Josua 18:1-28

18  Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo+ bymekaargekom, en hulle het die tent van samekoms daar opgerig,+ aangesien die land nou voor hulle onderwerp was.+  Maar daar het nog onder die kinders van Israel dié oorgebly wie se erfdeel hulle nie uitgedeel het nie, naamlik sewe stamme.  Toe het Josua vir die kinders van Israel gesê: “Hoe lank gaan julle julle traag hou om in te gaan om die land in besit te neem+ wat Jehovah, die God van julle voorvaders, aan julle gegee het?+  Neem vir julle drie manne uit elke stam en laat ek hulle uitstuur, sodat hulle kan opstaan en die land kan deurkruis en dit kan afteken ooreenkomstig hulle erfdeel, en laat hulle na my toe kom.+  En hulle moet dit onder mekaar in sewe dele verdeel.+ Juda sal op sy gebied in die suide bly staan,+ en die huis van Josef sal op hulle gebied in die noorde bly staan.+  Wat julle betref, julle moet die land in sewe dele afteken, en julle moet dit hier na my toe bring, en ek sal hier vir julle voor Jehovah ons God die lot werp.+  Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie,+ omdat die priesterskap van Jehovah hulle erfdeel is;+ en Gad en Ruben+ en die halwe stam van Manasʹse+ het hulle erfdeel aan die kant van die Jordaan na die ooste geneem, wat Moses, die kneg van Jehovah, hulle gegee het.”+  Toe het die manne opgestaan sodat hulle kon gaan, en Josua het dié wat die land sou gaan afteken, beveel+ en gesê: “Gaan en deurkruis die land en teken dit af en keer na my toe terug, en hier sal ek vir julle voor Jehovah in Silo+ die lot werp.”+  Daarop het die manne gegaan en deur die land getrek en dit volgens die stede in sewe dele in ’n boek afgeteken.+ Daarna het hulle na Josua toe gekom in die kamp in Silo, 10  en Josua het vir hulle in Silo voor Jehovah die lot gewerp.+ So het Josua daar die land aan die kinders van Israel volgens hulle dele verdeel.+ 11  Toe het die lot+ opgekom van die stam van die kinders van Benjamin+ volgens hulle families, en die gebied wat deur die lot aan hulle toegewys is, het tussen die kinders van Juda+ en die kinders van Josef+ gestrek. 12  En hulle grens by die noordelike hoek was van die Jordaan af, en die grens het na die noordelike hang van Jeʹrigo+ opgegaan en weswaarts teen die berg opgegaan, en sy eindpunt was by die wildernis van Bet-Awen.+ 13  En die grens het daarvandaan na Lus geloop,+ by die suidelike hang van Lus, dit wil sê Bet-El;+ en die grens het afgegaan na Aʹtarot-Adʹdar+ op die berg wat suid van Onder-Bet-Horon lê.+ 14  En die grenslyn is getrek en het aan die westekant met ’n boog suid gegaan van die berg af wat na die suide teenoor Bet-Horon lê; en sy eindpunt was by Kirjat-Baäl, dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim,+ ’n stad van die kinders van Juda. Dit is die westekant. 15  En die suidekant was van die verste punt van Kirʹjat-Jeaʹrim af, en die grens het weswaarts uitgegaan en na die fontein van die waters van Neftoʹag+ uitgegaan. 16  En die grens het na die uiteinde van die berg afgegaan wat op die vallei van die seun van Hinnom+ uitkyk, wat in die Refaʹimlaagvlakte+ aan die noordekant lê, en dit het afgegaan na die Hinnomvallei, na die suidelike hang van die Jebusiete,+ en het na En-Rogel+ afgegaan. 17  En dit is in ’n noordelike rigting getrek en het na En-Semes uitgegaan en het na Geʹlilot uitgegaan, wat teenoor die opdraand van Adummim+ lê; en dit het afgegaan na die klip+ van Bohan,+ die seun van Ruben. 18  En dit het na die noordelike hang teenoor die Aʹraba geloop en na die Aʹraba afgegaan. 19  En die grens het na die noordelike hang van Bet-Hogla+ geloop, en die eindpunt daarvan (van die grens) was by die noordelike baai van die Soutsee+ aan die suidelike end van die Jordaan. Dit was die suidelike grens. 20  En die Jordaan het as sy grens aan die oostekant gedien. Dit was die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle families, volgens sy grense rondom. 21  En die stede van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle families was: Jeʹrigo+ en Bet-Hogla en Emek-Kesis, 22  en Bet-Aʹraba+ en Semaraʹim en Bet-El,+ 23  en Awwim en Para en Ofra,+ 24  en Keʹfar-Ammoʹni en Ofni en Geba;+ twaalf stede en hulle nedersettings. 25  Giʹbeon+ en Rama en Beʹërot, 26  en Mispe+ en Kefiʹra+ en Moza, 27  en Rekem en Jirʹpeël en Taʹrala, 28  en Sela,+ Ha-Elef en Jebuʹsi, dit wil sê Jerusalem,+ Giʹbea+ en Kirjat; veertien stede en hulle nedersettings. Dit was die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle families.+

Voetnote