Johannes 5:1-47

5  Ná hierdie dinge was daar ’n fees+ van die Jode, en Jesus het na Jerusalem opgegaan.  En in Jerusalem is daar by die skaappoort+ ’n bad wat in Hebreeus Betsaʹta genoem word, met vyf pilaargange.  In hierdie gange het ’n menigte siekes, blindes, kreupeles en dié met verdorde ledemate gelê.  ——  Maar ’n sekere man was daar wat agt-en-dertig jaar lank aan sy siekte gely het.  Toe Jesus hierdie man sien lê, en aangesien hy geweet het dat hy reeds ’n lang tyd siek was,+ het hy vir hom gesê: “Wil jy gesond word?”+  Die siek man het hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit wanneer die water in beweging kom nie; maar terwyl ek kom, klim ’n ander een voor my af.”  Jesus het vir hom gesê: “Staan op, tel jou draagbed op en loop.”+  Daarop het die man onmiddellik gesond geword, en hy het sy draagbed opgetel en begin loop. En op daardie dag was dit ’n sabbat.+ 10  Daarom het die Jode vir die man wat genees is, begin sê: “Dit is Sabbat, en dit is jou nie geoorloof+ om die draagbed te dra nie.” 11  Maar hy het hulle geantwoord: “Die een wat my gesond gemaak het, hy het vir my gesê: ‘Tel jou draagbed op en loop.’” 12  Hulle het hom gevra: “Wie is die man wat vir jou gesê het: ‘Tel dit op en loop’?” 13  Maar die man wat gesond gemaak is, het nie geweet wie hy was nie, want Jesus het weggedraai, omdat daar ’n skare op die plek was. 14  Ná hierdie dinge het Jesus hom in die tempel gevind en vir hom gesê: “Kyk, jy het gesond geword. Moenie meer sondig nie, sodat iets ergers nie met jou gebeur nie.” 15  Die man het weggegaan en vir die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het. 16  En hieroor het die Jode Jesus begin vervolg,+ omdat hy hierdie dinge gedurende die Sabbat gedoen het. 17  Maar hy het hulle geantwoord: “My Vader het tot nou toe aangehou werk, en ek hou aan werk.”+ 18  Hieroor het die Jode inderdaad nog meer probeer om hom dood te maak,+ want nie alleen het hy die Sabbat gebreek nie, maar hy het God ook sy eie Vader genoem,+ waardeur hy hom aan God gelykgemaak het.+ 19  Daarom het Jesus geantwoord en vir hulle gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Die Seun kan hoegenaamd niks op eie inisiatief doen nie, maar net wat hy die Vader sien doen.+ Want alles wat daardie Een doen, dít doen die Seun ook net so. 20  Want die Vader het geneentheid vir die Seun+ en wys hom alles wat hy self doen, en hy sal hom groter werke as dié wys, sodat julle verwonderd kan wees.+ 21  Want net soos die Vader die dooies opwek en hulle lewend maak,+ so maak ook die Seun lewend wie hy wil.+ 22  Want die Vader oordeel hoegenaamd niemand nie, maar hy het die oordeel geheel en al aan die Seun toevertrou,+ 23  sodat almal die Seun kan eer+ net soos hulle die Vader eer. Hy wat die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat hom gestuur het nie.+ 24  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Hy wat my woord hoor en hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe,+ en hy kom nie in die oordeel nie, maar het uit die dood tot die lewe oorgegaan.+ 25  “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Die uur kom, en dit is nou, wanneer die dooies+ die stem+ van die Seun van God sal hoor, en dié wat gehoor gegee het, sal lewe.+ 26  Want net soos die Vader lewe in homself het,+ so het hy ook aan die Seun gegee om lewe in homself te hê.+ 27  En hy het hom gesag gegee om te oordeel,+ omdat hy die Seun van die mens+ is. 28  Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte+ is, sy stem sal hoor 29  en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het, tot ’n opstanding van die lewe,+ dié wat veragtelike dinge beoefen het, tot ’n opstanding van oordeel.+ 30  Ek kan hoegenaamd niks op eie inisiatief doen nie; net soos ek hoor, oordeel ek; en die oordeel wat ek vel, is regverdig,+ omdat ek nie my eie wil soek nie, maar die wil+ van hom wat my gestuur het. 31  “As net ek aangaande myself getuig,+ is my getuienis nie waar nie.+ 32  Daar is iemand anders wat aangaande my getuig, en ek weet dat die getuienis wat hy aangaande my aflê,+ waar is. 33  Julle het manne na Johannes toe gestuur, en hy het van die waarheid getuig.+ 34  Ek aanvaar egter nie die getuienis van ’n mens nie, maar ek sê hierdie dinge sodat julle gered kan word.+ 35  Dié man was ’n lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was ’n kort tydjie bereid om julle grootliks in sy lig te verbly.+ 36  Maar ek het die getuienis wat groter is as dié van Johannes, want juis die werke wat my Vader my opgedra het om te volbring, die werke wat ek doen,+ getuig aangaande my dat die Vader my gestuur het. 37  Ook het die Vader wat my gestuur het, self aangaande my getuig.+ Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie;+ 38  en sy woord bly nie in julle nie, want die een wat hy gestuur het, dié glo julle nie. 39  “Julle ondersoek die Skrif,+ want julle dink dat julle die ewige lewe deur middel daarvan sal hê; en juis dié getuig aangaande my.+ 40  En tog wil julle nie na my toe kom sodat julle die lewe kan hê nie.+ 41  Ek neem geen heerlikheid van mense aan nie,+ 42  maar ek weet goed dat julle nie die liefde vir God in julle het nie.+ 43  Ek het in die naam van my Vader gekom,+ maar julle neem my nie aan nie; as iemand anders in sy eie naam gekom het, sou julle hom aangeneem het. 44  Hoe kan julle glo, wanneer julle heerlikheid+ van mekaar aanneem en julle nie die heerlikheid soek wat van die enigste God kom nie?+ 45  Moenie dink dat ek julle by die Vader sal beskuldig nie; daar is een wat julle beskuldig, Moses,+ op wie julle julle hoop gestel het. 46  Trouens, as julle Moses geglo het, sou julle my glo, want hy het van my geskryf.+ 47  Maar as julle nie sy geskrifte glo nie,+ hoe sal julle my woorde glo?”

Voetnote