Josua 1:1-18

1  En ná die dood van Moses, die kneg van Jehovah, het Jehovah vir Josua,+ die seun van Nun, die dienaar+ van Moses, gesê:  “My kneg Moses is dood;+ en staan nou op, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat ek aan hulle, aan die kinders van Israel, gee.+  Elke plek waarop julle voetsool sal trap, sal ek beslis aan julle gee, net soos ek Moses beloof het.+  Van die wildernis en hierdie Liʹbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, dit wil sê die hele land van die Hetiete,+ en tot by die Groot See teen die sonsondergang sal julle gebied wees.+  Niemand sal al die dae van jou lewe voor jou standhou nie.+ Net soos ek met Moses was, sal ek met jou wees.+ Ek sal jou nie in die steek laat of jou heeltemal verlaat nie.+  Wees moedig en sterk,+ want jy sal hierdie volk die land laat beërf+ wat ek aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.+  “Wees net moedig en baie sterk om sorgvuldig te handel volgens die hele wet wat my kneg Moses jou beveel het.+ Moenie regs of links daarvan afwyk nie,+ sodat jy wys kan handel oral waar jy gaan.+  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie,+ en jy moet dag en nag op gedempte toon daarin lees, sodat jy sorgvuldig kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan;+ want dan sal jy jou weg suksesvol maak en dan sal jy wys handel.+  Het ek jou nie beveel nie?+ Wees moedig en sterk. Moenie sidder of verskrik wees nie,+ want Jehovah jou God is met jou waar jy ook al gaan.”+ 10  En Josua het die beamptes van die volk beveel en gesê: 11  “Gaan deur die kamp en beveel die volk en sê: ‘Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae trek julle deur hierdie Jordaan om in te gaan en die land in besit te neem wat Jehovah julle God julle gee om dit in besit te neem.’”+ 12  En vir die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse het Josua gesê: 13  “Onthou die woord wat Moses, die kneg van Jehovah, julle beveel het+ toe hy gesê het: ‘Jehovah julle God gee julle rus en het julle hierdie land gegee. 14  Julle vrouens, julle kindertjies en julle vee sal in die land woon wat Moses julle aan hierdie kant van die Jordaan gegee het;+ maar julle sal in slagorde+ voor julle broers oortrek, al die dapper, sterk manne,+ en julle moet hulle help. 15  Eers wanneer Jehovah aan julle broers rus gee net soos aan julle, en ook hulle die land in besit geneem het wat Jehovah julle God hulle gee,+ moet julle ook na die land van julle besitting terugkeer en dit in besit neem,+ die een wat Moses, die kneg van Jehovah, julle aan die kant van die Jordaan teen die sonsopgang gegee het.’”+ 16  Gevolglik het hulle Josua geantwoord en gesê: “Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en waar u ons ook al stuur, sal ons gaan.+ 17  Soos ons in alles na Moses geluister het, so sal ons na u luister. Mag Jehovah u God net met u wees+ soos hy met Moses was.+ 18  Elke man wat hom opstandig gedra teen u bevel+ en na u woorde nie luister in alles wat u hom beveel nie, sal doodgemaak word.+ Wees net moedig en sterk.”+

Voetnote