Jona 2:1-10

2  Toe het Jona uit die ingewande van die vis tot Jehovah sy God gebid+  en gesê: “Uit my benoudheid het ek tot Jehovah geroep,+ en hy het my geantwoord.+Uit die buik van Sjeool het ek om hulp geroep.+U het my stem gehoor.+   Toe u my in die dieptes gewerp het, in die hart van die oop see,+Het ’n rivier my omring.Al u branders en u golwe—oor my het hulle gegaan.+   En wat my betref, ek het gesê: ‘Ek is verdryf, weg van u oë!+Hoe sal ek u heilige tempel weer aanskou?’+   Waters het my tot aan die siel omring;+ die waterdiepte het my bly omsluit.Seegras was om my kop gedraai.   Na die grondveste van die berge het ek afgedaal.Wat die aarde betref, sy grendels was tot onbepaalde tyd op my.Maar uit die kuil het u my lewe opgetrek, o Jehovah my God.+   Toe my siel in my versmag het,+ was dit aan Jehovah wat ek gedink het.+Toe het my gebed tot u gekom, in u heilige tempel.+   Wat dié betref wat aan die afgode van onwaarheid agting betoon, hulle laat vaar hulle eie liefderyke goedhartigheid.+   Maar wat my betref, met die stem van danksegging sal ek offerandes aan u bring.+Wat ek plegtig belowe het, sal ek betaal.+ Redding behoort aan Jehovah.”+ 10  Na ’n ruk het Jehovah die vis bevel gegee, sodat hy Jona op die droë grond uitgebraak het.+

Voetnote