Johannes 7:53–8:59

* Die manuskripte Codex Sinaiticus, Codex Vaticanus en die Sinaïties-Siriese kodeks laat vers 53 tot hoofstuk 8, vers 11, weg, wat (met enkele verskille in die onderskeie Griekse tekste en weergawes) soos volg lui: 53  En elkeen van hulle het na sy huis gegaan. 8  Maar Jesus het na die Olyfberg gegaan.  Met dagbreek het hy egter weer by die tempel verskyn, en die hele volk het na hom toe begin kom, en hy het gaan sit en hulle begin leer.  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou gebring wat op egbreuk betrap is, en nadat hulle haar in hulle midde laat staan het,  het hulle vir hom gesê: “Leermeester, hierdie vrou is op heter daad betrap terwyl sy egbreuk gepleeg het.  In die Wet het Moses voorgeskryf dat ons sulke vroue moet stenig. Wat sê u egter?”  Hulle het dit natuurlik gesê om hom op die proef te stel, om iets te hê om hom van te beskuldig. Maar Jesus het neergebuk en met sy vinger op die grond begin skryf.  Toe hulle aanhou om hom te vra, het hy orent gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat sondeloos is, die eerste wees om ’n klip na haar te gooi.”  En hy het weer neergebuk en aangehou om op die grond te skryf.  Maar dié wat dit gehoor het, het een vir een begin uitgaan, die ouer manne eerste, en hy is alleen agtergelaat, en die vrou wat in hulle midde was. 10  Jesus het orent gekom en vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle? Het niemand jou veroordeel nie?” 11  Sy het gesê: “Niemand nie, Meneer.” Jesus het gesê: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan; beoefen van nou af nie meer sonde nie.” 12  Daarom het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig+ van die wêreld. Hy wat my volg, sal hoegenaamd nie in die duisternis wandel nie,+ maar sal die lig van die lewe besit.” 13  Die Fariseërs het derhalwe vir hom gesê: “Jy getuig aangaande jouself; jou getuienis is nie waar nie.” 14  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Selfs al getuig ek aangaande myself, is my getuienis waar,+ omdat ek weet waar ek vandaan gekom het en waarheen ek gaan.+ Maar julle weet nie waar ek vandaan gekom het en waarheen ek gaan nie. 15  Julle oordeel na die vlees;+ ek oordeel hoegenaamd niemand nie.+ 16  En as ek wel oordeel, is my oordeel waaragtig, omdat ek nie alleen is nie, maar die Vader wat my gestuur het, met my is.+ 17  Ook staan daar in julle eie Wet geskrywe: ‘Die getuienis van twee mense is waar.’+ 18  Ek is een wat aangaande myself getuig, en die Vader wat my gestuur het, getuig aangaande my.”+ 19  Daarom het hulle vir hom gesê: “Waar is jou Vader?” Jesus het geantwoord: “Julle ken my nie, en ook nie my Vader nie.+ As julle my geken het, sou julle my Vader ook ken.”+ 20  Hierdie woorde het hy in die skatkisgedeelte+ gespreek terwyl hy in die tempel geleer het. Maar niemand het hom gevange geneem nie,+ want sy uur+ het nog nie gekom nie. 21  Hy het derhalwe weer vir hulle gesê: “Ek gaan weg, en julle sal my soek,+ en nogtans sal julle in julle sonde sterf.+ Waarheen ek gaan, kan julle nie kom nie.” 22  Daarom het die Jode begin sê: “Hy sal homself tog nie doodmaak nie, of hoe? Want hy sê: ‘Waarheen ek gaan, kan julle nie kom nie.’”+ 23  Toe het hy vir hulle gesê: “Julle is van die ryke hier onder; ek is van die ryke daar bo.+ Julle is van hierdie wêreld;+ ek is nie van hierdie wêreld nie.+ 24  Daarom het ek vir julle gesê: Julle sal in julle sondes sterf.+ Want as julle nie glo dat dit ek is nie, sal julle in julle sondes sterf.”+ 25  Daarom het hulle vir hom begin sê: “Wie is jy?” Jesus het vir hulle gesê: “Waarom praat ek hoegenaamd nog met julle? 26  Ek het baie dinge om oor julle te sê en om ’n oordeel oor uit te spreek. Trouens, hy wat my gestuur het, is waaragtig, en die dinge wat ek by hom gehoor het, dié spreek ek in die wêreld.”+ 27  Hulle het nie begryp dat hy met hulle van die Vader praat nie. 28  Daarom het Jesus gesê: “Wanneer julle die Seun van die mens+ eers opgehef het,+ dan sal julle weet dat dit ek is,+ en dat ek niks op eie inisiatief+ doen nie; maar net soos die Vader my geleer het, spreek ek hierdie dinge.