Josua 20:1-9

20  Toe het Jehovah met Josua gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Wys vir julle die vrystede+ aan waaroor ek deur middel van Moses met julle gepraat het,  sodat hy wat iemand doodmaak,+ wat ’n siel onopsetlik, sonder om dit te weet, doodslaan, daarheen kan vlug; en hulle moet vir julle as ’n toevlug teen die bloedwreker+ dien.  En hy moet na een van hierdie stede vlug+ en by die ingang van die stadspoort+ staan en sy woorde ten aanhore van die ouer manne+ van daardie stad spreek; en hulle moet hom by hulle in die stad opneem en hom ’n plek gee, en hy moet by hulle woon.  En as die bloedwreker hom agternasit, moet hulle hom wat iemand doodgemaak het, nie in sy hand oorlewer nie;+ want hy het sy medemens doodgeslaan sonder om dit te weet, en hy het hom nie voorheen gehaat nie.+  En hy moet in daardie stad woon totdat hy voor die vergadering tereggestaan het,+ tot die dood van die hoëpriester+ wat in dié dae daar is. Dan mag hy wat iemand doodgemaak het, terugkeer,+ en hy moet in sy stad en in sy huis ingaan, in die stad waaruit hy gevlug het.’”  Toe het hulle ’n heilige status gegee aan Kedes+ in Galileʹa in die bergstreek van Nafʹtali, en Sigem+ in die bergstreek van Eʹfraim, en Kirjat-Arba,+ dit wil sê Hebron, in die bergstreek van Juda.  En in die Jordaanstreek, by Jeʹrigo, teen die ooste, het hulle Beser+ in die wildernis op die hoogvlakte uit die stam Ruben+ gegee, en Ramot+ in Giʹlead uit die stam Gad, en Golan+ in Basan uit die stam Manasʹse.  Dit het die stede geword wat bepaal is vir al die kinders van Israel en vir die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder hulle woon, sodat enigeen wat ’n siel onopsetlik doodslaan, daarheen kan vlug,+ sodat hy nie deur die hand van die bloedwreker sterf voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.+

Voetnote