Johannes 3:1-36

3  En daar was ’n man van die Fariseërs, Nikodeʹmus+ was sy naam, ’n heerser van die Jode.  Dié het in die nag+ na hom toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi,+ ons weet dat u as ’n leermeester+ van God af gekom het,+ want niemand kan hierdie tekens+ doen wat u doen nie tensy God met hom is.”+  Jesus het geantwoord en vir hom gesê:+ “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou: Tensy iemand weer gebore word,+ kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”+  Nikodeʹmus het vir hom gesê: “Hoe kan ’n mens gebore word wanneer hy oud is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie, of hoe?”  Jesus het geantwoord: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou: Tensy iemand uit water+ en gees+ gebore word, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie.  Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die gees gebore is, is gees.+  Moenie jou verwonder omdat ek vir jou gesê het: Julle moet weer gebore word nie.+  Die wind+ waai waar dit wil, en jy hoor die geluid daarvan, maar jy weet nie waar dit vandaan kom en waarheen dit gaan nie. So is elkeen wat uit die gees gebore is.”+  Nikodeʹmus het geantwoord en vir hom gesê: “Hoe kan hierdie dinge gebeur?” 10  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Is jy ’n leermeester van Israel en tog weet jy hierdie dinge nie?+ 11  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir jou: Ons praat oor wat ons weet en ons getuig+ van wat ons gesien het, maar julle neem die getuienis wat ons gee, nie aan nie.+ 12  As ek julle aardse dinge vertel het en julle nogtans nie glo nie, hoe sal julle glo as ek julle hemelse dinge vertel?+ 13  Wat meer is, geen mens het in die hemel opgevaar nie,+ behalwe hy wat uit die hemel neergedaal het,+ die Seun van die mens.+ 14  En net soos Moses die slang in die wildernis opgehef het,+ so moet die Seun van die mens opgehef word,+ 15  sodat elkeen wat in hom glo, die ewige lewe kan hê.+ 16  “Want God het die wêreld so liefgehad+ dat hy sy enigverwekte Seun gegee het,+ sodat elkeen wat geloof in hom beoefen,+ nie vernietig sal word nie+ maar die ewige lewe kan hê.+ 17  Want God het sy Seun in die wêreld uitgestuur, nie sodat hy die wêreld moet oordeel nie,+ maar sodat die wêreld deur middel van hom gered kan word.+ 18  Hy wat geloof in hom beoefen, gaan nie geoordeel word nie.+ Hy wat nie geloof beoefen nie, is reeds geoordeel, omdat hy nie geloof in die naam van die enigverwekte Seun van God beoefen het nie.+ 19  En dít is die grondslag vir die oordeel, dat die lig+ in die wêreld ingekom het+ maar die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad het,+ want hulle werke was goddeloos. 20  Want hy wat veragtelike dinge beoefen,+ haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy werke nie tereggewys sal word nie.+ 21  Maar hy wat doen wat waar is, kom na die lig,+ sodat sy werke openbaar gemaak kan word as werke wat in ooreenstemming met God verrig is.” 22  Ná hierdie dinge het Jesus en sy dissipels in Judese gebied ingegaan, en daar het hy tyd saam met hulle deurgebring en gedoop.+ 23  Maar Johannes+ het ook gedoop, in Enon naby Salim, want daar was baie water,+ en mense het gekom en is gedoop;+ 24  want Johannes was nog nie in die gevangenis gegooi nie.+ 25  Daarom het die dissipels van Johannes met ’n Jood begin stry oor die reiniging.+ 26  Toe het hulle na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, die man wat oorkant die Jordaan saam met u was, van wie u getuig het,+ kyk, hy doop, en almal gaan na hom toe.”+ 27  Johannes het geantwoord en gesê: “’n Mens kan hoegenaamd niks ontvang tensy hy dit uit die hemel gegee is nie.+ 28  Julle getuig self van my dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie,+ maar: Ek is voor hom uit gestuur.+ 29  Hy wat die bruid het, is die bruidegom.+ Die vriend van die bruidegom ervaar egter groot vreugde weens die stem van die bruidegom wanneer hy staan en hom hoor. Daarom is hierdie vreugde van my volkome gemaak.+ 30  Hy moet bly toeneem, maar ek moet bly afneem.” 31  Hy wat van bo kom, is oor alle ander.+ Hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat oor dinge van die aarde.+ Hy wat uit die hemel kom, is oor alle ander.+ 32  Wat hy gesien en gehoor het, hiervan getuig hy,+ maar geen mens aanvaar sy getuienis nie.+ 33  Hy wat sy getuienis aanvaar het, het sy seël daarop gedruk dat God waaragtig is.+ 34  Want die een wat deur God uitgestuur is, spreek die woorde van God,+ want hy gee die gees nie volgens maat nie.+ 35  Die Vader het die Seun lief+ en het alles in sy hand gegee.+ 36  Hy wat geloof in die Seun beoefen,+ het die ewige lewe;+ hy wat aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie,+ maar die gramskap van God bly op hom.+

Voetnote