Johannes 15:1-27

15  “Ek is die ware wingerdstok,+ en my Vader is die landbouer.+  Elke loot in my wat nie vrug dra nie, neem hy weg,+ en elkeen wat vrug dra, maak hy skoon,+ sodat dit meer vrug kan dra.+  Julle is reeds skoon weens die woord wat ek tot julle gespreek het.+  Bly in eenheid met my, en ek in eenheid met julle.+ Net soos die loot nie vanself vrug kan dra tensy dit in die wingerdstok bly nie, so ook kan julle nie, tensy julle in eenheid met my bly.+  Ek is die wingerdstok, julle is die lote. Wie in eenheid met my bly, en ek in eenheid met hom, dié een dra veel vrug;+ want sonder my kan julle hoegenaamd niks doen nie.  As iemand nie in eenheid met my bly nie, word hy as ’n loot uitgegooi en verdroog; en die mense maak daardie lote bymekaar en werp hulle in die vuur, en hulle word verbrand.+  As julle in eenheid met my bly en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal vir julle gebeur.+  My Vader word hierin verheerlik, dat julle veel vrug bly dra en toon dat julle my dissipels is.+  Net soos die Vader my liefgehad+ en ek julle liefgehad het, moet julle in my liefde bly. 10  As julle my gebooie bewaar,+ sal julle in my liefde bly, net soos ek die gebooie van die Vader bewaar het+ en in sy liefde bly. 11  “Hierdie dinge het ek vir julle gesê, sodat my vreugde in julle kan wees en julle vreugde volkome gemaak kan word.+ 12  Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos ek julle liefgehad het.+ 13  Niemand het groter liefde as dít nie, dat iemand van sy siel afstand doen ten behoewe van sy vriende.+ 14  Julle is my vriende as julle doen wat ek julle beveel.+ 15  Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ’n slaaf nie weet wat sy heer doen nie. Maar ek het julle vriende+ genoem, omdat ek alles wat ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.+ 16  Julle het my nie uitgekies nie, maar ek het julle uitgekies, en ek het julle aangestel om te gaan en aan te hou vrug dra+ en dat julle vrug moet bly; sodat wat julle die Vader ook al in my naam vra, hy dit vir julle sal gee.+ 17  “Hierdie dinge beveel ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.+ 18  As die wêreld julle haat, weet julle dat dit my gehaat het voor dit julle gehaat het.+ 19  As julle ’n deel van die wêreld was, sou die wêreld lief wees vir wat syne is.+ En omdat julle geen deel van die wêreld is nie,+ maar ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.+ 20  Hou die woord wat ek tot julle gespreek het in gedagte: ’n Slaaf is nie groter as sy heer nie. As hulle my vervolg het, sal hulle julle ook vervolg;+ as hulle my woord bewaar het, sal hulle julle s’n ook bewaar. 21  Maar hulle sal julle al hierdie dinge aandoen weens my naam, omdat hulle hom wat my gestuur het, nie ken nie.+ 22  As ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle geen sonde hê nie;+ maar nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie.+ 23  Hy wat my haat, haat ook my Vader.+ 24  As ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie,+ sou hulle geen sonde hê nie;+ maar nou het hulle my sowel as my Vader gesien én gehaat.+ 25  Maar dit is sodat die woord wat in hulle Wet geskrywe staan, vervul kan word: ‘Hulle het my sonder oorsaak gehaat.’+ 26  Wanneer die helper kom wat ek van die Vader vir julle sal stuur,+ die gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal daardie een aangaande my getuig;+ 27  en julle moet op julle beurt getuig,+ omdat julle saam met my was vandat ek begin het.

Voetnote