Josua 15:1-63

15  En die gebied van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle families, wat deur die lot+ toegewys is, was tot by die grens van Edom,+ die wildernis Zin,+ tot die suidelike punt van die Negeb.+  En hulle suidelike grens was van die verste punt van die Soutsee,+ van die baai af wat suidwaarts kyk.  En dit het suidwaarts na die opdraand van Akrabʹbim+ uitgegaan en na Zin+ geloop en van die suide na Kaʹdes-Barneʹa+ opgegaan en na Hesron geloop en na Addar opgegaan en met ’n boog na Karka gegaan.  En dit het verder na Asmon+ geloop en na die stroomvallei van Egipte+ uitgegaan; en die grens se eindpunt was by die see. Dit was hulle suidelike grens.  En die oostelike grens was die Soutsee tot die end van die Jordaan, en die grens by die noordelike hoek was by die baai van die see, by die end van die Jordaan.+  En die grens het na Bet-Hogla+ opgegaan en noord van Bet-Aʹraba+ geloop, en die grens het opgegaan na die klip van Bohan,+ die seun van Ruben.  En die grens het opgegaan na Debir by die Agorlaagvlakte+ en noordwaarts na Gilgal+ gedraai, wat teenoor die opdraand van Adumʹmim lê, wat suid van die stroomvallei is; en die grens het na die waters van En-Semes+ geloop, en sy eindpunt was En-Rogel.+  En die grens het opgegaan na die vallei van die seun van Hinnom,+ na die suidelike hang van die Jebusiete,+ dit wil sê Jerusalem;+ en die grens het opgegaan na die spits van die berg wat op die Hinnomvallei in die weste uitkyk, wat aan die noordelike einde van die Refaʹimlaagvlakte+ is.  En die grenslyn is van die spits van die berg af na die fontein van die waters van Neftoʹag+ getrek en het na die stede van die berg Efron uitgegaan; en die grenslyn is na Baʹäla,+ dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim,+ getrek. 10  En die grens het van Baʹäla af weswaarts met ’n boog na die berg Seïr gegaan en het na die noordelike hang van die berg Jeaʹrim, dit wil sê Keʹsalon, geloop; en dit het na Bet-Semes+ afgegaan en na Timna+ geloop. 11  En die grens het na die noordelike hang van Ekron+ uitgegaan, en die grenslyn is na Sikʹkeron getrek en het na die berg Baʹäla geloop en na Jabʹneël uitgegaan; en die grens se eindpunt was by die see. 12  En die westelike grens was by die Groot See+ en sy kusland. Dit was die grens rondom van die kinders van Juda volgens hulle families. 13  En aan Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, het hy, volgens die bevel van Jehovah aan Josua, ’n aandeel onder die kinders van Juda gegee, naamlik Kirjat-Arba (die genoemde Arba was die vader van Enak), dit wil sê Hebron.+ 14  Toe het Kaleb die drie seuns van Enak,+ naamlik Sesai+ en Ahiʹman en Talmai,+ dié wat uit Enak gebore is,+ daaruit verdryf. 15  Daarna het hy daarvandaan na die inwoners van Debir+ opgetrek. (En die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.)+ 16  En Kaleb het gesê: “Wie ook al Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek beslis my dogter Agsa+ as vrou gee.” 17  Daarop het Otʹniël,+ die seun van Kenas,+ Kaleb se broer, dit ingeneem. Gevolglik het hy aan hom sy dogter Agsa+ as vrou gegee. 