Josua 24:1-33

24  En Josua het al die stamme van Israel in Sigem+ bymekaar laat kom en die ouer manne van Israel+ en sy hoofde en sy regters en sy beamptes geroep, en hulle het voor die ware God gaan staan.+  En Josua het vir die hele volk gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Aan die oorkant van die Rivier+ het julle voorvaders+ lank gelede gewoon, Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor,+ en hulle het ander gode gedien.  “‘Na verloop van tyd het ek julle voorvader Abraham+ van oorkant die Rivier+ geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy saad baie gemaak.+ En ek het aan hom Isak gegee.+  Toe het ek aan Isak Jakob en Esau gegee.+ Later het ek aan Esau die berg Seïr gegee om dit in besit te neem;+ en Jakob en sy seuns het na Egipte afgetrek.+  Later het ek Moses en Aäron+ gestuur, en ek het Egipte geteister deur wat ek daarin gedoen het;+ en daarna het ek julle uitgebring.+  Toe ek julle vaders uit Egipte uitgelei het+ en julle by die see gekom het, het die Egiptenaars julle vaders met strydwaens en ruiters tot by die Rooi See agternagesit.+  En hulle het tot Jehovah begin roep.+ Toe het hy ’n duisternis tussen julle en die Egiptenaars gestel+ en die see oor hulle laat kom en hulle bedek,+ en julle oë het gesien wat ek in Egipte gedoen het;+ en daarna het julle baie dae in die wildernis gewoon.+  “‘Uiteindelik het ek julle gebring na die land van die Amoriete wat aan die oorkant van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg.+ Daarop het ek hulle in julle hand gegee sodat julle hulle land in besit kon neem, en ek het hulle voor julle uit verdelg.+  Toe het Balak, die seun van Sippor,+ die koning van Moab, opgestaan en teen Israel geveg.+ En hy het gestuur en Biʹleam, die seun van Beor, laat roep om ’n vloek oor julle uit te spreek.+ 10  En ek wou nie na Biʹleam luister nie.+ Gevolglik het hy julle herhaaldelik geseën.+ So het ek julle uit sy hand verlos.+ 11  “‘Toe het julle deur die Jordaan getrek+ en by Jeʹrigo gekom.+ En die grondeienaars van Jeʹrigo, die Amoriete en die Perissiete en die Kanaäniete en die Hetiete en die Girgasiete, die Hewiete en die Jebusiete het teen julle begin veg; maar ek het hulle in julle hand gegee.+ 12  Toe het ek die gevoel van verslaenheid voor julle uit gestuur, en dit het hulle geleidelik voor julle uit verdryf+—twee konings van die Amoriete—nie met jou swaard en nie met jou boog nie.+ 13  So het ek julle ’n land gegee waarvoor julle nie geswoeg het nie en stede wat julle nie gebou het nie,+ en julle het daarin gaan woon. Julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie.’+ 14  “En nou, vrees Jehovah+ en dien hom in onberispelikheid en in waarheid,+ en verwyder die gode wat julle voorvaders aan die oorkant van die Rivier en in Egipte gedien het,+ en dien Jehovah. 15  En as dit sleg is in julle oë om Jehovah te dien, kies dan vandag vir julle wie julle sal dien,+ hetsy die gode wat julle voorvaders gedien het+ wat aan die oorkant van die Rivier was, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon.+ Maar wat my en my huis betref, ons sal Jehovah dien.”+ 16  Hierop het die volk geantwoord en gesê: “Dit is vir ons ondenkbaar om Jehovah te verlaat om ander gode te dien. 17  Want dit is Jehovah ons God wat ons en ons vaders laat optrek het uit Egipteland,+ uit die slawehuis,+ en hierdie groot tekens voor ons oë gedoen+ en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan het en onder al die volke waardeur ons getrek het.+ 18  En Jehovah het al die volke, selfs die Amoriete, wat in die land gewoon het, voor ons uit verdryf.+ Wat ons betref, ook ons sal Jehovah dien, want hy is ons God.”+ 19  Toe het Josua vir die volk gesê: “Julle kan Jehovah nie dien nie, want hy is ’n heilige God;+ hy is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis.+ Hy sal julle opstandigheid en julle sondes nie vergewe nie.+ 20  As julle Jehovah verlaat+ en vreemde gode dien,+ sal hy ook beslis terugdraai en julle kwaad aandoen en julle uitroei, nadat hy aan julle goed gedoen het.”+ 21  Toe het die volk vir Josua gesê: “Nee, maar ons sal Jehovah dien!”+ 22  Hierop het Josua vir die volk gesê: “Julle is getuies teen julleself+ dat julle uit julle eie Jehovah vir julle gekies het, om hom te dien.”+ Toe het hulle gesê: “Ons is getuies.” 23  “En verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is,+ en neig julle hart tot Jehovah, die God van Israel.” 24  Toe het die volk vir Josua gesê: “Jehovah ons God sal ons dien, en na sy stem sal ons luister!”+ 25  En Josua het op daardie dag in Sigem ’n verbond met die volk gesluit en vir hulle ’n voorskrif en regterlike beslissing vasgestel.+ 26  Toe het Josua hierdie woorde in die boek van God se wet+ geskryf en ’n groot klip geneem+ en dit daar opgerig onder die groot boom+ wat by die heiligdom van Jehovah is. 27  En Josua het vir die hele volk gesê: “Kyk! Hierdie klip sal as ’n getuie teen ons dien,+ want dit het al die woorde van Jehovah gehoor wat hy met ons gespreek het, en dit sal as ’n getuie teen julle dien, sodat julle nie julle God verloën nie.” 28  Daarop het Josua die volk weggestuur, elkeen na sy erfdeel.+ 29  En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van Jehovah, uiteindelik op die ouderdom van honderd-en-tien jaar gesterf.+ 30  Toe het hulle hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Serag,+ wat in die bergstreek van Eʹfraim lê, noord van die berg Gaäs. 31  En Israel het Jehovah gedien al die dae van Josua en al die dae van die ouer manne wie se dae tot ná dié van Josua voortgeduur het+ en wat al die werk van Jehovah geken het wat hy vir Israel gedoen het.+ 32  En Josef se beendere,+ wat die kinders van Israel uit Egipte gebring het, het hulle in Sigem begrawe in die stuk grond wat Jakob vir honderd geldstukke+ by die seuns van Hemor,+ Sigem se vader, bekom het; en die kinders van Josef het dit as erfdeel ontvang.+ 33  Ook Eleaʹsar, die seun van Aäron, het gesterf.+ Toe het hulle hom begrawe op die Heuwel van Piʹnehas, sy seun,+ wat hy hom in die bergstreek van Eʹfraim gegee het.

Voetnote