Josua 10:1-43

10  En toe Adoʹni-Seʹdek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem+ en dit toe aan vernietiging oorgegee het,+ dat hy met Ai en sy koning gedoen het+ net soos hy met Jeʹrigo+ en sy koning gedoen het,+ en dat die inwoners van Giʹbeon met Israel vrede gemaak het+ en onder hulle bly,  het hy baie bang geword,+ omdat Giʹbeon ’n groot stad was, soos een van die koninklike stede, en omdat dit groter was as Ai+ en al sy manne sterk manne was.  Gevolglik het Adoʹni-Seʹdek, die koning van Jerusalem,+ na Hoham, die koning van Hebron,+ en na Piram, die koning van Jarmut,+ en na Jaʹfia, die koning van Lagis,+ en na Debir, die koning van Eglon,+ gestuur en gesê:  “Trek op na my toe en help my en laat ons Giʹbeon verslaan, want dit het met Josua en die kinders van Israel vrede gemaak.”+  Hierop het hulle bymekaargekom en opgetrek, vyf konings van die Amoriete:+ die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hulle kampe, en hulle het teen Giʹbeon kamp opgeslaan en daarteen oorlog gevoer.  Daarop het die manne van Giʹbeon na Josua in die kamp by Gilgal+ gestuur en gesê: “Moenie u hand ten opsigte van u slawe laat verslap nie.+ Trek gou op na ons toe en red ons tog en help ons, want al die konings van die Amoriete wat in die bergstreek woon, het teen ons saamgekom.”  Toe het Josua uit Gilgal opgetrek, hy en al die manskappe saam met hom+ en al die dapper, sterk manne.+  Toe het Jehovah vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie,+ want ek het hulle in jou hand gegee.+ Niemand van hulle sal teen jou standhou nie.”+  En Josua het hulle onverwags aangeval. Hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek. 10  En Jehovah het hulle in verwarring gebring voor Israel,+ en dié het hulle met ’n groot slagting by Giʹbeon+ begin ombring en hulle met die opdraand van Bet-Horon langs agtervolg en hulle omgebring tot by Aseʹka+ en Makkeʹda.+ 11  En terwyl hulle voor Israel weggevlug het en op die afdraand van Bet-Horon was, het Jehovah groot stene+ uit die hemel op hulle gewerp tot by Aseʹka, sodat hulle gesterf het. Daar het meer deur die haelstene gesterf as wat die kinders van Israel met die swaard doodgemaak het. 12  Toe het Josua met Jehovah gepraat op die dag dat Jehovah die Amoriete aan die kinders van Israel oorgelewer het, en hy het voor die oë van Israel gesê: “Son,+ staan bewegingloos bo Giʹbeon,+En maan, bo die laagvlakte van Aʹjalon.”+ 13  Gevolglik het die son bewegingloos bly staan en die maan het stilgestaan, totdat die nasie hom op sy vyande kon wreek.+ Staan dit nie geskrywe in die boek van Jasar nie?+ En die son het in die middel van die hemel bly staan en het hom omtrent ’n hele dag lank nie gehaas om onder te gaan nie.+ 14  En geen dag was soos dié een, daarvoor of daarna, deurdat Jehovah na die stem van ’n man geluister het nie,+ want Jehovah het vir Israel geveg.+ 15  Daarna het Josua en die hele Israel saam met hom na die kamp by Gilgal+ teruggekeer. 16  Intussen het hierdie vyf konings gevlug+ en in die grot by Makkeʹda+ weggekruip. 17  Toe is daar aan Josua berig gebring en gesê: “Die vyf konings is gevind waar hulle in die grot by Makkeʹda wegkruip.”+ 18  Daarop het Josua gesê: “ROL groot klippe voor die opening van die grot en stel manne daaroor aan om hulle te bewaak. 19  Wat julle betref, moenie stilstaan nie. Sit julle vyande agterna, en julle moet op hulle agterhoede toeslaan.+ Moet hulle nie toelaat om in hulle stede in te gaan nie, want Jehovah julle God het hulle in julle hand gegee.”+ 20  En toe Josua en die kinders van Israel hulle met ’n baie groot slagting klaar omgebring het, totdat hulle aan hulle einde gekom het,+ en dié van hulle wat dit wel oorleef het, ontvlug het en in die versterkte stede ingegaan het,+ 21  het al die manskappe in vrede na die kamp, na Josua, by Makkeʹda begin terugkeer. Niemand het sy tong gretig teen die kinders van Israel geroer nie.+ 22  Toe het Josua gesê: “MAAK OOP die opening van die grot en bring hierdie vyf konings uit die grot uit na my toe.” 23  Daarop het hulle dit gedoen en hierdie vyf konings uit die grot uit na hom toe gebring: die koning van Jerusalem,+ die koning van Hebron,+ die koning van Jarmut, die koning van Lagis,+ die koning van Eglon.