Jona 3:1-10

3  Toe het die woord van Jehovah die tweede keer tot Jona gekom en gesê:+  “Staan op, gaan na Niʹneve, die groot stad, en verkondig daaraan die boodskap+ wat ek vir jou sê.”  Daarop het Jona opgestaan en na Niʹneve gegaan ooreenkomstig die woord van Jehovah.+ En Niʹneve was ’n groot stad voor God,+ drie dagreise te voet.  Uiteindelik het Jona die stad begin ingaan, een dagreis te voet, en hy het bly verkondig en gesê: “Nog net veertig dae, en Niʹneve sal verwoes word.”+  En die manne van Niʹneve het geloof in God begin stel,+ en hulle het ’n vas uitgeroep en hulle met saklinne beklee,+ van die grootste onder hulle tot selfs die geringste onder hulle.  Toe die woord die koning van Niʹneve bereik,+ het hy van sy troon af opgestaan en sy ampskleed uitgetrek en hom met saklinne bedek en in die as gaan sit.+  Verder het hy laat uitroep en deur die verordening van die koning en sy vername manne in Niʹneve laat sê: “Geen mens en geen mak dier, geen beeste en geen kleinvee, mag aan hoegenaamd enigiets proe nie. Niemand mag voedsel eet nie. Selfs water mag hulle nie drink nie.+  En laat hulle hulle met saklinne bedek, mens en mak dier; en laat hulle met alle mag tot God roep en terugkeer,+ elkeen van sy slegte weg en van die geweld wat in hulle hande was.  Wie weet of die ware God sal omdraai en sal spyt voel+ en hom van sy brandende toorn sal afwend, sodat ons nie vergaan nie?”+ 10  En die ware God het hulle werke gesien,+ dat hulle hulle van hulle slegte weg afgekeer het;+ en toe het die ware God spyt gevoel+ oor die rampspoed wat hy gesê het hy oor hulle sou bring; en hy het dit nie gebring nie.+

Voetnote