Josua 2:1-24

2  Daarop het Josua, die seun van Nun, in die geheim uit Sittim+ twee manne as spioene uitgestuur en gesê: “Gaan, bekyk die land en Jeʹrigo.” Toe het hulle gegaan en by die huis gekom van ’n prostituut met die naam Ragab,+ en hulle het daar gaan bly.  Na ’n ruk is daar vir die koning van Jeʹrigo gesê: “Kyk! Manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken.”  Daarop het die koning van Jeʹrigo na Ragab gestuur en gesê: “Bring die manne uit wat na jou toe gekom het, wat in jou huis ingekom het, want hulle het gekom om die hele land te verken.”+  Intussen het die vrou die twee manne geneem en hulle weggesteek. En sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, en ek het nie geweet van waar hulle was nie.  En toe die poort teen donker toegemaak moes word,+ het die manne uitgegaan. Ek weet glad nie waarheen die manne gegaan het nie. Sit hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.”  (Sy het hulle egter opgeneem dak toe,+ en sy het hulle weggesteek tussen vlasstingels wat vir haar op die dak in rye gelê is.)  En die manne het hulle agternagesit in die rigting van die Jordaan by die driwwe,+ en hulle het die poort gesluit onmiddellik nadat dié wat hulle agternagesit het, daar uitgegaan het.  Wat hulle betref, voordat hulle kon gaan lê, het sy na hulle toe opgeklim op die dak.  En sy het vir die manne gesê: “Ek weet dat Jehovah beslis die land aan julle sal gee,+ en dat die skrik vir julle op ons geval het,+ en dat al die inwoners van die land mismoedig geword het weens julle.+ 10  Want ons het gehoor hoe Jehovah die waters van die Rooi See voor julle laat opdroog het toe julle uit Egipte uitgetrek het,+ en wat julle met die twee konings van die Amoriete gedoen het wat aan die oorkant van die Jordaan was, naamlik Sihon+ en Og,+ wat julle aan vernietiging oorgegee het.+ 11  Toe ons dit hoor, het ons hart begin smelt,+ en weens julle het daar nog geen gees in enigiemand opgekom nie,+ want Jehovah julle God is God in die hemel daar bo en op die aarde hier onder.+ 12  En sweer dan nou asseblief vir my by Jehovah+ dat julle, omdat ek liefderyke goedhartigheid teenoor julle bewys het, ook beslis liefderyke goedhartigheid teenoor die huisgesin van my vader sal bewys,+ en julle moet my ’n betroubare teken gee.+ 13  En julle moet my vader+ en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, laat lewe, en julle moet ons siel van die dood verlos.”+ 14  Daarop het die manne vir haar gesê: “Ons siel moet in julle plek sterf!+ As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, sal ons, wanneer Jehovah ons die land gee, ook beslis liefderyke goedhartigheid en trou teenoor jou bewys.”+ 15  Daarna het sy hulle met ’n tou deur die venster laat afklim, want haar huis was aan ’n kant van die muur, en sy het op die muur gewoon.+ 16  En sy het vir hulle gesê: “Gaan na die bergstreek, sodat die agtervolgers julle nie teëkom nie; en julle moet drie dae daar wegkruip, totdat die agtervolgers teruggekom het, en daarna kan julle julle eie rigting inslaan.” 17  Hierop het die manne vir haar gesê: “Ons is vry van skuld met betrekking tot hierdie eed van jou wat jy ons laat sweer het.+ 18  Kyk! Ons kom in die land in. Hierdie tou van skarlaken draad moet jy in die venster bind waardeur jy ons laat afklim het, en jou vader en jou moeder en jou broers en die hele huisgesin van jou vader moet jy by jou in die huis versamel.+ 19  En elkeen wat by die deure van jou huis uitgaan buitentoe,+ sy bloed sal op sy eie hoof wees, en ons sal vry wees van skuld; en elkeen wat by jou in die huis bly, sy bloed sal op ons hoof wees as ’n hand teen hom kom. 20  En as jy hierdie saak van ons sou aangee,+ sal ons ook vry wees van skuld met betrekking tot hierdie eed van jou wat jy ons laat sweer het.” 21  Hierop het sy gesê: “Laat dit wees volgens julle woorde.” Toe het sy hulle weggestuur, en hulle het weggegaan. Daarna het sy die skarlaken tou in die venster gebind. 22  Hulle het toe gegaan en in die bergstreek gekom en drie dae daar gebly, totdat die agtervolgers teruggekom het. En die agtervolgers het hulle op elke pad gesoek, en hulle het hulle nie gevind nie. 23  En die twee manne het weer uit die bergstreek afgekom en oorgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom, en hulle het hom alles begin vertel wat met hulle gebeur het. 24  En hulle het vir Josua gesê: “Jehovah het die hele land in ons hand gegee.+ Gevolglik het al die inwoners van die land ook mismoedig geword weens ons.”+

Voetnote