Josua 12:1-24

12  En dít is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan het en wie se land hulle toe in besit geneem het aan die kant van die Jordaan teen die sonsopgang,+ van die Arnonstroomvallei+ af tot by die berg Hermon+ en die hele Aʹraba+ teen die sonsopgang:  Sihon,+ die koning van die Amoriete, wat in Hesbon+ gewoon het en geheers het van Aʹroër+ af, wat aan die oewer van die Arnonstroomvallei+ gelê het, en oor die middel van die stroomvallei en oor die helfte van Giʹlead tot by die Jabbokstroomvallei,+ die grens van die kinders van Ammon,  en oor die Aʹraba+ tot by die Kinneʹretsee+ na die ooste en tot by die see van die Aʹraba, die Soutsee,+ aan die oostekant in die rigting van Bet-Jeʹsimot,+ en suidwaarts onder die hange van Pisga.+  En die gebied van Og,+ die koning van Basan, een van díe wat oorgebly het van die Refaïete,+ wat in Asʹtarot+ en Edreʹï+ gewoon het,  en wat geheers het in die gebied van die berg Hermon+ en in Salka en in die hele Basan,+ tot by die grens van die Gesuriete+ en die Maägatiete,+ en die helfte van Giʹlead, tot die gebied van Sihon,+ die koning van Hesbon.+  Dit was Moses, die kneg van Jehovah, en die kinders van Israel wat hulle verslaan het,+ waarna Moses, die kneg van Jehovah, dit aan die Rubeniete+ en die Gadiete+ en die helfte van die stam van Manasʹse+ as ’n besitting gegee het.  En dít is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het aan die kant van die Jordaan na die weste, van Baäl-Gad+ af in die valleivlakte van die Liʹbanon+ en tot by die berg Halak,+ wat oploop na Seïr,+ waarna Josua dit aan die stamme van Israel as ’n besitting gegee het volgens hulle dele,+  in die bergstreek en in die Sjefeʹla en in die Aʹraba en teen die hange en in die wildernis en in die Negeb+—die Hetiete, die Amoriete+ en die Kanaäniete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete:+  Die koning van Jeʹrigo,+ een; die koning van Ai,+ wat langs Bet-El gelê het, een; 10  die koning van Jerusalem,+ een; die koning van Hebron,+ een; 11  die koning van Jarmut,+ een; die koning van Lagis,+ een; 12  die koning van Eglon,+ een; die koning van Geser,+ een; 13  die koning van Debir,+ een; die koning van Geder, een; 14  die koning van Horma, een; die koning van Arad, een; 15  die koning van Libna,+ een; die koning van Adulʹlam, een; 16  die koning van Makkeʹda,+ een; die koning van Bet-El,+ een; 17  die koning van Tappuʹag, een; die koning van Hefer,+ een; 18  die koning van Afek, een; die koning van Lassaʹron, een; 19  die koning van Madon,+ een; die koning van Hasor,+ een; 20  die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf,+ een; 21  die koning van Taʹänag, een; die koning van Megidʹdo,+ een; 22  die koning van Kedes, een; die koning van Jokʹneam+ by die Karmel, een; 23  die koning van Dor op die bergrug van Dor,+ een; die koning van Gojim in Gilgal, een; 24  die koning van Tirsa, een; altesaam een-en-dertig konings.+

Voetnote