Johannes 6:1-71

6  Ná hierdie dinge het Jesus oor die see van Galileʹa, of Tibeʹrias, vertrek.+  Maar ’n groot menigte het hom bly volg, omdat hulle die tekens gesien het wat hy aan die siekes gedoen het.+  Daarom het Jesus teen ’n berg opgegaan,+ en daar het hy saam met sy dissipels gesit.  En die pasga,+ die fees van die Jode, was naby.  Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na hom toe kom, het hy vir Filippus gesê: “Waar sal ons brode koop sodat hulle kan eet?”+  Hy het dit egter gesê om hom op die proef te stel, want hy het self geweet wat hy weldra sou doen.  Filippus het hom geantwoord: “Brood vir tweehonderd denaʹrii is nie genoeg vir hulle, sodat elkeen ’n stukkie kan kry nie.”+  Een van sy dissipels, Andreʹas, die broer van Simon Petrus, het vir hom gesê:  “Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode+ en twee vissies het. Maar wat is dit onder so baie?”+ 10  Jesus het gesê: “LAAT die mense gaan sit soos by ’n maaltyd.”+ En daar was baie gras op die plek. Die manne het dus gaan sit, omtrent vyfduisend in getal.+ 11  Toe het Jesus die brode geneem, en nadat hy gedank het, het hy dit uitgedeel aan dié wat daar gesit het, so ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê.+ 12  Maar toe hulle versadig was,+ het hy vir sy dissipels gesê: “Maak die oorblywende brokstukke bymekaar, sodat niks vermors word nie.” 13  Daarom het hulle dit bymekaargemaak, en hulle het twaalf mandjies vol gemaak met brokstukke van die vyf garsbrode, wat dié wat geëet het, laat oorbly het.+ 14  Toe die mense derhalwe die tekens sien wat hy gedoen het, het hulle begin sê: “Dit is vir seker die profeet+ wat in die wêreld sou inkom.” 15  Omdat Jesus geweet het dat hulle op die punt staan om hom te kom gryp om hom koning te maak, het hy weer na die berg weggegaan,+ heeltemal alleen. 16  Toe dit aand word, het sy dissipels na die see afgegaan,+ 17  en hulle het in ’n boot geklim en oor die see na Kaperʹnaum weggevaar. Wel, dit was toe al donker en Jesus het nog nie na hulle toe gekom nie. 18  Ook het die see onstuimig begin word omdat ’n sterk wind gewaai het.+ 19  Maar toe hulle ongeveer vyf of ses kilometer geroei het, het hulle gesien hoe Jesus op die see loop en naby die boot kom; en hulle het bevrees geword.+ 20  Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is ek; moenie vrees nie!”+ 21  Daarom was hulle bereid om hom in die boot te neem, en direk daarna was die boot by die land waarheen hulle probeer gaan het.+ 22  Die volgende dag het die skare wat aan die oorkant van die see gestaan het, gesien dat daar geen boot was nie, behalwe ’n kleintjie, en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die boot geklim het nie, maar dat net sy dissipels weggegaan het; 23  maar bote uit Tibeʹrias het aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het nadat die Here gedank het. 24  Toe die skare dan sien dat nie Jesus of sy dissipels daar is nie, het hulle in hulle bootjies geklim en na Kaperʹnaum gekom om Jesus te soek.+ 25  En toe hulle hom aan die oorkant van die see vind, het hulle vir hom gesê: “Rabbi,+ wanneer het u hier aangekom?” 26  Jesus het hulle geantwoord en gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Julle soek my, nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.+ 27  Moenie werk vir die voedsel wat vergaan nie,+ maar vir die voedsel wat vir die ewige lewe bly,+ wat die Seun van die mens julle sal gee; want op hom het die Vader, ja, God, sy seël van goedkeuring gedruk.”+ 28  Daarom het hulle vir hom gesê: “Wat moet ons doen om die werke van God te verrig?” 29  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Dít is die werk van God, dat julle geloof beoefen+ in hom wat Hy uitgestuur het.”+ 30  Daarom het hulle vir hom gesê: “Wat doen u dan as ’n teken,+ sodat ons dit kan sien en u kan glo? Watter werk doen u? 31  Ons voorvaders het die manna+ in die wildernis geëet, net soos daar geskrywe staan: ‘Hy het hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’”+ 32  Jesus het derhalwe vir hulle gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Moses het julle nie die brood uit die hemel gegee nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.+ 33  Want die brood van God is die een wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.” 34  Daarom het hulle vir hom gesê: “Here, gee ons altyd hierdie brood.”