+ 24  En onmiddellik nadat hulle hierdie konings na Josua toe uitgebring het, het Josua al die manne van Israel geroep en vir die aanvoerders van die krygsmanne wat saam met hom getrek het, gesê: “Kom nader. Sit julle voete op die agterkant van die nekke van hierdie konings.”+ Toe het hulle nader gekom en hulle voete op die agterkant van hulle nekke gesit.+ 25  En Josua het vir hulle gesê: “Moenie bang of verskrik wees nie.+ Wees moedig en sterk, want so sal Jehovah doen met al julle vyande teen wie julle oorlog voer.”+ 26  En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle doodgemaak en hulle aan vyf pale gehang, en hulle het tot die aand toe aan die pale bly hang.+ 27  En teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het hulle van die pale afgehaal+ en hulle in die grot gegooi waar hulle weggekruip het. Toe het hulle groot klippe voor die opening van die grot gesit—wat vandag nog daar is. 28  En Josua het Makkeʹda+ op daardie dag ingeneem en dit met die skerpte van die swaard geslaan. Wat sy koning betref, hy het hom en elke siel wat daarin was, aan vernietiging oorgegee.+ Hy het geen oorlewende laat oorbly nie. So het hy met die koning van Makkeʹda+ gedoen net soos hy met die koning van Jeʹrigo gedoen het. 29  Toe het Josua en die hele Israel saam met hom van Makkeʹda af verder getrek na Libna en teen Libna oorlog gevoer.+ 30  En Jehovah het ook dié stad en sy koning in Israel se hand gegee, en hulle het dit en elke siel wat daarin was, met die skerpte van die swaard geslaan. Hulle het nie ’n oorlewende daarin laat oorbly nie. So het hulle met sy koning gedoen net soos hulle met die koning van Jerigo gedoen het.+ 31  Daarna het Josua en die hele Israel saam met hom van Libna af verder getrek na Lagis+ en daarteen kamp opgeslaan en daarteen oorlog gevoer. 32  En Jehovah het Lagis in Israel se hand gegee sodat hulle dit op die tweede dag ingeneem het, en hulle het dit en elke siel wat daarin was, met die skerpte van die swaard geslaan,+ volgens alles wat hulle met Libna gedoen het. 33  Toe het Horam, die koning van Geser,+ opgetrek om Lagis te help. En Josua het hom en sy volk verslaan totdat hy van hom nie ’n oorlewende laat oorbly het nie.+ 34  Toe het Josua en die hele Israel saam met hom van Lagis af verder getrek na Eglon+ en daarteen kamp opgeslaan en daarteen oorlog gevoer. 35  En hulle het dit op daardie dag ingeneem en dit met die skerpte van die swaard begin slaan, en hulle het elke siel wat daarin was, op daardie dag aan vernietiging oorgegee, volgens alles wat hulle met Lagis gedoen het.+ 36  Toe het Josua en die hele Israel saam met hom van Eglon af na Hebron+ opgetrek en daarteen begin oorlog voer. 37  En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en elke siel wat daarin was, met die skerpte van die swaard geslaan. Hy het nie ’n oorlewende laat oorbly nie, volgens alles wat hy met Eglon gedoen het. So het hy dit en elke siel wat daarin was, aan vernietiging oorgegee.+ 38  Laastens het Josua en die hele Israel saam met hom na Debir+ teruggekom en daarteen begin oorlog voer. 39  En hy het dit en sy koning en al sy stede verower, en hulle het hulle met die skerpte van die swaard geslaan en elke siel wat daarin was, aan vernietiging oorgegee.+ Hy het nie ’n oorlewende laat oorbly nie.+ Net soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en net soos hy met Libna en sy koning gedoen het.+ 40  En Josua het die hele land van die bergstreek+ en die Negeb+ en die Sjefeʹla+ en die hange+ en al hulle konings verslaan. Hy het nie ’n oorlewende laat oorbly nie, en alles wat asemhaal,+ het hy aan vernietiging oorgegee,+ net soos Jehovah, die God van Israel, beveel het.+ 41  En Josua het hulle van Kaʹdes-Barneʹa+ af tot by Gasa+ verslaan, en die hele land Gosen+ en tot by Giʹbeon.+ 42  En Josua het al hierdie konings en hulle land in een slag verower,+ want dit was Jehovah, die God van Israel, wat vir Israel geveg het.+ 43  Daarna het Josua en die hele Israel saam met hom na die kamp by Gilgal teruggekeer.+

Voetnote