Johannes 20:1-31

20  Op die eerste dag+ van die week het Maria Magdaleʹna vroeg by die gedenkgraf gekom, terwyl dit nog donker was, en sy het gesien dat die klip reeds van die gedenkgraf weggeneem is.+  Daarom het sy gehardloop en gekom by Simon Petrus en by die ander dissipel,+ vir wie Jesus geneentheid gehad het, en sy het vir hulle gesê: “Hulle het die Here uit die gedenkgraf+ weggeneem, en ons weet nie waar hulle hom neergelê het nie.”  Toe het Petrus+ en die ander dissipel uitgegaan en is hulle na die gedenkgraf toe.  Ja, die twee het saam begin hardloop; maar die ander dissipel het vinniger as Petrus vooruit gehardloop en eerste by die gedenkgraf gekom.  En hy het vooroor gebuk en die verbande sien lê,+ maar hy het nie ingegaan nie.  Toe het Simon Petrus, wat hom gevolg het, ook gekom, en hy het in die gedenkgraf ingegaan. En hy het die verbande sien lê,+  ook die doek wat op sy kop was, wat nie by die verbande gelê het nie maar afsonderlik op een plek opgerol was.  Toe het die ander dissipel, wat eerste by die gedenkgraf gekom het, dus ook ingegaan, en hy het gesien en geglo.  Want hulle het nog nie die Skrifgedeelte verstaan dat hy uit die dode moet opstaan nie.+ 10  En toe het die dissipels na hulle huise teruggegaan. 11  Maria het egter buite naby die gedenkgraf bly staan en huil. Toe het sy al huilende vooroor gebuk om in die gedenkgraf in te kyk, 12  en sy het twee engele+ in wit daar sien sit, een by die kop en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. 13  En hulle het vir haar gesê: “Vrou, waarom huil jy?” Sy het vir hulle gesê: “Hulle het my Here weggeneem, en ek weet nie waar hulle hom neergelê het nie.” 14  Nadat sy hierdie dinge gesê het, het sy omgedraai en Jesus sien staan, maar sy het nie besef dat dit Jesus was nie.+ 15  Jesus het vir haar gesê: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?”+ Sy het gedink dat dit die tuinier is en het vir hom gesê: “Meneer, as u hom weggedra het, sê vir my waar u hom neergelê het, en ek sal hom wegneem.” 16  Jesus het vir haar gesê: “Maria!”+ Toe sy omdraai, het sy in Hebreeus vir hom gesê: “Rabboeʹni!”+ (wat “Leermeester!” beteken). 17  Jesus het vir haar gesê: “Hou op om aan my vas te klou. Want ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Maar gaan na my broers+ toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader+ en julle Vader en na my God+ en julle God.’”+ 18  Maria Magdaleʹna het gekom en die nuus vir die dissipels gebring: “Ek het die Here gesien!” en dat hy hierdie dinge vir haar gesê het.+ 19  Toe dit laat was op daardie dag, die eerste van die week,+ en hoewel die deure waar die dissipels was, uit vrees+ vir die Jode toegesluit was, het Jesus gekom+ en in hulle midde gestaan en vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê.”+ 20  En nadat hy dit gesê het, het hy vir hulle sy hande sowel as sy sy gewys.+ Toe was die dissipels bly+ dat hulle die Here gesien het. 21  Jesus het dus weer vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê. Net soos die Vader my uitgestuur het,+ stuur ek julle ook.”+ 22  En nadat hy dit gesê het, het hy op hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang heilige gees.+ 23  As julle mense se sondes vergewe,+ sal dit vir hulle vergewe wees; as julle mense se sondes behou, bly dit behoue.”+ 24  Maar Tomas,+ een van die twaalf, wat Die Tweeling genoem is, was nie by hulle toe Jesus gekom het nie. 25  Gevolglik het die ander dissipels vir hom gesê: “Ons het die Here gesien!” Maar hy het vir hulle gesê: “Tensy ek in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger in die merk van die spykers steek en my hand in sy sy steek,+ sal ek beslis nie glo nie.”+ 26  Wel, agt dae later was sy dissipels weer binnenshuis, en Tomas by hulle. Jesus het gekom, hoewel die deure toegesluit was, en hy het in hulle midde gestaan en gesê: “Mag julle vrede hê.”+ 27  Daarna het hy vir Tomas gesê: “Sit jou vinger hier, en kyk na my hande, en neem jou hand+ en steek dit in my sy, en hou op om ongelowig te wees, maar word gelowig.” 28  Tomas het geantwoord en vir hom gesê: “My Here en my God!”+ 29  Jesus het vir hom gesê: “Het jy geglo omdat jy my gesien het? Gelukkig is dié wat nie sien nie en nogtans glo.”+ 30  Jesus het weliswaar ook baie ander tekens voor die dissipels gedoen, wat nie in hierdie boekrol neergeskryf is nie.+ 31  Maar hierdie dinge is neergeskryf+ sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle, deur te glo,+ deur middel van sy naam die lewe kan hê.

Voetnote