Johannes 7:1-53

7  En ná hierdie dinge het Jesus in Galileʹa bly rondgaan, want hy wou nie in Judeʹa rondgaan nie, omdat die Jode hom probeer doodmaak het.+  Die fees van die Jode, die loofhuttefees,+ was egter naby.  Daarom het sy broers+ vir hom gesê: “Vertrek hiervandaan en gaan na Judeʹa, sodat jou dissipels ook die werke kan sien wat jy doen.  Want niemand doen enigiets in die geheim terwyl hy in die openbaar bekend wil wees nie. As jy hierdie dinge doen, openbaar jou dan aan die wêreld.”  Sy broers+ het in werklikheid nie geloof in hom beoefen nie.+  Daarom het Jesus vir hulle gesê: “My bestemde tyd is nog nie hier nie,+ maar julle bestemde tyd is altyd daar.  Die wêreld het geen rede om julle te haat nie, maar hy haat my, omdat ek aangaande hom getuig dat sy werke goddeloos is.+  Gaan julle op na die fees; ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my bestemde tyd+ nog nie heeltemal gekom het nie.”+  Nadat hy dan hierdie dinge vir hulle gesê het, het hy in Galileʹa gebly. 10  Maar nadat sy broers na die fees opgegaan het, het hy self ook opgegaan, nie openlik nie maar asof in die geheim.+ 11  Daarom het die Jode hom by die fees begin soek+ en gesê: “Waar is daardie man?” 12  En daar is onder die skare heelwat op gedempte toon oor hom gepraat.+ Party het gesê: “Hy is ’n goeie man.” Ander het gesê: “Hy is nie, maar hy mislei die skare.” 13  Uit vrees vir die Jode het niemand natuurlik in die openbaar oor hom gepraat nie.+ 14  Toe die fees nou al halfpad verby was, het Jesus opgegaan na die tempel en begin leer.+ 15  Daarom het die Jode hulle begin verwonder en gesê: “Hoe is dit dat hierdie man geleerd is,+ terwyl hy nie aan die skole gestudeer het nie?”+ 16  Hierop het Jesus hulle geantwoord en gesê: “Wat ek leer, is nie myne nie, maar behoort aan hom wat my gestuur het.+ 17  As iemand Sy wil wil doen, sal hy aangaande die leer weet of dit van God kom+ en of ek uit myself spreek. 18  Hy wat uit homself spreek, soek sy eie heerlikheid; maar hy wat die heerlikheid+ soek van die een wat hom gestuur het, hy is waaragtig, en daar is geen onregverdigheid in hom nie. 19  Moses het julle die Wet gegee,+ nie waar nie? Maar nie een van julle gehoorsaam die Wet nie. Waarom probeer julle my doodmaak?”+ 20  Die skare het geantwoord: “Jy het ’n demoon.+ Wie probeer jou doodmaak?” 21  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Een daad het ek verrig,+ en julle almal verwonder julle. 22  Daarom het Moses julle die besnydenis+ gegee—nie dat dit van Moses kom nie, maar van die voorvaders+—en julle besny ’n mens op ’n sabbat.+ 23  As ’n mens die besnydenis op ’n sabbat ontvang sodat die wet van Moses nie verbreek word nie, is julle dan vir my woedend omdat ek ’n mens op ’n sabbat heeltemal gesond gemaak het? 24  Hou op om na die uiterlike te oordeel, maar oordeel met ’n regverdige oordeel.”+ 25  Daarom het party van die inwoners van Jerusalem begin sê: “Dit is die man wat hulle probeer doodmaak,+ nie waar nie? 26  En kyk! hy praat in die openbaar,+ en hulle sê niks vir hom nie. Die heersers het nie miskien vir seker te wete gekom dat hy die Christus is nie?+ 27  Ons weet daarenteen waar hierdie man vandaan kom;+ maar wanneer die Christus kom, gaan niemand weet waar hy vandaan kom nie.”+ 28  Daarom het Jesus uitgeroep terwyl hy in die tempel geleer het en gesê: “Julle ken my en weet ook waar ek vandaan kom.