Johannes 4:1-54

4  En toe die Here bewus word dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop+ as Johannes—  hoewel Jesus self in werklikheid nie gedoop het nie, maar sy dissipels—  het hy Judeʹa verlaat en weer na Galileʹa vertrek.  Maar hy moes deur Samariʹa gaan.+  Toe het hy by ’n stad van Samariʹa gekom wat Sigar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob vir sy seun Josef gegee het.+  Trouens, Jakob se fontein+ was daar. En Jesus, wat moeg was van die reis, het net soos hy was, by die fontein gesit. Dit was omtrent die sesde uur.  ’n Vrou van Samariʹa het gekom om water te skep. Jesus het vir haar gesê: “Gee my ’n bietjie water om te drink.”  (Want sy dissipels het in die stad ingegaan om voedsel te koop.)  Toe het die Samaritaanse vrou vir hom gesê: “Hoe is dit dat u, hoewel u ’n Jood is, vir my ’n bietjie water vra om te drink, terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is?” (Want Jode het niks met Samaritane te doen nie.)+ 10  Jesus het geantwoord en vir haar gesê: “As jy die vrye gawe+ van God geken het en geweet het wie+ dit is wat vir jou sê: ‘Gee my ’n bietjie water om te drink’, sou jy hom gevra het, en hy sou vir jou lewende water gegee het.”+ 11  Sy het vir hom gesê: “Meneer, u het nie eens ’n emmer om water te skep nie, en die put is diep. Waar kry u dan hierdie lewende water vandaan? 12  U is tog nie groter+ as ons voorvader Jakob, wat vir ons die put gegee het en wat self saam met sy seuns en sy vee daaruit gedrink het nie, of hoe?” 13  Jesus het geantwoord en vir haar gesê: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. 14  Wie ook al van die water drink wat ek hom sal gee, sal nóóit dors word nie,+ maar die water wat ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein van water+ word wat opborrel om die ewige lewe te gee.”+ 15  Die vrou het vir hom gesê: “Meneer, gee my hierdie water, sodat ek nie dors sal wees of gedurig hierheen moet kom om water te skep nie.” 16  Hy het vir haar gesê: “Gaan, roep jou man en kom hierheen.” 17  Die vrou het geantwoord en gesê: “Ek het nie ’n man nie.” Jesus het vir haar gesê: “Jy het tereg gesê: ‘’n Man het ek nie.’ 18  Want jy het vyf mans gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy in waarheid gesê.” 19  Die vrou het vir hom gesê: “Meneer, ek sien dat u ’n profeet is.+ 20  Ons voorvaders het op hierdie berg aanbid;+ maar julle sê die plek waar mense behoort te aanbid, is in Jerusalem.”+ 21  Jesus het vir haar gesê: “Vrou, glo my: Die uur kom wanneer julle die Vader nie op hierdie berg of in Jerusalem+ sal aanbid nie.+ 22  Julle aanbid wat julle nie ken nie;+ ons aanbid wat ons ken, want redding het sy oorsprong by die Jode.+ 23  Maar die uur kom, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader met gees+ en waarheid+ sal aanbid, want die Vader soek inderdaad sulke mense om hom te aanbid.+ 24  God is ’n Gees,+ en dié wat hom aanbid, moet met gees en waarheid aanbid.”+ 25  Die vrou het vir hom gesê: “Ek weet dat die Messiʹas+ kom, wat Christus+ genoem word. Wanneer hy kom, sal hy alles openlik aan ons bekend maak.” 26  Jesus het vir haar gesê: “Dit is ek, ek wat met jou praat.”+ 27  En op dié oomblik het sy dissipels daar aangekom, en hulle het hulle begin verwonder omdat hy met ’n vrou praat. Natuurlik het niemand gesê: “Wat soek jy?” of: “Waarom praat u met haar?” nie. 28  Toe het die vrou haar waterkruik laat staan en in die stad ingegaan en vir die mense gesê: 29  “Kom saam en sien ’n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is hy nie miskien die Christus nie?”+ 30  Hulle het uit die stad uitgegaan en na hom toe begin kom. 31  Intussen het die dissipels by hom aangedring en gesê: “Rabbi,+ eet.” 32  Maar hy het vir hulle gesê: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” 33  Toe het die dissipels vir mekaar begin sê: “Niemand het tog vir hom iets gebring om te eet nie, of hoe?” 34  Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel+ is om die wil+ te doen van hom wat my gestuur het en om sy werk te volbring.+ 35  Sê julle nie dat dit nog vier maande is voor die oes kom nie? Kyk! Ek sê vir julle: Slaan julle oë op en aanskou die lande, dat hulle wit is vir die oes.+ Reeds 36  ontvang die een wat oes, sy loon en versamel hy vrug vir die ewige lewe,+ sodat die een wat saai+ en die een wat oes, saam bly kan wees.+ 37  Ja, in hierdie opsig is die gesegde waar: Een saai en ’n ander oes. 38  Ek het julle gestuur om te oes waaraan julle geen arbeid bestee het nie. Ander het gearbei,+ en julle het in die voordeel van hulle arbeid ingegaan.” 39  En baie van die Samaritane uit daardie stad het geloof+ in hom gestel weens die woord van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”+ 40  Toe die Samaritane by hom kom, het hulle hom dus begin vra om by hulle te bly; en hy het twee dae daar gebly.+ 41  Gevolglik het baie meer geglo op grond van wat hy gesê het,+ 42  en hulle het vir die vrou begin sê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie; want ons het self gehoor+ en ons weet dat hierdie man vir seker die redder+ van die wêreld is.” 43  Ná die twee dae het hy daarvandaan weggegaan na Galileʹa.+ 44  Jesus self het egter getuig dat ’n profeet in sy eie vaderland geen eer geniet nie.+ 45  Toe hy dan in Galileʹa aankom, het die Galileërs hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat hy in Jerusalem by die fees gedoen het,+ want hulle het ook na die fees gegaan.+ 46  En hy het weer na Kana+ in Galileʹa gekom, waar hy die water in wyn verander het.+ En daar was ’n sekere dienaar van die koning wie se seun in Kaperʹnaum siek was.+ 47  Toe hierdie man hoor dat Jesus uit Judeʹa na Galileʹa gekom het, het hy na hom toe gegaan en hom begin vra om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. 48  Jesus het egter vir hom gesê: “Tensy julle tekens+ en wonders+ sien, sal julle hoegenaamd nie glo nie.” 49  Die dienaar van die koning het vir hom gesê: “Here, kom af voordat my jong kind sterf.” 50  Jesus het vir hom gesê: “Gaan;+ jou seun lewe.”+ Die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het en het gegaan. 51  Maar reeds terwyl hy afgegaan het, het sy slawe hom tegemoetgekom om te sê dat sy seun lewe.+ 52  Daarom het hy hulle begin vra in watter uur hy beter geword het. Daarop het hulle vir hom gesê: “Gister teen die sewende uur het die koors+ hom verlaat.” 53  Toe het die vader geweet dat dit in dieselfde uur+ was wat Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huis het geglo.+ 54  Dit was dan die tweede teken+ wat Jesus gedoen het toe hy uit Judeʹa na Galileʹa gekom het.

Voetnote