Josua 21:1-45

21  Die hoofde van die vaderhuise van die Leviete het toe nader gekom na Eleaʹsar,+ die priester, en Josua,+ die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel,  en hulle het in Silo+ in die land Kanaän met hulle gepraat en gesê: “Jehovah het deur middel van Moses beveel dat stede aan ons gegee moet word om in te woon, tesame met hulle weivelde vir ons mak diere.”+  Daarom het die kinders van Israel, op bevel van Jehovah, uit hulle erfdeel hierdie stede en hulle weivelde+ aan die Leviete gegee.+  Toe het die lot uitgekom vir die families van die Kehatiete,+ en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het deur die lot dertien stede ontvang uit die stam Juda+ en uit die stam van die Simeoniete+ en uit die stam Benjamin.+  En vir die oorblywende kinders van Kehat+ was daar deur die lot tien stede uit die families van die stam Eʹfraim+ en uit die stam Dan+ en uit die halwe stam van Manasʹse.+  En vir die kinders van Gerson+ was daar deur die lot dertien stede uit die families van die stam Isʹsaskar+ en uit die stam Aser+ en uit die stam Nafʹtali+ en uit die halwe stam van Manasʹse in Basan.+  Vir die kinders van Meraʹri+ volgens hulle families was daar twaalf stede uit die stam Ruben+ en uit die stam Gad+ en uit die stam Seʹbulon+  So het die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede en hulle weivelde+ deur die lot gegee,+ net soos Jehovah deur middel van Moses beveel het.+  En uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Siʹmeon het hulle hierdie stede gegee wat by name genoem is,+ 10  en die kinders van Aäron, uit die families van die Kehatiete, van die kinders van Levi, het hulle ontvang, omdat die eerste lot vir hulle was.+ 11  Hulle het derhalwe Kirjat-Arba+ (die genoemde Arba was die vader van Enak),+ dit wil sê Hebron,+ in die bergstreek van Juda,+ en sy omliggende weiveld aan hulle gegee; 12  en die saailand van die stad en sy nedersettings het hulle aan Kaleb, die seun van Jefunʹne, as sy besitting gegee.+ 13  En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle die vrystad+ vir hom wat iemand doodgemaak het,+ naamlik Hebron,+ en sy weiveld gegee, ook Libna+ en sy weiveld, 14  en Jattir+ en sy weiveld, en Estemoʹa+ en sy weiveld, 15  en Holon+ en sy weiveld, en Debir+ en sy weiveld, 16  en Ajin+ en sy weiveld, en Jutta+ en sy weiveld, Bet-Semes+ en sy weiveld; nege stede uit hierdie twee stamme. 17  En uit die stam Benjamin: Giʹbeon+ en sy weiveld, Geba+ en sy weiveld, 18  Aʹnatot+ en sy weiveld, en Almon+ en sy weiveld; vier stede. 19  Die stede van die kinders van Aäron,+ die priesters, was altesaam dertien stede en hulle weivelde.+ 20  En die families van die kinders van Kehat, die Leviete wat oorgebly het van die kinders van Kehat, het deur hulle lot stede uit die stam Eʹfraim ontvang.+ 21  En hulle het aan hulle die vrystad+ gegee vir hom wat iemand doodgemaak het,+ naamlik Sigem,+ en sy weiveld+ in die bergstreek van Eʹfraim, en Geser+ en sy weiveld, 22  en Kibsaʹim+ en sy weiveld, en Bet-Horon+ en sy weiveld; vier stede. 23  En uit die stam Dan: Elʹteke en sy weiveld, Gibʹbeton+ en sy weiveld, 24  Aʹjalon+ en sy weiveld, Gat-Rimmon+ en sy weiveld; vier stede. 25  En uit die halwe stam van Manasʹse: Taʹänag+ en sy weiveld, en Gat-Rimmon en sy weiveld; twee stede. 26  Die stede met hulle weivelde wat die families van die oorblywende kinders van Kehat gehad het, was altesaam tien. 27  En vir die kinders van Gerson,+ uit die families van die Leviete, was daar uit die halwe stam van Manasʹse+ die vrystad vir hom wat iemand doodgemaak het, naamlik Golan,+ in Basan, en sy weiveld, en Beësteʹra+ en sy weiveld; twee stede. 28  En uit die stam Isʹsaskar:+ Kisjon+ en sy weiveld, Daʹberat+ en sy weiveld, 29  Jarmut+ en sy weiveld, En-Gannim+ en sy weiveld; vier stede. 30  En uit die stam Aser:+ Misal+ en sy weiveld, Abdon+ en sy weiveld, 31  Helkat+ en sy weiveld, en Rehob+ en sy weiveld; vier stede. 32  En uit die stam Nafʹtali:+ die vrystad+ vir hom wat iemand doodgemaak het,+ naamlik Kedes+ in Galileʹa, en sy weiveld, Hammot-Dor+ en sy weiveld, en Kartan en sy weiveld; drie stede. 33  Die stede van die Gersoniete volgens hulle families was altesaam dertien stede en hulle weivelde. 34  En die families van die kinders van Meraʹri,+ die oorblywende Leviete, het uit die stam Seʹbulon+ gehad: Jokʹneam+ en sy weiveld, Karta en sy weiveld, 35  Dimna+ en sy weiveld, Naʹhalal+ en sy weiveld; vier stede. 36  En uit die stam Ruben:+ Beser+ en sy weiveld, en Jahas+ en sy weiveld, 37  Kedeʹmot+ en sy weiveld, en Mefaʹät+ en sy weiveld; vier stede. 38  En uit die stam Gad:+ die vrystad vir hom wat iemand doodgemaak het, naamlik Ramot in Giʹlead,+ en sy weiveld, en Mahanaʹim+ en sy weiveld, 39  Hesbon+ en sy weiveld, Jaser+ en sy weiveld; altesaam vier stede. 40  Die stede wat die kinders van Meraʹri+ ontvang het volgens hulle families, wat oorgebly het van die families van die Leviete, was, as hulle lot, altesaam twaalf stede. 41  Die stede van die Leviete in die besitting van die kinders van Israel was altesaam agt-en-veertig stede+ tesame met hulle weivelde.+ 42  Hierdie stede was elk ’n stad met sy omliggende weiveld—so was dit met al hierdie stede.+ 43  So het Jehovah aan Israel die hele land gegee wat hy met ’n eed beloof het om aan hulle voorvaders te gee,+ en hulle het dit in besit geneem+ en daarin gewoon. 44  Daarbenewens het Jehovah hulle aan alle kante rus gegee,+ ooreenkomstig alles wat hy hulle voorvaders met ’n eed beloof het,+ en nie een van al hulle vyande het voor hulle standgehou nie.+ Al hulle vyande het Jehovah in hulle hand gegee.+ 45  Geen belofte van al die goeie beloftes wat Jehovah aan die huis van Israel gemaak het, het onvervuld gebly nie; alles is bewaarheid.+

Voetnote