18  En toe sy huis toe gaan, het sy hom aanhoudend aangespoor om ’n stuk grond van haar vader te vra. Toe het sy haar hande geklap terwyl sy op die esel was. Hierop het Kaleb vir haar gesê: “Wat wil jy hê?”+ 19  Toe het sy gesê: “Skenk my tog ’n seën, want u het my ’n stuk land in die suide gegee, en u moet my Gullot-Maim gee.” Gevolglik het hy haar Bo-Gullot en Onder-Gullot gegee.+ 20  Dit was die erfdeel+ van die stam van die kinders van Juda+ volgens hulle families. 21  En die stede aan die verste punt van die stam van die kinders van Juda in die rigting van die grens van Edom+ in die suide was Kabʹseël+ en Eder en Jagur, 22  en Kina en Dimoʹna en Adaʹda, 23  en Kedes en Hasor en Jitnan, 24  Sif en Telem+ en Beʹalot, 25  en Haʹsor-Hadatʹta en Keʹrijot-Hesʹron, dit wil sê Hasor, 26  Amam en Sema en Moʹlada,+ 27  en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Pelet,+ 28  en Hasar-Sual+ en Berseʹba+ en Bisjotʹja, 29  Baʹäla+ en Ijjim en Esem,+ 30  en Elʹtolad en Kesil en Horma,+ 31  en Siklag+ en Madmanʹna en Sansanʹna, 32  en Lebaʹot en Silhim en Ajin+ en Rimmon;+ altesaam nege-en-twintig stede, tesame met hulle nedersettings. 33  In die Sjefeʹla+ was daar Estaʹol+ en Sora+ en Asna, 34  en Sanoʹag+ en En-Gannim, Tappuʹag en Enam, 35  Jarmut+ en Adulʹlam,+ Sogo+ en Aseʹka,+ 36  en Saäraʹim+ en Aditaʹim en Gedeʹra en Gederotaʹim; veertien stede en hulle nedersettings. 37  Senan en Hadaʹsa en Migdal-Gad, 38  en Diʹlean en Mispe en Jokʹteël, 39  Lagis+ en Boskat+ en Eglon,+ 40  en Kabbon en Lagmam en Kitlis, 41  en Gedeʹrot, Bet-Dagon en Naäma en Makkeʹda;+ sestien stede en hulle nedersettings. 42  Libna+ en Eter+ en Asan, 43  en Jiftag en Asna en Nesib, 44  en Kehiʹla+ en Agsib+ en Mareʹsa;+ nege stede en hulle nedersettings. 45  Ekron+ en sy afhanklike dorpe en sy nedersettings. 46  Van Ekron af weswaarts alles wat langs Asdod lê en hulle nedersettings. 47  Asdod,+ sy afhanklike dorpe en sy nedersettings; Gasa,+ sy afhanklike dorpe en sy nedersettings, tot by die stroomvallei van Egipte, en die Groot See en die aangrensende streek.+ 48  En in die bergstreek: Samir en Jattir+ en Sogo, 49  en Danna en Kirjat-Sanna, dit wil sê Debir, 50  en Anab en Esteʹmo+ en Anim, 51  en Gosen+ en Holon en Gilo;+ elf stede en hulle nedersettings. 52  Arab en Duma en Esan, 53  en Janim en Bet-Tappuʹag en Afeʹka, 54  en Humta en Kirjat-Arba, dit wil sê Hebron,+ en Sior; nege stede en hulle nedersettings. 55  Maon,+ Karmel en Sif+ en Jutta, 56  en Jisʹreël en Jokʹdeam en Sanoʹag, 57  Kajin, Giʹbea en Timna;+ tien stede en hulle nedersettings. 58  Halhul, Bet-Sur en Gedor, 59  en Maʹärat en Bet-Anot en Elʹtekon; ses stede en hulle nedersettings. 60  Kirjat-Baäl,+ dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim,+ en Rabba; twee stede en hulle nedersettings. 61  In die wildernis: Bet-Aʹraba,+ Middin en Segaʹga, 62  en Nibsan en die Soutstad en En-Gedi;+ ses stede en hulle nedersettings. 63  Wat die Jebusiete+ betref wat in Jerusalem+ gewoon het, die kinders van Juda kon hulle nie verdryf nie;+ en die Jebusiete woon nog tot vandag toe saam met die kinders van Juda in Jerusalem.

Voetnote