwe van my siel afstand doen.”+ 38  Jesus het geantwoord: “Sal jy om my onthalwe van jou siel afstand doen? Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou: ’n Haan sal beslis nie kraai voordat jy my drie keer verloën het nie.”+

Voetnote