Josua 23:1-16

23  En baie dae nadat Jehovah Israel rus gegee het+ van al hulle vyande rondom, toe Josua oud en gevorderd in dae was,+  het Josua die hele Israel, sy ouer manne en sy hoofde en sy regters en sy beamptes,+ geroep+ en vir hulle gesê: “Wat my betref, ek het oud geword, ek is gevorderd in dae.  En wat julle betref, julle het alles gesien wat Jehovah julle God ter wille van julle met al hierdie nasies gedoen het,+ want Jehovah julle God het vir julle geveg.+  Kyk, ek het hierdie nasies wat oorbly, deur die lot+ as erfdeel aan julle stamme toegewys, asook al die nasies wat ek uitgeroei het,+ van die Jordaan af tot by die Groot See teen die sonsondergang.+  En Jehovah julle God het hulle voor julle uit bly wegstoot,+ en hy het hulle ter wille van julle uit hulle besitting verdryf, en julle het hulle land in besit geneem, net soos Jehovah julle God julle beloof het.+  “En julle moet baie moedig wees+ om alles wat in die wetboek+ van Moses geskrywe staan, te onderhou en te doen, deur nooit regs of links daarvan af te wyk nie,+  deur nooit onder hierdie nasies, dié wat by julle oorbly, in te gaan nie.+ En julle mag nie die name van hulle gode vermeld+ of by hulle sweer nie,+ en ook mag julle hulle nie dien of julle voor hulle neerbuig nie.+  Maar Jehovah julle God moet julle aankleef,+ net soos julle tot vandag toe gedoen het.  En Jehovah sal groot en magtige nasies voor julle uit verdryf.+ (Wat julle betref, niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.)+ 10  Net een man van julle sal duisend agternasit,+ want Jehovah julle God veg vir julle,+ net soos hy julle beloof het.+ 11  En julle moet voortdurend op julle hoede wees+ ten opsigte van julle siel, deur Jehovah julle God lief te hê.+ 12  “Maar as julle julle enigsins sou afkeer+ en julle wel aankleef wat oor is van hierdie nasies,+ dié wat by julle oorbly, en julle huweliksverbintenisse met hulle aangaan+ en onder hulle ingaan, en hulle onder julle, 13  moet julle beslis weet dat Jehovah julle God nie sal voortgaan om hierdie nasies ter wille van julle uit hulle besitting te verdryf nie;+ en hulle sal vir julle ’n val en ’n strik en ’n gesel in julle sye+ en dorings in julle oë word totdat julle vergaan het uit hierdie goeie land wat Jehovah julle God aan julle gegee het.+ 14  “En kyk! ek gaan vandag die weg van die hele aarde,+ en julle weet goed met julle hele hart en met julle hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat Jehovah julle God met julle gespreek het, onvervuld gebly het nie. Alles is vir julle bewaarheid. Nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.+ 15  En net soos elke goeie woord oor julle gekom het wat Jehovah julle God met julle gespreek het,+ so sal Jehovah elke bose woord oor julle bring totdat hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat Jehovah julle God aan julle gegee het,+ 16  omdat julle die verbond van Jehovah julle God oortree wat hy julle beveel het, en omdat julle ander gode gaan dien het en julle voor hulle neergebuig het.+ En Jehovah se toorn sal beslis teen julle ontvlam,+ en julle sal beslis gou vergaan uit die goeie land wat hy aan julle gegee het.”+

Voetnote