+ 29  En hy wat my gestuur het, is met my; hy het my nie aan myself oorgelaat nie, omdat ek altyd die dinge doen wat hom behaag.”+ 30  Terwyl hy hierdie dinge gespreek het, het baie geloof in hom gestel.+ 31  En toe het Jesus vir die Jode wat hom geglo het, gesê: “As julle in my woord bly,+ is julle werklik my dissipels, 32  en julle sal die waarheid+ ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”+ 33  Hulle het hom geantwoord: “Ons is Abraham se nageslag+ en ons was nog nooit enigiemand se slawe nie.+ Hoe is dit dat jy sê: ‘Julle sal vry word’?” 34  Jesus het hulle geantwoord: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde.+ 35  Bowendien bly die slaaf nie vir ewig in die huis nie; die seun bly vir ewig.+ 36  As die Seun julle dan vrymaak, sal julle werklik vry wees.+ 37  Ek weet dat julle Abraham se nageslag is; maar julle probeer my doodmaak,+ omdat my woord geen vooruitgang onder julle maak nie.+ 38  Die dinge wat ek by my Vader gesien het,+ spreek ek;+ en julle doen dus die dinge wat julle by julle vader gehoor het.” 39  Hulle het geantwoord en vir hom gesê: “Ons vader is Abraham.”+ Jesus het vir hulle gesê: “As julle Abraham se kinders is,+ doen dan die werke van Abraham. 40  Maar nou probeer julle my doodmaak, ’n man wat vir julle die waarheid vertel het wat ek by God gehoor het.+ Abraham het dit nie gedoen nie.+ 41  Julle doen die werke van julle vader.” Hulle het vir hom gesê: “Ons is nie uit hoerery gebore nie; ons het een Vader,+ God.” 42  Jesus het vir hulle gesê: “As God julle Vader was, sou julle my liefhê,+ want van God het ek uitgegaan en is ek hier.+ Ook het ek glad nie op eie inisiatief gekom nie, maar daardie Een het my uitgestuur.+ 43  Waarom weet julle nie wat ek sê nie? Omdat julle nie na my woord kan luister nie.+ 44  Julle is van julle vader die Duiwel,+ en julle wil die begeertes van julle vader doen.+ Hy was ’n mensemoordenaar toe hy begin het,+ en hy het nie in die waarheid vasgestaan nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy die leuen spreek, spreek hy ooreenkomstig sy eie geaardheid, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen.+ 45  Omdat ek daarenteen die waarheid praat, glo julle my nie.+ 46  Wie van julle bevind my skuldig aan sonde?+ As ek die waarheid praat, waarom glo julle my dan nie? 47  Hy wat uit God is, luister na die woorde van God.+ Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.”+ 48  Die Jode het geantwoord en vir hom gesê: “Sê ons nie tereg: Jy is ’n Samaritaan+ en het ’n demoon+ nie?” 49  Jesus het geantwoord: “Ek het nie ’n demoon nie, maar ek eer my Vader,+ en julle doen my oneer aan. 50  Maar ek soek nie heerlikheid vir myself nie;+ daar is Een wat soek en oordeel.+ 51  Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood nóóit sien nie.”+ 52  Die Jode het vir hom gesê: “Nou weet ons dat jy ’n demoon het.+ Abraham het gesterf,+ ook die profete;+ maar jy sê: ‘As iemand my woord bewaar, sal hy die dood nóóit smaak nie.’+ 53  Jy is tog nie groter+ as ons vader Abraham wat gesterf het nie, of hoe? Ook het die profete gesterf.+ Wie beweer jy is jy?” 54  Jesus het geantwoord: “As ek myself verheerlik, is my heerlikheid niks. Dit is my Vader wat my verheerlik,+ hy wat julle sê julle God is; 55  en tog het julle hom nie geken nie.+ Maar ek ken hom.+ En as ek gesê het dat ek hom nie ken nie, sou ek soos julle wees, ’n leuenaar. Maar ek ken hom wel en bewaar sy woord.+ 56  Abraham, julle vader, het hom grootliks verbly in die vooruitsig om my dag te sien,+ en hy het dit gesien en hom verbly.”+ 57  Daarom het die Jode vir hom gesê: “Jy is nog nie vyftig jaar oud nie, en nogtans het jy Abraham gesien?” 58  Jesus het vir hulle gesê: “Voorwaar, voorwaar, ek sê vir julle: Voordat Abraham in aansyn gekom het, was ek.”+ 59  Toe het hulle klippe opgetel om hom daarmee te gooi;+ maar Jesus het hom verberg en uit die tempel uitgegaan.

Voetnote