Jona 4:1-11
4 Maar Jona was baie ontevrede hieroor,+ en hy het kwaad geword.
2 Hy het derhalwe tot Jehovah gebid en gesê: “Ag, o Jehovah, was ek nie hieroor besorg terwyl ek in my eie land was nie? Daarom het ek vroeër na Tarsis gevlug;+ want ek het geweet dat u ’n genadige en barmhartige God is,+ wat nie gou toornig word nie en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid+ en spyt voel oor die rampspoed.+
3 En nou, o Jehovah, neem asseblief my siel+ van my weg, want dit is beter dat ek sterf as dat ek lewe.”+
4 Hierop het Jehovah gesê: “Het jy met reg kwaad geword?”+
5 Toe het Jona uit die stad gegaan en oos van die stad gaan sit; en hy het uiteindelik vir hom daar ’n hut gemaak, sodat hy daaronder in die skaduwee kon sit+ totdat hy sou sien wat van die stad sou word.+
6 Daarop het Jehovah God ’n kalbasplant beskik om oor Jona op te kom, sodat dit as ’n skaduwee oor sy kop kon dien, om hom uit sy rampspoedige toestand te verlos.+ En Jona het baie bly geword oor die kalbasplant.
7 Maar die ware God het met dagbreek die volgende dag ’n wurm+ beskik om die kalbasplant te steek; en dit het geleidelik verdroog.+
8 En toe die son begin skyn, het God ook ’n verskroeiende oostewind beskik,+ en die son het op Jona se kop bly steek, sodat hy flou geword het;+ en hy het bly vra dat sy siel mag sterf en het herhaaldelik gesê: “Dit is beter dat ek sterf as dat ek lewe.”+
9 En God het vir Jona gesê: “Het jy met reg kwaad geword oor die kalbasplant?”+
Daarop het hy gesê: “Ek het met reg kwaad geword, tot die dood toe.”
10 Maar Jehovah het gesê: “Jý het jammer gevoel vir die kalbasplant, waaraan jy nie geswoeg het en wat jy nie groot laat word het nie, wat ’n blote groeisel van ’n nag was en as ’n blote groeisel van ’n nag vergaan het.
11 En behoort ék nie jammer te voel vir Niʹneve, die groot stad,+ waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat glad nie die verskil tussen hulle regter- en hulle linkerhand ken nie, benewens talle mak diere?”+