Johannes 18:1-40

18  Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy saam met sy dissipels oor die Kidronwinterstroom+ uitgegaan na waar daar ’n tuin was, en hy en sy dissipels het daar ingegaan.+  En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus dikwels met sy dissipels daar saamgekom het.+  Daarom het Judas die afdeling soldate en beamptes van die hoofpriesters en van die Fariseërs geneem en met fakkels en lampe en wapens daar gekom.+  Jesus, wat geweet het wat alles oor hom gaan kom,+ het toe na vore getree en vir hulle gesê: “Wie soek julle?”  Hulle het hom geantwoord: “Jesus die Nasarener.”+ Hy het vir hulle gesê: “Dit is ek.” En Judas, sy verraaier,+ het ook by hulle gestaan.  Toe hy egter vir hulle sê: “Dit is ek”, het hulle teruggedeins+ en op die grond geval.  Daarom het hy hulle weer gevra: “Wie soek julle?” Hulle het gesê: “Jesus die Nasarener.”  Jesus het geantwoord: “Ek het vir julle gesê dat dit ek is. As dit dan na my is wat julle soek, laat hierdie mense gaan”;  sodat die woord vervul sou word wat hy gesê het: “Van dié wat u my gegee het, het ek nie één verloor nie.”+ 10  En Simon Petrus, wat ’n swaard gehad het, het dit getrek en die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap.+ Die naam van die slaaf was Malgus. 11  Jesus het egter vir Petrus gesê: “Steek die swaard in sy skede.+ Die beker wat die Vader my gegee het, sal ek dit dan nie vir seker drink+ nie?” 12  Toe het die afdeling soldate en die militêre bevelvoerder en die beamptes van die Jode Jesus gevange geneem en hom geboei, 13  en hulle het hom eers na Annas toe gelei; want hy was die skoonvader van Kaʹjafas, wat daardie jaar hoëpriester was.+ 14  Kaʹjafas was trouens die een wat die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een mens vir die volk sterf.+ 15  En Simon Petrus sowel as ’n ander dissipel het Jesus gevolg.+ Daardie dissipel was aan die hoëpriester bekend, en hy het saam met Jesus in die binnehof van die hoëpriester ingegaan, 16  maar Petrus het buite by die deur gestaan.+ Daarom het die ander dissipel, wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en Petrus ingebring. 17  Die diensmeisie, die deurwagter, het toe vir Petrus gesê: “Jy is nie miskien ook een van hierdie man se dissipels nie?” Hy het gesê: “Ek is nie.”+ 18  En die slawe en die beamptes het daar gestaan, aangesien hulle ’n houtskoolvuur+ gemaak het, omdat dit koud was, en hulle het hulle warm gemaak. Petrus het ook by hulle gestaan en hom warm gemaak. 19  En die hoofpriester het Jesus oor sy dissipels en oor sy leer ondervra. 20  Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die wêreld gepraat. Ek het altyd in ’n sinagoge en in die tempel geleer,+ waar al die Jode bymekaarkom; en ek het niks in die geheim gesê nie. 21  Waarom ondervra u my? Ondervra dié wat gehoor het wat ek vir hulle gesê het. Kyk! Hulle weet wat ek gesê het.” 22  Nadat hy hierdie dinge gesê het, het een van die beamptes wat daar gestaan het, Jesus in die gesig geklap+ en gesê: “Is dit hoe jy die hoofpriester antwoord?” 23  Jesus het hom geantwoord: “As ek iets verkeerds gesê het, getuig dan oor wat verkeerd is; maar as dit reg was, waarom slaan jy my dan?” 24  Toe het Annas hom geboeid na Kaʹjafas, die hoëpriester, weggestuur.+ 25  En Simon Petrus het hom gestaan en warm maak. Toe het hulle vir hom gesê: “Jy is nie miskien ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Ek is nie.”+ 26  Een van die slawe van die hoëpriester, wat ’n familielid was van die man wie se oor Petrus afgekap het,+ het gesê: “Ek het jou in die tuin saam met hom gesien, nie waar nie?” 27  Petrus het dit egter weer ontken; en onmiddellik het ’n haan gekraai.+ 28  Toe het hulle Jesus van Kaʹjafas na die goewerneur se paleis gelei.+ En dit was vroegdag. Maar hulle het self nie in die goewerneur se paleis ingegaan nie, sodat hulle nie verontreinig sou word nie+ maar die pasga sou kon eet. 29  Daarom het Pilatus na hulle toe uitgekom en gesê: “Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?”+ 30  Hulle het geantwoord en vir hom gesê: “As hierdie man nie ’n kwaaddoener was nie, sou ons hom nie aan u oorgelewer het nie.” 31  Pilatus het derhalwe vir hulle gesê: “Neem julle hom en oordeel hom volgens julle wet.”+ Die Jode het vir hom gesê: “Dit is ons nie geoorloof om enigeen dood te maak nie.”+ 32  Dit, sodat die woord van Jesus vervul sou word wat hy gespreek het om aan te dui watter soort dood hy bestem was om te sterf.+ 33  Toe het Pilatus weer in die goewerneur se paleis ingegaan en Jesus geroep en vir hom gesê: “Is jy die koning van die Jode?”+ 34  Jesus het geantwoord: “Sê u dit uit uself, of het ander u van my vertel?”+ 35  Pilatus het geantwoord: “Is ek miskien ’n Jood? Jou eie nasie en die hoofpriesters het jou aan my oorgelewer.+ Wat het jy gedoen?” 36  Jesus het geantwoord:+ “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie.+ As my koninkryk ’n deel van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het+ sodat ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar my koninkryk is nou eenmaal nie uit hierdie bron nie.” 37  Daarom het Pilatus vir hom gesê: “Wel, is jy dan ’n koning?” Jesus het geantwoord: “U sê self dat ek ’n koning is.+ Hiervoor is ek gebore en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig.+ Elkeen wat aan die kant van die waarheid is,+ luister na my stem.”+ 38  Pilatus het vir hom gesê: “Wat is waarheid?” En nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode toe uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.+ 39  Bowendien het julle ’n gewoonte dat ek op die pasga vir julle ’n man moet vrylaat.+ Wil julle dan hê dat ek vir julle die koning van die Jode moet vrylaat?” 40  Toe het hulle weer geskreeu en gesê: “Nie hierdie man nie, maar Barabʹbas!” En Barabʹbas was ’n rower.+

Voetnote