Johannes 17:1-26

17  Jesus het hierdie dinge gespreek, en terwyl hy sy oë na die hemel opgeslaan het,+ het hy gesê: “Vader, die uur het gekom; verheerlik u seun, sodat u seun u kan verheerlik,+  soos u hom gesag oor alle vlees gegee het,+ sodat hy aan almal wat u hom gegee het,+ die ewige lewe kan gee.+  Dít beteken die ewige lewe,+ dat hulle kennis inneem+ van u, die enigste ware God,+ en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.+  Ek het u op die aarde verheerlik,+ aangesien ek die werk volbring het wat u my gegee het om te doen.+  En nou, Vader, verheerlik my naas uself met die heerlikheid wat ek naas u gehad het voordat die wêreld was.+  “Ek het u naam openbaar gemaak aan die mense wat u my uit die wêreld gegee het.+ Hulle het aan u behoort, en u het hulle aan my gegee, en hulle het u woord bewaar.  Hulle het nou te wete gekom dat alles wat u my gegee het, van u kom;  want die woorde wat u my gegee het, het ek aan hulle gegee,+ en hulle het dit aangeneem en het beslis te wete gekom dat ek as u verteenwoordiger uitgegaan het,+ en hulle het geglo dat u my uitgestuur het.+  Ek doen versoek aangaande hulle; ek doen nie versoek aangaande die wêreld nie,+ maar aangaande dié wat u my gegee het; omdat hulle aan u behoort, 10  en alles van my behoort aan u, en wat aan u behoort, is myne,+ en ek is onder hulle verheerlik. 11  “Ook is ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld+ en ek kom na u toe. Heilige Vader, waak oor hulle+ weens u naam wat u my gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons.+ 12  Toe ek by hulle was, het ek oor hulle gewaak+ weens u naam wat u my gegee het; en ek het hulle bewaar, en nie een van hulle is vernietig nie,+ behalwe die seun van die vernietiging,+ sodat die Skrifgedeelte vervul sou word.+ 13  Maar nou kom ek na u toe, en ek spreek hierdie dinge in die wêreld sodat hulle my vreugde ten volle in hulle kan hê.+ 14  Ek het u woord aan hulle gegee, maar die wêreld het hulle gehaat,+ omdat hulle geen deel van die wêreld is nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie.+ 15  “Ek versoek u nie om hulle uit die wêreld weg te neem nie, maar om oor hulle te waak weens die bose.+ 16  Hulle is geen deel van die wêreld nie,+ net soos ek geen deel van die wêreld is nie.+ 17  Heilig+ hulle deur middel van die waarheid; u woord+ is die waarheid.+ 18  Net soos u my in die wêreld uitgestuur het, het ek hulle ook in die wêreld uitgestuur.+ 19  En ek heilig my ten behoewe van hulle, sodat hulle ook deur middel van die waarheid geheilig+ kan word. 20  “Ek doen nie net aangaande hulle versoek nie, maar ook aangaande dié wat deur hulle woord geloof in my stel;+ 21  sodat hulle almal een kan wees,+ net soos u, Vader, in eenheid met my en ek in eenheid met u is,+ dat hulle ook in eenheid met ons kan wees,+ sodat die wêreld kan glo dat u my uitgestuur het.+ 22  Ook het ek hulle die heerlikheid gegee wat u my gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons een is.+ 23  Ek in eenheid met hulle en u in eenheid met my, sodat hulle volkome een gemaak kan word,+ sodat die wêreld kan weet dat u my uitgestuur het en dat u hulle liefgehad het net soos u my liefgehad het. 24  Vader, met betrekking tot wat u my gegee het, wens ek dat waar ek is, hulle ook by my kan wees,+ sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat u my gegee het, omdat u my voor die grondlegging+ van die wêreld+ liefgehad het. 25  Regverdige+ Vader, die wêreld het u inderdaad nie leer ken nie;+ maar ek het u leer ken, en hierdie mense het te wete gekom dat u my uitgestuur het.+ 26  En ek het u naam aan hulle bekend gemaak+ en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee u my liefgehad het, in hulle kan wees en ek in eenheid met hulle.”+

Voetnote