Josua 19:1-51

19  Toe het die tweede lot+ uitgekom vir Siʹmeon, vir die stam van die kinders van Siʹmeon+ volgens hulle families. En hulle erfdeel was binne-in die erfdeel van die kinders van Juda.+  En hulle het in hulle erfdeel ontvang: Berseʹba+ met Seba, en Moʹlada,+  en Hasar-Sual+ en Bala en Esem,+  en Elʹtolad+ en Betul en Horma,  en Siklag+ en Bet-Markaʹbot en Hasar-Susa,+  en Bet-Lebaʹot+ en Saruʹhen; dertien stede en hulle nedersettings.  Ajin,+ Rimmon+ en Eter en Asan;+ vier stede en hulle nedersettings,  en al die nedersettings wat rondom hierdie stede gelê het, tot by Baʹälat-Beʹër,+ Rama+ van die suide. Dit was die erfdeel van die stam van die kinders van Siʹmeon volgens hulle families.  Die erfdeel van die kinders van Siʹmeon was uit die toegemete deel van die kinders van Juda, want die deel van die kinders van Juda was vir hulle te groot.+ Daarom het die kinders van Siʹmeon ’n besitting binne-in hulle erfdeel gekry.+ 10  Daarna het die derde lot+ opgekom vir die kinders van Seʹbulon+ volgens hulle families, en die grens van hulle erfdeel was tot by Sarid. 11  En hulle grens het ook weswaarts na Maʹreal opgegaan en tot by Dabbeʹset gestrek en tot by die stroomvallei gestrek wat teenoor Jokʹneam+ is. 12  En van Sarid af het dit ooswaarts teruggegaan in die rigting van die sonsopgang na die grens van Kislot-Tabor en uitgegaan na Daʹberat+ en opgegaan na Jaʹfia. 13  En daarvandaan het dit ooswaarts geloop in die rigting van die sonsopgang na Gat-Hefer,+ na Et-Kasin, en na Rimmon uitgegaan en is dit na Nea getrek. 14  En die grens het met ’n boog noord daaromheen na Hannaʹton gegaan, en sy eindpunt was by die vallei Jiftag-El, 15  en Kattat en Naʹhalal en Simron+ en Jiʹdala en Betlehem;+ twaalf stede en hulle nedersettings. 16  Dit was die erfdeel+ van die kinders van Seʹbulon volgens hulle families.+ Dit was die stede en hulle nedersettings. 17  Vir Isʹsaskar+ het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Isʹsaskar volgens hulle families. 18  En hulle grens was tot by Jisʹreël+ en Kesulʹlot en Sunem,+ 19  en Hafaraʹim en Sjion en Anahaʹrat, 20  en Rabbit en Kisjon en Ebes, 21  en Remet en En-Gannim+ en En-Hadda en Bet-Passes. 22  En die grens het tot by Tabor+ en Sahasuʹma en Bet-Semes gestrek, en die eindpunt van hulle grens was by die Jordaan; sestien stede en hulle nedersettings. 23  Dit was die erfdeel van die stam van die kinders van Isʹsaskar volgens hulle families,+ die stede en hulle nedersettings. 24  Toe het die vyfde lot+ uitgekom vir die stam van die kinders van Aser+ volgens hulle families. 25  En hulle grens was: Helkat+ en Hali en Beten en Agsaf,+ 26  en Allammeʹleg en Amad en Misal.+ En dit het weswaarts tot by die Karmel+ en tot by Sihor-Libnat gestrek, 27  en dit het teruggegaan in die rigting van die sonsopgang na Bet-Dagon en het tot by Seʹbulon+ en die Jiftag-El-vallei in die noorde gestrek, tot by Bet-Emek en Neïel, en dit het na Kabul aan die linkerkant uitgegaan, 28  en na Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by die volkryke Sidon.+ 29  En die grens het teruggegaan na Rama en tot by die versterkte stad Tirus.+ En die grens het teruggegaan na Hosa, en sy eindpunt was by die see in die streek van Agsib,+ 30  en Umma en Afek+ en Rehob;+ twee-en-twintig stede en hulle nedersettings. 31  Dit was die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle families.+ Dit was die stede en hulle nedersettings. 32  Vir die kinders van Nafʹtali+ het die sesde lot+ uitgekom, vir die kinders van Nafʹtali volgens hulle families. 33  En hulle grens was van Helef, van die groot boom in Saänanʹnim+ af, en Adaʹmi-Neʹkeb en Jabʹneël tot by Lakkum; en sy eindpunt was by die Jordaan. 34  En die grens het weswaarts na Asnot-Tabor teruggegaan en het daarvandaan na Hukkok uitgegaan en tot by Seʹbulon+ in die suide gestrek, en dit het tot by Aser+ in die weste gestrek en tot by Juda+ by die Jordaan teen die sonsopgang. 35  En die versterkte stede was: Tsiddim, Ser en Hammat,+ Rakkat en Kinneʹret,+ 36  en Adaʹma en Rama en Hasor,+ 37  en Kedes+ en Edreʹï en En-Hasor, 38  en Jiron en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes;+ negentien stede en hulle nedersettings. 39  Dit was die erfdeel+ van die stam van die kinders van Nafʹtali volgens hulle families,+ die stede en hulle nedersettings. 40  Vir die stam van die kinders van Dan+ volgens hulle families het die sewende lot+ uitgekom. 41  En die grens van hulle erfdeel was: Sora+ en Estaʹol en Ir-Semes, 42  en Saälabʹbin+ en Aʹjalon+ en Jitla, 43  en Elon en Timna+ en Ekron,+ 44  en Elʹteke en Gibʹbeton+ en Baʹälat,+ 45  en Jehud en Beneʹ-Berak en Gat-Rimmon,+ 46  en Meʹ-Jarkon en Rakkon, met die grens teenoor Joppe.+ 47  En die gebied van die kinders van Dan was vir hulle te klein.+ En die kinders van Dan het opgetrek en teen Lesem+ oorlog gevoer en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard geslaan. Toe het hulle dit in besit geneem en daarin gewoon, en hulle het Lesem Dan begin noem, na die naam van hulle voorvader Dan.+ 48  Dit was die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle families. Dit was die stede en hulle nedersettings. 49  So het hulle die verdeling van die land as ’n besitting volgens sy gebiede voltooi. Toe het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee. 50  Op bevel van Jehovah het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het,+ naamlik Timnat-Serag,+ in die bergstreek van Eʹfraim; en hy het begin om die stad op te bou en daarin te woon. 51  Dit was die erfdele wat Eleaʹsar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel in Silo+ voor Jehovah, by die ingang van die tent van samekoms,+ deur die lot as ’n besitting verdeel het.+ Toe het hulle opgehou met die verdeling van die land.

Voetnote