+ Ook het ek nie op eie inisiatief gekom nie,+ maar hy wat my gestuur het, bestaan werklik,+ en julle ken hom nie.+ 29  Ek ken hom,+ omdat ek ’n verteenwoordiger is wat van hom af kom, en Hy het my uitgestuur.”+ 30  Hulle het hom derhalwe probeer gevange neem,+ maar niemand het ’n hand aan hom geslaan nie, omdat sy uur+ nog nie gekom het nie. 31  Nogtans het baie van die skare geloof in hom gestel;+ en hulle het begin sê: “Wanneer die Christus kom, sal hy tog nie meer tekens doen+ as wat hierdie man gedoen het nie, of hoe?” 32  Die Fariseërs het die skare hierdie dinge oor hom hoor mompel, en die hoofpriesters en die Fariseërs het beamptes gestuur om hom gevange te neem.+ 33  Daarom het Jesus gesê: “Ek bly nog ’n klein rukkie by julle voor ek na hom toe gaan wat my gestuur het.+ 34  Julle sal my soek,+ maar julle sal my nie vind nie, en waar ek is, kan julle nie kom nie.”+ 35  Daarom het die Jode onder mekaar gesê: “Waarheen is hierdie man van plan om te gaan, sodat ons hom nie sal vind nie? Hy is nie miskien van plan om na die Jode te gaan wat onder die Grieke verstrooi is+ en die Grieke te leer nie? 36  Wat beteken hierdie woord wat hy gesê het: ‘Julle sal my soek, maar julle sal my nie vind nie, en waar ek is, kan julle nie kom nie’?” 37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees,+ het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: “As iemand dors is,+ laat hom na my toe kom en drink. 38  Hy wat geloof in my stel,+ net soos die Skrifgedeelte gesê het: ‘Uit sy binneste sal strome van lewende water vloei.’”+ 39  Hy het dit egter gesê van die gees wat dié wat geloof in hom gestel het, weldra sou ontvang; want daar was toe nog geen gees nie,+ omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.+ 40  Daarom het party van die skare wat hierdie woorde gehoor het, begin sê: “Hy is vir seker Die Profeet.”+ 41  Ander het gesê: “Hy is die Christus.”+ Maar party het gesê: “Die Christus+ kom nie werklik uit Galileʹa nie, of hoe?+ 42  Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die nageslag van Dawid+ en uit Betlehem,+ die dorpie waar Dawid was,+ kom nie?” 43  Daarom het daar verdeeldheid oor hom onder die skare ontstaan.+ 44  Party van hulle wou hom egter gevange neem, maar niemand het die hande aan hom geslaan nie. 45  Daarom het die beamptes na die hoofpriesters en Fariseërs toe teruggegaan, en laasgenoemdes het vir hulle gesê: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” 46  Die beamptes het geantwoord: “Nog nooit het ’n ander mens so gepraat nie.”+ 47  Hierop het die Fariseërs geantwoord: “Julle is tog nie ook mislei nie? 48  Nie een van die heersers of van die Fariseërs het geloof in hom gestel nie, of hoe?+ 49  Maar hierdie skare wat die Wet nie ken nie, is vervloekte mense.”+ 50  Nikodeʹmus, wat vantevore na hom toe gekom het en wat een van hulle was, het vir hulle gesê: 51  “Ons wet oordeel ’n mens nie tensy dit hom eers gehoor het+ en te wete gekom het wat hy doen nie, of hoe?” 52  Hulle het geantwoord en vir hom gesê: “Jy is tog nie ook uit Galileʹa nie? Ondersoek en sien dat geen profeet+ uit Galileʹa verwek word nie.” * Die manuskripte Codex Sinaiticus, Codex Vaticanus en die Sinaïties-Siriese kodeks laat vers 53 tot hoofstuk 8, vers 11, weg, wat (met enkele verskille in die onderskeie Griekse tekste en weergawes) soos volg lui: 53  En elkeen van hulle het na sy huis gegaan.

Voetnote