Josua 3:1-17

3  Toe het Josua die oggend vroeg opgestaan, en hy en al die kinders van Israel het van Sittim+ af weggetrek en tot by die Jordaan gekom; en hulle het daar oornag voordat hulle sou deurtrek.  En aan die einde van die drie dae+ het die beamptes+ deur die kamp gegaan  en die volk beveel en gesê: “Sodra julle die ark van die verbond van Jehovah julle God sien, en die priesters, die Leviete, wat dit dra,+ dan moet julle van julle plek af wegtrek, en julle moet dit volg,  —maar laat daar ’n afstand van omtrent tweeduisend el volgens die maat tussen julle en die ark wees;+ moenie naby dit kom nie—sodat julle die pad kan weet waarlangs julle moet trek, want julle het nie tevore met dié pad langs getrek nie.”  En Josua het vir die volk gesê: “Heilig+ julle, want môre sal Jehovah wonderlike dinge onder julle doen.”+  Toe het Josua vir die priesters gesê: “Neem die verbondsark+ op en trek voor die volk uit.” Toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit gegaan.  En Jehovah het vir Josua gesê: “Vandag sal ek jou begin groot maak in die oë van die hele Israel,+ sodat hulle kan weet dat ek met jou sal wees+ net soos ek met Moses was.+  En jy—jy moet die priesters wat die verbondsark dra, beveel+ en sê: ‘Wanneer julle die kant van die waters van die Jordaan bereik het, moet julle in die Jordaan bly staan.’”+  En Josua het vir die kinders van Israel gesê: “Kom hierheen en luister na die woorde van Jehovah julle God.” 10  Daarna het Josua gesê: “Hieraan sal julle weet dat ’n lewende God in julle midde is,+ en dat hy die Kanaäniete en die Hetiete en die Hewiete en die Perissiete en die Girgasiete en die Amoriete en die Jebusiete vir seker voor julle uit sal verdryf.+ 11  Kyk! Die ark van die verbond van die Here van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in. 12  En neem nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man vir elke stam.+ 13  En die oomblik dat die voetsole van die priesters wat die ark van Jehovah, die Here van die hele aarde, dra, in die waters van die Jordaan rus, sal die waters van die Jordaan afgesny word, die waters wat van bo afvloei, en dit sal soos een dam bly staan.”+ 14  En toe die volk uit hulle tente wegtrek, net voordat hulle deur die Jordaan getrek het, met die priesters wat die verbondsark+ voor die volk uit dra, 15  en die oomblik toe die draers van die Ark die Jordaan bereik en die priesters wat die Ark dra, hulle voete aan die kant van die waters insteek (die Jordaan oorstroom al sy oewers+ al die dae van die oes), 16  toe het die waters wat van bo afvloei, bly staan. Dit het soos een dam opgerys,+ baie ver weg by Adam, die stad langs Sartan,+ terwyl dié wat afvloei na die see van die Aʹraba, die Soutsee,+ opgeraak het. Dit is afgesny, en die volk het voor Jeʹrigo deurgetrek. 17  Intussen het die priesters wat die ark van Jehovah se verbond gedra het, onbeweeglik op droë grond+ in die middel van die Jordaan bly staan terwyl die hele Israel op droë grond deurgetrek het,+ totdat die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voltooi het.

Voetnote