Jona 1:1-17

1  En die woord van Jehovah het tot Jona,+ die seun van Amitʹtai, gekom en gesê:  “Staan op, gaan na Niʹneve,+ die groot stad, en verkondig daarteen dat hulle slegtheid voor my opgekom het.”+  En Jona het opgestaan en na Tarsis+ gevlug, weg van Jehovah af;+ en hy het uiteindelik by Joppe+ gekom en ’n skip gevind wat na Tarsis gaan. Toe het hy die reisgeld betaal en daarin afgeklim, om saam met hulle na Tarsis te gaan, weg van Jehovah af.  En Jehovah het ’n sterk wind op die see gewerp,+ en daar het ’n groot storm+ op die see ontstaan; en die skip was op die punt om te vergaan.  En die seemanne het bang geword en om hulp geroep, elkeen tot sy god.+ En hulle het die voorwerpe wat in die skip was, in die see bly gooi om die skip ligter te maak.+ Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgegaan, en hy het gaan lê en vas aan die slaap geraak.+  Eindelik het die skeepskaptein na hom toe gekom en vir hom gesê: “Wat is dit met jou, slaper? Staan op, roep tot jou god!+ Miskien sal die ware God toon dat hy vir ons omgee en sal ons nie vergaan nie.”+  En hulle het vir mekaar begin sê: “Kom, en laat ons die lot werp,+ sodat ons kan weet oor wie hierdie rampspoed ons getref het.”+ En hulle het die lot bly werp, en uiteindelik het die lot op Jona geval.+  Toe het hulle vir hom gesê: “Vertel ons asseblief oor wie hierdie rampspoed ons getref het.+ Wat is jou werk, en waar kom jy vandaan? Wat is jou land, en uit watter volk is jy?”  Daarop het hy vir hulle gesê: “Ek is ’n Hebreër,+ en ek vrees+ Jehovah, die God van die hemel,+ die Een wat die see en die droë grond gemaak het.”+ 10  En die manne het baie bang geword, en hulle het vir hom gesê: “Wat het jy tog gedoen?”+ Want die manne het te wete gekom dat hy van Jehovah af weggevlug het, omdat hy hulle vertel het. 11  Uiteindelik het hulle vir hom gesê: “Wat moet ons met jou doen,+ sodat die see vir ons stil kan word?” Want die see het al hoe stormagtiger geword. 12  Toe het hy vir hulle gesê: “Tel my op en gooi my in die see, en die see sal vir julle stil word; want ek weet dat hierdie groot storm weens my oor julle gekom het.”+ 13  Maar die manne het daardeur probeer kom, om die skip na die droë grond terug te bring; hulle kon egter nie, omdat die see al hoe stormagtiger teen hulle geword het.+ 14  En hulle het tot Jehovah geroep en gesê:+ “Ag, o Jehovah, laat ons asseblief nie weens die siel van hierdie man vergaan nie! En moenie onskuldige bloed oor ons bring nie,+ aangesien u, o Jehovah, gedoen het waarin u behae geskep het!”+ 15  Toe het hulle Jona opgetel en hom in die see gegooi; en die woede van die see het begin bedaar.+ 16  Daarop het die manne Jehovah grootliks begin vrees,+ en hulle het dus ’n offerande aan Jehovah gebring+ en geloftes gedoen.+ 17  En Jehovah het ’n groot vis beskik om Jona in te sluk,+ sodat Jona drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis was.+

Voetnote