Josua 16:1-10

16  En die lot+ het vir die kinders van Josef+ uitgekom: van die Jordaan+ by Jeʹrigo af tot die waters van Jeʹrigo in die ooste, die wildernis wat van Jeʹrigo af na die bergstreek van Bet-El+ oploop.  En dit het uitgegaan van Bet-El af, wat aan Lus behoort,+ en na die grens van die Arkiete+ by Aʹtarot geloop,  en dit het weswaarts na die grens van die Jafletiete afgegaan tot by die grens van Onder-Bet-Horon+ en Geser,+ en die eindpunt daarvan was by die see.+  En die kinders van Josef,+ Manasʹse en Eʹfraim,+ het grond in besit geneem.+  En die grens van die kinders van Eʹfraim volgens hulle families was, ja, die grens van hulle erfdeel in die ooste was Aʹtarot-Adʹdar+ tot by Bo-Bet-Horon;+  en die grens het na die see uitgegaan. Migʹmetat+ was in die noorde, en die grens het met ’n boog ooswaarts na Taʹänat-Siʹlo gegaan en ooswaarts na Janoʹag geloop.  En dit het van Janoʹag na Aʹtarot en Naʹära afgegaan en tot by Jeʹrigo+ gestrek en na die Jordaan uitgegaan.  Van Tappuʹag+ af het die grens verder weswaarts na die Kanastroomvallei+ geloop, en sy eindpunt was by die see.+ Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Eʹfraim volgens hulle families.  En die kinders van Eʹfraim het ingeslote stede+ in die erfdeel van die kinders van Manasʹse gehad, al die stede en hulle nedersettings. 10  En hulle het nie die Kanaäniete verdryf+ wat in Geser+ gewoon het nie, en die Kanaäniete woon nog tot vandag toe onder Eʹfraim+ en is aan slaafse dwangarbeid onderwerp.+

Voetnote