+ 35  Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood van die lewe. Wie na my toe kom, sal glad nie honger word nie, en wie geloof in my beoefen, sal nooit dors word nie.+ 36  Maar ek het vir julle gesê: Julle het my selfs gesien, en tog glo julle nie.+ 37  Alles wat die Vader my gee, sal na my toe kom, en die een wat na my toe kom, sal ek hoegenaamd nie verdryf nie;+ 38  want ek het uit die hemel neergedaal,+ nie om my wil te doen nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.+ 39  Dít is die wil van hom wat my gestuur het, dat ek niks moet verloor uit alles wat hy my gegee het nie, maar dat ek dit op die laaste dag moet opwek.+ 40  Want dít is die wil van my Vader, dat elkeen wat die Seun aanskou en geloof in hom beoefen, die ewige lewe moet hê,+ en ek sal hom op die laaste dag opwek.”+ 41  Daarom het die Jode oor hom begin murmureer omdat hy gesê het: “Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het”;+ 42  en hulle het begin sê:+ “Is dit nie Jesus, die seun van Josef,+ wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe is dit dat hy nou sê: ‘Ek het uit die hemel neergedaal’?” 43  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Hou op om onder mekaar te murmureer. 44  Geen mens kan na my toe kom tensy die Vader, wat my gestuur het, hom trek nie;+ en ek sal hom in die laaste dag opwek.+ 45  Daar staan in die Profete geskrywe: ‘En hulle sal almal deur Jehovah geleer word.’+ Elkeen wat by die Vader gehoor het en wat geleer het, kom na my toe.+ 46  Nie dat enigiemand die Vader gesien het nie,+ behalwe hy wat van God kom; hy het die Vader gesien.+ 47  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Hy wat glo, het die ewige lewe.+ 48  “Ek is die brood+ van die lewe. 49  Julle voorvaders het die manna+ in die wildernis geëet en tog gesterf. 50  Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat enigeen daarvan kan eet en nie sterf nie. 51  Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het; as iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe; en in werklikheid is die brood wat ek sal gee, my vlees+ vir die lewe van die wêreld.”+ 52  Daarom het die Jode met mekaar begin twis en gesê: “Hoe kan hierdie man ons sy vlees gee om te eet?” 53  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Tensy julle die vlees+ van die Seun van die mens eet en sy bloed+ drink, het julle geen lewe+ in julleself nie. 54  Hy wat hom met my vlees voed en my bloed drink, het die ewige lewe, en ek sal hom op die laaste dag opwek;+ 55  want my vlees is ware voedsel, en my bloed is ware drank. 56  Hy wat hom met my vlees voed en my bloed drink, bly in eenheid met my, en ek in eenheid met hom.+ 57  Net soos die lewende+ Vader my uitgestuur het en ek weens die Vader lewe, sal ook hy wat hom met my voed, ja, hy, weens my lewe.+ 58  Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het. Dit is nie soos toe julle voorvaders geëet en tog gesterf het nie. Hy wat hom met hierdie brood voed, sal vir ewig lewe.”+ 59  Hierdie dinge het hy gesê terwyl hy in ’n openbare vergadering in Kaperʹnaum geleer het. 60  Daarom het baie van sy dissipels, toe hulle dit hoor, gesê: “Hierdie woord is skokkend; wie kan daarna luister?”+ 61  Maar Jesus, wat by homself geweet het dat sy dissipels hieroor murmureer, het vir hulle gesê: “Laat dit julle struikel?+ 62  Wat dan as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar hy voorheen was?+ 63  Dit is die gees wat lewegewend is;+ die vlees is van hoegenaamd geen nut nie. Die woorde wat ek tot julle gespreek het, is gees+ en is lewe.+ 64  Maar daar is party van julle wat nie glo nie.” Want Jesus het van die begin af geweet wie dié was wat nie geglo het nie en wie die een was wat hom sou verraai.+ 65  Toe het hy gesê: “Dit is waarom ek vir julle gesê het: Niemand kan na my toe kom tensy dit deur die Vader aan hom gegee word nie.”+ 66  As gevolg hiervan het baie van sy dissipels teruggegaan na die dinge wat hulle agtergelaat+ het en nie meer saam met hom gewandel nie.+ 67  Daarom het Jesus vir die twaalf gesê: “Julle wil nie miskien ook gaan nie?” 68  Simon Petrus+ het hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan?+ U het woorde van die ewige lewe;+ 69  en ons het geglo en te wete gekom dat u die Heilige van God is.”+ 70  Jesus het hulle geantwoord: “Ek het julle twaalf uitgekies,+ nie waar nie? Tog is een van julle ’n lasteraar.”+ 71  Hy het in werklikheid van Judas, die seun van Simon Iskaʹriot, gepraat; want dié sou hom verraai,+ hoewel hy een van die twaalf was.

Voetnote