Johannes 9:1-41

9  En terwyl hy verbygegaan het, het hy ’n man gesien wat van sy geboorte af blind was.  En sy dissipels het hom gevra: “Rabbi,+ wie het gesondig,+ hierdie man of sy ouers,+ dat hy blind gebore is?”  Jesus het geantwoord: “Nie hierdie man of sy ouers het gesondig nie, maar dit was sodat die werke van God in sy geval openbaar gemaak kon word.+  Ons moet die werke verrig van hom wat my gestuur het terwyl dit dag is;+ die nag+ kom wanneer geen mens kan werk nie.  Solank ek in die wêreld is, is ek die wêreld se lig.”+  Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy op die grond gespoeg en met die speeksel klei gemaak en sy klei op die man se oë gesit+  en vir hom gesê: “Gaan was+ jou in die bad Siloʹam”+ (wat as ‘Uitgestuur’ vertaal word). En hy het weggegaan en hom gewas+ en siende teruggekom.+  Toe het die bure en dié wat hom vroeër as ’n bedelaar gesien het, begin sê: “Dit is die man wat gesit en bedel het, nie waar nie?”+  Party het gesê: “Dit is hy.” Ander het gesê: “Beslis nie, maar hy lyk na hom.” Die man het gesê: “Dit is ek.” 10  Gevolglik het hulle vir hom begin sê: “Hoe is jou oë dan geopen?”+ 11  Hy het geantwoord: “Die man met die naam Jesus het klei gemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloʹam+ en was jou.’ Ek het dus gegaan en my gewas en kon sien.” 12  Hierop het hulle vir hom gesê: “Waar is daardie man?” Hy het gesê: “Ek weet nie.” 13  Hulle het hom, die eens blinde man, na die Fariseërs toe gelei. 14  Terloops, dit was Sabbat+ op die dag dat Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.+ 15  Dié keer het ook die Fariseërs hom dus begin vra hoe dit gekom het dat hy kan sien.+ Hy het vir hulle gesê: “Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en kan nou sien.” 16  Daarom het party van die Fariseërs begin sê: “Hy is nie ’n man wat van God kom nie, want hy onderhou nie die Sabbat nie.”+ Ander het begin sê: “Hoe kan ’n mens wat ’n sondaar is, sulke tekens doen?”+ En daar was verdeeldheid+ onder hulle. 17  Hulle het derhalwe weer vir die blinde man gesê: “Wat sê jy van hom, aangesien hy jou oë geopen het?” Die man het gesê: “Hy is ’n profeet.”+ 18  Die Jode het dit egter nie van hom geglo dat hy blind was en nou kon sien nie, totdat hulle die ouers geroep het van die man wat siende geword het. 19  En hulle het hulle gevra: “Is dit julle seun wat julle sê blind gebore is? Hoe is dit dan dat hy nou sien?” 20  Toe het sy ouers geantwoord en gesê: “Ons weet dat dit ons seun is en dat hy blind gebore is. 21  Maar hoe dit is dat hy nou sien, weet ons nie, of wie sy oë geopen het, weet ons nie. VRA hom. Hy is mondig. Hy moet vir homself praat.” 22  Sy ouers het hierdie dinge gesê omdat hulle die Jode gevrees het,+ want die Jode het reeds ooreengekom dat as iemand hom as Christus bely, hy uit die sinagoge geban moet word.+ 23  Daarom het sy ouers gesê: “Hy is mondig. ONDERVRA hom.” 24  Toe het hulle die man wat blind was, ’n tweede keer geroep en vir hom gesê: “Gee heerlikheid aan God;+ ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.” 25  Hierop het hy geantwoord: “Of hy ’n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek wel, dat ek, hoewel ek blind was, nou sien.” 26  Daarom het hulle vir hom gesê: “Wat het hy met jou gedoen? Hoe het hy jou oë geopen?” 27  Hy het hulle geantwoord: “Ek het julle reeds vertel, en tog het julle nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?” 28  Hierop het hulle hom uitgeskel en gesê: “Jy is ’n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses. 29  Ons weet dat God met Moses gepraat het;+ maar wat hierdie man betref, ons weet nie waar hy vandaan kom nie.”+ 30  Die man het geantwoord en vir hulle gesê: “Dit is beslis verbasend+ dat julle nie weet waar hy vandaan kom nie, en tog het hy my oë geopen. 31  Ons weet dat God nie na sondaars luister nie,+ maar as iemand godvresend is en sy wil doen, luister hy na hom.+ 32  Van ouds af is daar nog nooit gehoor dat enigeen die oë geopen het van iemand wat blind gebore is nie. 33  As hierdie man nie van God gekom het nie,+ sou hy hoegenaamd niks kon doen nie.” 34  Hulle het geantwoord en vir hom gesê: “Jy is geheel en al in sondes gebore,+ en nogtans leer jy ons?” En hulle het hom uitgegooi!+ 35  Jesus het gehoor dat hulle hom uitgegooi het, en toe hy hom vind, het hy gesê: “Stel jy geloof in die Seun van die mens?”+ 36  Die man het geantwoord: “En wie is hy, Meneer, sodat ek geloof in hom kan stel?” 37  Jesus het vir hom gesê: “Jy het hom gesien, en buitendien is dit hy wat met jou praat.”+ 38  Toe het hy gesê: “Ek stel geloof in hom, Here.” En hy het aan hom hulde bewys.+ 39  En Jesus het gesê: “Vir hierdie oordeel+ het ek in hierdie wêreld ingekom: dat dié wat nie sien nie, kan sien,+ en dié wat sien, blind kan word.”+ 40  Dié van die Fariseërs wat by hom was, het hierdie dinge gehoor, en hulle het vir hom gesê: “Ons is tog nie ook blind nie,+ of hoe?” 41  Jesus het vir hulle gesê: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie. Maar nou sê julle: ‘Ons sien.’+ Julle sonde+ bly.”

Voetnote