Josua 17:1-18

17  En die lot+ was vir die stam Manasʹse,+ omdat hy Josef se eersgeborene was,+ vir Magir,+ die eersgeborene van Manasʹse, die vader van Giʹlead,+ omdat hy ’n krygsman was;+ en hy het Giʹlead+ en Basan ontvang.  En daar was ’n lot vir die oorblywende kinders van Manasʹse volgens hulle families, vir die kinders van Abiëser+ en die kinders van Helek+ en die kinders van Asʹriël en die kinders van Sigem+ en die kinders van Hefer en die kinders van Semiʹda.+ Dit was die kinders van Manasʹse, die seun van Josef, die manspersone volgens hulle families.  Wat Selofʹhad+ betref, die seun van Hefer, die seun van Giʹlead, die seun van Magir, die seun van Manasʹse, hy het nie seuns gehad nie, maar dogters, en dít was die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.+  Toe het hulle voor Eleaʹsar,+ die priester, en Josua, die seun van Nun, en die owerstes verskyn en gesê: “Dit was Jehovah wat Moses beveel het om ons ’n erfdeel onder ons broers te gee.”+ Gevolglik het hy hulle, op bevel van Jehovah, ’n erfdeel onder die broers van hulle vader gegee.+  En tien toegemete dele het Manasʹse toegeval, benewens die land Giʹlead en Basan, wat aan die oorkant van die Jordaan was;+  want die dogters van Manasʹse het ’n erfdeel onder sy seuns ontvang; en die land Giʹlead het die eiendom van die oorblywende kinders van Manasʹse geword.  En die grens van Manasʹse was van Aser tot Migʹmetat,+ wat teenoor Sigem+ lê, en die grens het regs na die inwoners van En-Tappuʹag geloop.  Die land van Tappuʹag+ het Manasʹse s’n geword, maar Tappuʹag op die grens van Manasʹse het aan die kinders van Eʹfraim behoort.  En die grens het afgegaan na die Kanastroomvallei, suidwaarts na die stroomvallei van hierdie stede+ van Eʹfraim tussen die stede van Manasʹse, en die grens van Manasʹse was noord van die stroomvallei, en sy eindpunt was by die see.+ 10  Na die suide was dit Eʹfraim s’n en na die noorde Manasʹse s’n, en die see was sy grens;+ en in die noorde strek hulle tot by Aser en in die ooste tot by Isʹsaskar. 11  En Manasʹse+ het in Isʹsaskar en in Aser ontvang: Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe en Jibʹleam+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Dor+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van En-Dor+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Megidʹdo+ en sy afhanklike dorpe, drie van die hoogtes. 12  En die kinders van Manasʹse kon nie hierdie stede in besit neem nie,+ maar die Kanaäniete het in dié land bly woon.+ 13  En toe die kinders van Israel sterk geword het,+ het hulle die Kanaäniete dwangarbeid opgelê,+ en hulle het hulle nie heeltemal uit hulle besitting verdryf nie.+ 14  En die kinders van Josef het met Josua gepraat en gesê: “Waarom het u my net een lot+ en een toegemete deel as erfdeel gegee, terwyl ek ’n talryke volk is omdat Jehovah my tot nou toe geseën het?”+ 15  Hierop het Josua vir hulle gesê: “As jy ’n talryke volk is, trek dan op na die woud, en jy moet dit vir jou daar in die land van die Perissiete+ en die Refaïete+ uitkap, want die bergstreek+ van Eʹfraim het vir jou te nou geword.” 16  Toe het die kinders van Josef gesê: “Die bergstreek is nie vir ons genoeg nie, en daar is strydwaens+ met ystersense onder al die Kanaäniete wat in die land van die laagvlakte woon, dié wat in Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe is sowel as dié wat in die laagvlakte van Jisʹreël+ is.” 17  Toe het Josua vir die huis van Josef, vir Eʹfraim en Manasʹse, gesê: “Jy is ’n talryke volk, en jy het groot krag.+ Jy behoort nie net een lot te kry nie,+ 18  maar die bergstreek sal joune word.+ Omdat dit ’n woud is, moet jy dit uitkap, en dit sal vir jou die eindpunt word. Want jy moet die Kanaäniete verdryf, al het hulle strydwaens met ystersense en al is hulle sterk.”+

Voetnote