Johannes 2:1-25

2  En op die derde dag het ’n huweliksfees in Kana+ in Galileʹa plaasgevind, en die moeder+ van Jesus was daar.  Jesus en sy dissipels is ook na die huweliksfees genooi.  Toe die wyn opraak, het die moeder+ van Jesus vir hom gesê: “Hulle het geen wyn nie.”  Maar Jesus het vir haar gesê: “Wat het ek met u te doen, vrou?+ My uur het nog nie gekom nie.”+  Sy moeder het vir die dienaars gesê: “Doen wat hy ook al vir julle sê.”+  En daar het ses waterkruike van klip daar gestaan, soos vereis volgens die reinigingsvoorskrifte+ van die Jode, wat elk twee of drie vloeistofmate kon hou.  Jesus het vir hulle gesê: “Maak die waterkruike vol water.” En hulle het hulle tot aan die rand vol gemaak.  En hy het vir hulle gesê: “Skep nou daarvan uit en neem dit na die feesleier toe.” Toe het hulle dit geneem.  En toe die feesleier die water proe wat in wyn verander is,+ maar nie geweet het uit watter bron dit was nie, hoewel die dienaars wat die water uitgeskep het, geweet het, het die feesleier die bruidegom geroep 10  en vir hom gesê: “Elke ander mens sit eers die goeie wyn voor,+ en wanneer mense dronk is, die minderwaardige. Jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” 11  Jesus het dit in Kana in Galileʹa gedoen as die begin van sy tekens, en hy het sy heerlikheid+ openbaar gemaak; en sy dissipels het geloof in hom gestel. 12  Hierna het hy en sy moeder en broers+ en sy dissipels na Kaperʹnaum+ afgegaan, maar hulle het nie baie dae daar gebly nie. 13  En die pasga+ van die Jode was naby, en Jesus het na Jerusalem opgegaan.+ 14  En hy het in die tempel dié gevind wat beeste en skape en duiwe+ verkoop, en die geldmakelaars in hulle sitplekke. 15  En nadat hy ’n sweep van toue gemaak het, het hy almal, saam met die skape en beeste, uit die tempel uitgedryf, en hy het die muntstukke van die geldwisselaars uitgegooi en hulle tafels omgekeer.+ 16  En hy het vir die duiweverkopers gesê: “Neem hierdie goed hier weg! Hou op om die huis+ van my Vader ’n handelshuis te maak!”+ 17  Sy dissipels het onthou dat daar geskrywe staan: “Die ywer vir u huis sal my verteer.”+ 18  Daarom het die Jode geantwoord en vir hom gesê: “Watter teken+ het jy om vir ons te wys, aangesien jy hierdie dinge doen?” 19  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Breek hierdie tempel af,+ en in drie dae sal ek dit oprig.” 20  Daarom het die Jode gesê: “Hierdie tempel is in ses-en-veertig jaar gebou, en sal jy dit in drie dae oprig?” 21  Maar hy het van die tempel+ van sy liggaam gepraat. 22  Toe hy egter uit die dode opgewek is, het sy dissipels onthou+ dat hy dit dikwels gesê het; en hulle het die Skrif en die woord wat Jesus gespreek het, geglo. 23  Maar toe hy in Jerusalem by die pasga was, by die fees,+ het baie mense geloof in sy naam gestel,+ aangesien hulle die tekens gesien het wat hy gedoen het.+ 24  Maar Jesus self het hom nie aan hulle toevertrou nie,+ omdat hy hulle almal geken het 25  en omdat hy nie nodig gehad het dat enigeen aangaande die mens getuig nie, want hy het self geweet wat in die mens is.+

Voetnote