Johannes 16:1-33
16 “Ek het hierdie dinge vir julle gesê sodat julle nie sal struikel nie.+
2 Die mense sal julle uit die sinagoge ban.+ Trouens, die uur kom wanneer elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy ’n heilige diens aan God bewys het.+
3 Maar hulle sal hierdie dinge doen omdat hulle nie die Vader of vir my leer ken het nie.+
4 Nietemin het ek hierdie dinge vir julle gesê sodat julle, wanneer die uur daarvoor aanbreek, sal onthou dat ek dit vir julle gesê het.+
“Maar ek het aanvanklik nie hierdie dinge vir julle gesê nie, omdat ek by julle was.
5 Maar nou gaan ek na hom toe wat my gestuur het,+ en tog vra nie een van julle vir my: ‘Waarheen gaan u?’ nie.
6 Maar omdat ek hierdie dinge vir julle gesê het, het droefheid+ julle hart vervul.
7 Nietemin sê ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat ek weggaan. Want as ek nie weggaan nie, sal die helper+ hoegenaamd nie na julle toe kom nie; maar as ek gaan, sal ek hom na julle toe stuur.
8 En wanneer hy kom, sal hy aan die wêreld oortuigende bewys lewer aangaande sonde en aangaande regverdigheid en aangaande oordeel:+
9 in die eerste plek, aangaande sonde,+ omdat hulle nie geloof in my beoefen nie;+
10 dan aangaande regverdigheid,+ omdat ek na die Vader toe gaan en julle my nie meer sal sien nie;
11 dan aangaande oordeel,+ omdat die heerser van hierdie wêreld geoordeel is.+
12 “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie.+
13 Wanneer hy, die gees van die waarheid,+ egter kom, sal hy julle in die hele waarheid inlei, want hy sal nie op eie ingewing spreek nie, maar wat hy hoor, sal hy spreek, en hy sal die komende dinge aan julle bekend maak.+
14 Hy sal my verheerlik,+ want hy sal ontvang van wat myne is en dit aan julle bekend maak.+
15 Alles wat die Vader het, is myne.+ Daarom het ek gesê dat hy ontvang van wat myne is en dit aan julle bekend maak.
16 Oor ’n klein rukkie sal julle my nie meer sien nie,+ en weer oor ’n klein rukkie sal julle my sien.”
17 Daarom het party van sy dissipels vir mekaar gesê: “Wat beteken dit dat hy vir ons sê: ‘Oor ’n klein rukkie sal julle my nie sien nie, en weer oor ’n klein rukkie sal julle my sien’, en: ‘omdat ek na die Vader toe gaan’?”
18 Hulle het derhalwe gesê: “Wat beteken dit dat hy sê: ‘’n klein rukkie’? Ons weet nie waarvan hy praat nie.”
19 Jesus het geweet+ dat hulle hom wou uitvra; daarom het hy vir hulle gesê: “Vra julle onder mekaar hieroor, omdat ek gesê het: Oor ’n klein rukkie sal julle my nie sien nie, en weer oor ’n klein rukkie sal julle my sien?
20 Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Julle sal huil en weeklaag, maar die wêreld sal bly wees; julle sal bedroef wees,+ maar julle droefheid sal in vreugde verander word.+
21 ’n Vrou het droefheid wanneer sy geboorte gee, omdat haar uur aangebreek het;+ maar wanneer sy die jong kindjie voortgebring het, onthou sy nie meer die beproewing nie, weens die vreugde dat ’n mens in die wêreld gebore is.
22 Julle het dan nou ook inderdaad droefheid; maar ek sal julle weer sien en julle harte sal bly wees,+ en niemand sal julle julle vreugde ontneem nie.
23 En in daardie dag+ sal julle my geen enkele vraag vra nie. Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: As julle die Vader enigiets vra,+ sal hy dit vir julle in my naam gee.+
24 Tot nou toe het julle hoegenaamd niks in my naam gevra nie. Vra en julle sal ontvang, dat julle vreugde volkome gemaak kan word.+
25 “Ek het hierdie dinge in vergelykings vir julle gesê.+ Die uur kom wanneer ek nie meer in vergelykings met julle sal praat nie, maar ek julle duidelik van die Vader sal vertel.
26 In daardie dag sal julle in my naam vra, en ek sê nie vir julle dat ek by die Vader aangaande julle versoek sal doen nie.
27 Want die Vader self het geneentheid vir julle, omdat julle geneentheid vir my gehad het+ en geglo het dat ek as die Vader se verteenwoordiger uitgegaan het.+
28 Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld ingekom. En ek verlaat die wêreld en gaan na die Vader toe.”+
29 Sy dissipels het gesê: “Kyk! Nou praat u duidelik en spreek u geen vergelykings nie.
30 Nou weet ons dat u alles+ weet en dat u nie nodig het dat enigeen u uitvra nie.+ Hierdeur glo ons dat u van God uitgegaan het.”+
31 Jesus het hulle geantwoord: “Glo julle op die oomblik?
32 Kyk! Die uur kom, ja, dit het gekom, wanneer elkeen van julle na sy eie huis verstrooi sal word+ en julle my alleen sal laat; en tog is ek nie alleen nie, omdat die Vader met my is.+
33 Ek het hierdie dinge vir julle gesê sodat julle deur middel van my vrede kan hê.+ In die wêreld het julle verdrukking, maar skep moed! Ek het die wêreld oorwin.”+