Johannes 14:1-31

14  “Moenie dat julle hart verontrus word nie.+ Beoefen geloof in God,+ beoefen geloof ook in my.+  In die huis van my Vader is daar baie wonings.+ Anders sou ek vir julle gesê het, want ek gaan om vir julle ’n plek+ te berei.  En as ek gaan en vir julle ’n plek berei, kom ek weer+ en sal julle tuis ontvang by my,+ sodat julle ook kan wees waar ek is.+  En waarheen ek gaan, ken julle die weg.”  Tomas+ het vir hom gesê: “Here, ons weet nie waarheen u gaan nie.+ Hoe ken ons die weg?”  Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg+ en die waarheid+ en die lewe.+ Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.+  As julle my geken het, sou julle ook my Vader geken het; van hierdie oomblik af ken julle hom en het julle hom gesien.”+  Filippus het vir hom gesê: “Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.”  Jesus het vir hom gesê: “Was ek so ’n lang tyd by julle, en tog het jy my nie leer ken nie, Filippus? Hy wat my gesien het, het ook die Vader gesien.+ Hoe is dit dan dat jy sê: ‘Toon ons die Vader’?+ 10  Glo jy nie dat ek in eenheid met die Vader en die Vader in eenheid met my is nie?+ Die dinge wat ek vir julle sê, sê ek nie uit myself nie; maar die Vader wat in eenheid met my bly, doen sy werke.+ 11  Glo my dat ek in eenheid met die Vader en die Vader in eenheid met my is; of anders, glo op grond van die werke self.+ 12  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Hy wat geloof in my beoefen, hy sal ook self die werke doen wat ek doen; en hy sal groter werke+ as dié doen, want ek gaan na die Vader toe.+ 13  En wat julle ook al in my naam vra, dit sal ek doen, sodat die Vader in verband met die Seun verheerlik kan word.+ 14  As julle enigiets in my naam vra, sal ek dit doen. 15  “As julle my liefhet, sal julle my gebooie bewaar;+ 16  en ek sal die Vader versoek, en hy sal julle ’n ander helper gee om vir ewig by julle te wees,+ 17  die gees van die waarheid,+ wat die wêreld nie kan ontvang nie,+ want dit sien dit nie en ken dit ook nie. Julle ken dit, omdat dit by julle bly en in julle is.+ 18  Ek sal julle nie wees agterlaat nie.+ Ek kom na julle toe. 19  Nog ’n rukkie en die wêreld sal my nie meer sien nie,+ maar julle sal my sien,+ omdat ek lewe en julle sal lewe.+ 20  In daardie dag sal julle weet dat ek in eenheid met my Vader en julle in eenheid met my en ek in eenheid met julle is.+ 21  Hy wat my gebooie het en hulle bewaar, dit is hy wat my liefhet.+ En hy wat my liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en ek sal hom liefhê en my duidelik aan hom toon.” 22  Judas,+ nie Iskaʹriot nie, het vir hom gesê: “Here, wat het gebeur dat u van plan is om u duidelik aan ons te toon en nie aan die wêreld nie?”+ 23  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “As iemand my liefhet, sal hy my woord bewaar,+ en my Vader sal hom liefhê, en ons sal na hom toe kom en ons woning by hom maak.+ 24  Hy wat my nie liefhet nie, bewaar nie my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar behoort aan die Vader wat my gestuur het.+ 25  “Terwyl ek by julle gebly het, het ek hierdie dinge vir julle gesê. 26  Maar die helper, die heilige gees, wat die Vader in my naam sal stuur, dié sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat ek julle vertel het.+ 27  Ek laat vir julle vrede na, ek gee julle my vrede.+ Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Moenie dat julle hart verontrus word of van vrees ineenkrimp nie. 28  Julle het gehoor dat ek vir julle gesê het: Ek gaan weg en ek kom terug na julle toe. As julle my liefgehad het, sou julle bly wees dat ek na die Vader toe gaan, want die Vader is groter+ as ek. 29  En nou het ek dit vir julle vertel voordat dit gebeur,+ sodat julle, wanneer dit wel gebeur, kan glo. 30  Ek sal nie veel meer met julle praat nie, want die heerser+ van die wêreld kom. En hy het geen houvas op my nie,+ 31  maar sodat die wêreld kan weet dat ek die Vader liefhet, doen ek net soos die Vader my die gebod gegee het+ om te doen. Staan op, laat ons hiervandaan gaan.

Voetnote