Josua 14:1-15

14  En dit is wat die kinders van Israel as erfbesitting in die land Kanaän geneem het,+ wat Eleaʹsar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel hulle laat beërf het.+  Hulle erfdeel is deur die lot toegewys,+ net soos Jehovah deur middel van Moses met betrekking tot die nege stamme en die halwe stam beveel het.+  Want Moses het die erfdeel van die ander twee stamme en die ander halwe stam aan die oorkant van die Jordaan gegee;+ en aan die Leviete het hy nie ’n erfdeel onder hulle gegee nie.+  Want die kinders van Josef het twee stamme geword,+ Manasʹse+ en Eʹfraim;+ en hulle het nie aan die Leviete ’n aandeel in die land gegee nie, behalwe stede+ om in te woon en hulle weivelde vir hulle vee en hulle eiendom.+  Net soos Jehovah Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen; en hulle het die land verdeel.  Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal,+ en Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, die Kenissiet,+ het vir hom gesê: “U ken die woord goed wat Jehovah in Kaʹdes-Barneʹa+ oor my en oor u tot Moses, die man van die ware God,+ gespreek het.+  Veertig jaar oud was ek toe Moses, die kneg van Jehovah, my van Kaʹdes-Barneʹa af uitgestuur het om die land te verken,+ en ek het gekom en vir hom berig gebring net soos dit in my hart was.+  En my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat smelt;+ maar wat my betref, ek het Jehovah my God volkome gevolg.+  Gevolglik het Moses daardie dag gesweer en gesê: ‘Die land waarop jou voet getrap het,+ sal joune en jou seuns s’n word as ’n erfdeel tot onbepaalde tyd, omdat jy Jehovah my God volkome gevolg het.’+ 10  En nou, kyk, Jehovah het my, net soos hy beloof het,+ in die lewe gehou+ hierdie vyf-en-veertig jaar sedert Jehovah hierdie belofte aan Moses gemaak het toe Israel in die wildernis gewandel het,+ en nou, kyk, ek is vandag vyf-en-tagtig jaar oud. 11  Tog is ek vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het.+ Soos my krag toe was, so is my krag nou vir die oorlog, om uit te gaan sowel as om in te kom.+ 12  En gee my nou hierdie bergstreek wat Jehovah daardie dag beloof het,+ want u het self daardie dag gehoor dat daar Enakiete+ en groot versterkte stede+ daar is. Waarskynlik sal Jehovah met my wees,+ en ek sal hulle sekerlik uit hulle besitting verdryf, net soos Jehovah beloof het.”+ 13  Daarop het Josua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefunʹne, Hebron as erfdeel gegee.+ 14  Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefunʹne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy Jehovah, die God van Israel, volkome gevolg het.+ 15  Die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba+ (die genoemde Arba+ was die groot man onder die Enakiete). En die land het gerus van oorlog.+

Voetnote