Josua 13:1-33

13  En Josua was oud, gevorderd in jare.+ Toe het Jehovah vir hom gesê: “Jy het oud geword en is gevorderd in jare, en daar bly nog ’n baie groot deel van die land oor wat in besit geneem moet word.+  Dít is die land wat nog oorbly:+ al die streke van die Filistyne+ en al die Gesuriete+  (van die tak van die Nyl af wat voor Egipte is en tot by die grens van Ekron in die noorde+ is voorheen beskou as streke wat aan die Kanaäniete behoort);+ vyf spilvorste+ van die Filistyne, die Gasiete+ en die Asdodiete,+ die Askeloniete,+ die Gittiete+ en die Ekroniete;+ en die Awwiete.+  In die suide die hele land van die Kanaäniete; en Meʹara, wat aan die Sidoniërs+ behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;  en die land van die Gebaliete+ en die hele Liʹbanon teen die sonsopgang, van Baäl-Gad+ aan die voet van die berg Hermon af tot by die ingang van Hamat;+  al die bewoners van die bergstreek, van die Liʹbanon+ af tot Misʹrefot-Maʹim,+ al die Sidoniërs;+ ek sal hulle voor die kinders van Israel uit hulle besitting verdryf.+ Sorg net dat dit Israel as erfdeel toeval, net soos ek jou beveel het.+  En verdeel nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasʹse.”+  Saam met die ander halwe stam het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel geneem wat Moses aan die kant van die Jordaan na die ooste aan hulle gegee het, net soos Moses, die kneg van Jehovah, aan hulle gegee het:+  van Aʹroër+ af, wat aan die oewer van die Arnonstroomvallei+ lê, en die stad wat in die middel van die stroomvallei lê, en die hele hoogvlakte van Medeʹba+ tot by Dibon;+ 10  en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon regeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;+ 11  en Giʹlead en die gebied van die Gesuriete+ en die Maägatiete en die hele berg Hermon+ en die hele Basan+ tot by Salka;+ 12  die hele koninklike gebied van Og+ in Basan, wat in Asʹtarot en in Edreʹï regeer het+—hy het oorgebly van wat oor was van die Refaïete+—en Moses het hulle verslaan en hulle uit hulle besitting verdryf.+ 13  En die kinders van Israel het nie die Gesuriete en die Maägatiete uit hulle besitting verdryf nie,+ maar Gesur+ en Maʹägat woon nog tot vandag toe onder Israel. 14  Net aan die stam van die Leviete het hy nie ’n erfdeel gegee nie.+ Die vuuroffers+ van Jehovah, die God van Israel, is hulle erfdeel,+ net soos hy hulle beloof het.+ 15  Toe het Moses aan die stam van die kinders van Ruben ’n deel geskenk volgens hulle families, 16  en die gebied het hulle s’n geword van Aʹroër+ af, wat aan die oewer van die Arnonstroomvallei lê, en die stad wat in die middel van die stroomvallei lê, en die hele hoogvlakte by Medeʹba;+ 17  Hesbon+ en al sy stede+ wat op die hoogvlakte lê, Dibon+ en Bamot-Baäl+ en Bet-Baäl-Meon,+ 18  en Jahas+ en Kedeʹmot+ en Mefaʹät,+ 19  en Kirjataʹim+ en Sibma+ en Seret-Sahar op die berg van die laagvlakte, 20  en Bet-Peor en die hange van Pisga+ en Bet-Jeʹsimot,+ 21  en al die stede van die hoogvlakte+ en die hele koninklike gebied van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon regeer het+ en wat deur Moses verslaan is,+ saam met die owerstes van Miʹdian, Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba,+ die hertoë van Sihon, wat in die land gewoon het. 22  En Biʹleam, die seun van Beor,+ die waarsêer,+ was een wat saam met hulle gesneuweldes deur die kinders van Israel met die swaard doodgemaak is. 23  En die Jordaan het die grens van die kinders van Ruben geword; en as gebied was dit die erfdeel van die kinders van Ruben+ volgens hulle families, met die stede en hulle nedersettings. 24  Verder het Moses aan die stam Gad, die kinders van Gad, ’n deel geskenk volgens hulle families,+ 25  en Jaser+ het hulle gebied geword en al die stede van Giʹlead+ en die helfte van die land van die kinders van Ammon+ tot by Aʹroër,+ wat teenoor Rabba+ lê; 26  en van Hesbon+ af tot Ramat-Mispe en Beʹtonim en van Mahanaʹim+ af tot die grens van Debir;+ 27  en in die Bet-Haram-laagvlakte+ en Bet-Nimra+ en Sukkot+ en Safon, die res van die koninklike gebied van Sihon, die koning van Hesbon,+ met die Jordaan as die grens tot by die verste punt van die Kinneʹretsee+ aan die kant van die Jordaan na die ooste. 28  Dit was die erfdeel van die kinders van Gad+ volgens hulle families, met die stede en hulle nedersettings. 29  Verder het Moses aan die halwe stam van Manasʹse ’n deel geskenk, en dit het die halwe stam van die kinders van Manasʹse s’n geword volgens hulle families.+ 30  En van Mahanaʹim+ af het die hele Basan hulle gebied geword, die hele koninklike gebied van Og, die koning van Basan,+ en al die tentdorpe van Jaïr+ wat in Basan is, sestig stede. 31  En die helfte van Giʹlead, en Asʹtarot+ en Edreʹï,+ die stede van die koninklike gebied van Og in Basan, het gegaan na die kinders van Magir,+ die seun van Manasʹse, na die helfte van die kinders van Magir volgens hulle families. 32  Dit is wat Moses hulle in die woestynvlaktes van Moab aan die kant van die Jordaan, by Jeʹrigo, na die ooste, laat beërf het.+ 33  En aan die stam van die Leviete het Moses nie ’n erfdeel gegee nie.+ Jehovah, die God van Israel, is hulle erfdeel, net soos hy hulle beloof het.+

Voetnote