Josua 11:1-23

11  En toe Jabin, die koning van Hasor, daarvan hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon,+ en na die koning van Simron en die koning van Agsaf,+  en na die konings wat in die noorde in die bergstreek en in die woestynvlaktes suid van Kinneʹret+ en in die Sjefeʹla+ en op die bergrûens van Dor+ in die weste was,  die Kanaäniete+ in die ooste en die weste, en die Amoriete+ en die Hetiete+ en die Perissiete+ en die Jebusiete+ in die bergstreek en die Hewiete+ aan die voet van Hermon+ in die land Mispa.+  Toe het hulle uitgetrek, hulle en al hulle kampe saam met hulle, ’n talryke volk, so baie soos die sandkorrels wat aan die seestrand is,+ en ’n baie groot aantal perde+ en strydwaens.  Toe het al hierdie konings volgens afspraak byeengekom en saam by die waters van Merom gaan kamp opslaan om teen Israel te veg.+  Hierop het Jehovah vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie,+ want môre omstreeks hierdie tyd lewer ek hulle almal gesneuweld aan Israel oor. Hulle perde se hakskeensenings sal jy afsny+ en hulle strydwaens sal jy met vuur verbrand.”+  En Josua en al die manskappe saam met hom het hulle onverwags aangeval langs die waters van Merom en hulle oorval.  Toe het Jehovah hulle in Israel se hand gegee,+ en hulle het hulle verslaan en hulle tot by die volkryke Sidon+ en Misʹrefot-Maʹim+ en die valleivlakte van Mispe+ in die ooste agtervolg; en hulle het hulle verslaan totdat hulle van hulle nie ’n oorlewende laat oorbly het nie.+  Daarna het Josua met hulle gedoen net soos Jehovah vir hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny+ en hulle strydwaens het hy met vuur verbrand.+ 10  Wat meer is, Josua het in dié tyd+ omgedraai en Hasor+ ingeneem; en sy koning het hy met die swaard doodgemaak,+ want Hasor was tevore die hoof van al hierdie koninkryke. 11  En hulle het elke siel wat daarin was, met die skerpte van die swaard geslaan en hulle aan vernietiging oorgegee.+ Hoegenaamd niks wat asemhaal, het oorgebly nie,+ en hy het Hasor met vuur verbrand. 12  En Josua het al die stede van hierdie konings en al hulle konings verower en hulle met die skerpte van die swaard geslaan.+ Hy het hulle aan vernietiging oorgegee,+ net soos Moses, die kneg van Jehovah, beveel het.+ 13  Net al die stede wat op hulle eie heuwels gelê het, het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen, wat Josua wel verbrand het. 14  En al die buit van hierdie stede en die mak diere het die kinders van Israel vir hulle geplunder.+ Dit was net al die mense wat hulle met die skerpte van die swaard geslaan het totdat hulle hulle verdelg het.+ Hulle het niemand wat asemhaal, laat oorbly nie.+ 15  Net soos Jehovah sy kneg Moses beveel het, so het Moses Josua beveel,+ en so het Josua gedoen. Hy het nie ’n woord weggeneem van alles wat Jehovah Moses beveel het nie.+ 16  En Josua het hierdie hele land geneem, die bergstreek en die hele Negeb+ en die hele land Gosen+ en die Sjefeʹla+ en die Aʹraba+ en die bergstreek van Israel en sy Sjefeʹla,+ 17  van die berg Halak+ af, wat oploop na Seïr,+ en tot by Baäl-Gad+ in die valleivlakte van die Liʹbanon aan die voet van die berg Hermon,+ en hy het al hulle konings gevange geneem en hulle verslaan en hulle doodgemaak.+ 18  Baie dae lank het Josua teen al hierdie konings oorlog gevoer. 19  Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gemaak het nie, behalwe die Hewiete+ wat in Giʹbeon gewoon het.+ Al die ander het hulle deur oorlog geneem.+ 20  Want Jehovah se weg was om hulle hart wederstrewig te laat word,+ sodat hulle teen Israel oorlog sou verklaar, dat hy hulle aan vernietiging kon oorgee, sodat hulle geen gunstige oorweging sou ontvang nie,+ maar dat hy hulle kon verdelg, net soos Jehovah Moses beveel het.+ 21  Verder het Josua in dié tyd gegaan en die Enakiete+ uitgeroei uit die bergstreek, uit Hebron, uit Debir, uit Anab+ en uit die hele bergstreek van Juda en uit die hele bergstreek van Israel.+ Saam met hulle stede het Josua hulle aan vernietiging oorgegee.+ 22  Nie een van die Enakiete het in die land van die kinders van Israel oorgebly nie. Net in Gasa,+ in Gat+ en in Asdod+ het hulle oorgebly.+ 23  So het Josua die hele land geneem, volgens alles wat Jehovah Moses beloof het,+ en Josua het dit toe as ’n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle dele, volgens hulle stamme.+ En die land het rus gehad van oorlog.+

Voetnote