Johannes 21:1-25

21  Ná hierdie dinge het Jesus hom weer aan die dissipels geopenbaar by die see van Tibeʹrias; maar hy het hom só geopenbaar.  Simon Petrus en Tomas, wat Die Tweeling genoem is,+ en Nataʹnael+ uit Kana in Galileʹa en die seuns van Sebedeʹus+ en twee ander van sy dissipels was daar bymekaar.  Simon Petrus het vir hulle gesê: “Ek gaan visvang.” Hulle het vir hom gesê: “Ons kom ook saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar gedurende daardie nag het hulle niks gevang nie.+  Maar net toe dit oggend begin word, het Jesus op die strand gestaan, maar die dissipels het natuurlik nie besef dat dit Jesus is nie.+  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Jong kinders, het julle nie miskien iets om te eet nie?” Hulle het hom geantwoord: “Nee!”  Hy het vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit, en julle sal iets vind.”+ Toe het hulle dit uitgegooi, maar weens die menigte visse kon hulle dit nie meer intrek nie.+  Daarom het dié dissipel vir wie Jesus lief was,+ vir Petrus+ gesê: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus dus hoor dat dit die Here is, het hy sy oorkleed om hom gegord, want hy was naak, en in die see gespring.  Maar die ander dissipels het in die bootjie gekom, want hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent negentig meter daarvandaan, en hulle het die net met die visse gesleep.  Toe hulle egter aan land stap, het hulle ’n houtskoolvuur+ daar gesien, en vis wat daarop lê, en brood. 10  Jesus het vir hulle gesê: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” 11  Simon Petrus het dus aan boord gegaan en die net vol groot visse na die land getrek, honderd-drie-en-vyftig visse. Maar hoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. 12  Jesus het vir hulle gesê: “Kom, eet julle ontbyt.”+ Nie een van die dissipels het die moed gehad om hom te vra: “Wie is u?” nie, omdat hulle geweet het dat dit die Here is. 13  Jesus het gekom en die brood geneem en dit vir hulle gegee,+ en net so ook die vis. 14  Dit was dan nou die derde keer+ dat Jesus aan die dissipels verskyn het nadat hy uit die dode opgewek is. 15  En toe hulle ontbyt geëet het, het Jesus vir Simon Petrus gesê: “Simon, seun van Johannes, het jy my liewer as hulle?”+ Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek geneentheid vir u het.”+ Hy het vir hom gesê: “Voed my lammers.”+ 16  Weer het hy vir hom gesê, ’n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy my lief?”+ Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek geneentheid vir u het.” Hy het vir hom gesê: “Hou as herder toesig oor my skapies.”+ 17  Hy het die derde keer vir hom gesê: “Simon, seun van Johannes, het jy geneentheid vir my?” Petrus het bedroef geword dat hy die derde keer vir hom gesê het: “Het jy geneentheid vir my?” Daarom het hy vir hom gesê: “Here, u weet alles;+ u weet dat ek geneentheid vir u het.” Jesus het vir hom gesê: “Voed my skapies.+ 18  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy jouself omgord en rondgegaan waar jy wou. Maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek en ’n ander sal jou omgord+ en jou bring waar jy nie wil wees nie.”+ 19  Dit het hy gesê om aan te dui deur watter soort dood+ hy God sou verheerlik.+ En nadat hy dit gesê het, het hy vir hom gesê: “Hou aan om my te volg.”+ 20  Toe Petrus omdraai, het hy die dissipel sien volg vir wie Jesus lief was,+ die een wat by die aandmaal ook teen sy bors teruggeleun en gesê het: “Here, wie is die een wat u verraai?” 21  Toe Petrus hom dan sien, het hy vir Jesus gesê: “Here, wat sal hierdie man doen?” 22  Jesus het vir hom gesê: “As dit my wil is dat hy bly totdat ek kom,+ wat gaan dit jou aan? Hou jy aan om my te volg.” 23  Gevolglik het hierdie woord onder die broers uitgegaan, dat daardie dissipel nie sou sterf nie. Jesus het egter nie vir hom gesê dat hy nie sou sterf nie, maar: “As dit my wil is dat hy bly totdat ek kom,+ wat gaan dit jou aan?” 24  Dit is die dissipel+ wat aangaande hierdie dinge getuig en wat hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat die getuienis wat hy gee, waar is.+ 25  Daar is in werklikheid ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het, en as hulle ooit in volle besonderhede opgeteken sou word, sou die wêreld self, veronderstel ek, die boekrolle wat geskryf is, nie kon bevat nie.+

Voetnote