Josua 5:1-15

5  En toe al die konings van die Amoriete,+ wat aan die westekant van die Jordaan was, en al die konings van die Kanaäniete,+ wat by die see was, hoor dat Jehovah die waters van die Jordaan voor die kinders van Israel laat opdroog het totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart begin smelt,+ en daar was geen gees meer in hulle weens die kinders van Israel nie.+  In dié tyd het Jehovah vir Josua gesê: “Maak vir jou vuurklipmesse en besny+ die kinders van Israel weer, vir die tweede keer.”  Toe het Josua vir hom vuurklipmesse gemaak en die kinders van Israel by Giʹbeat-Haäralot+ besny.  En dít was die rede waarom Josua die besnydenis uitgevoer het: die hele volk wat uit Egipte getrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die wildernis gesterf+ toe hulle uit Egipte getrek het.  Want die hele volk wat uitgetrek het, was besny, maar die hele volk wat op pad in die wildernis gebore is toe hulle uit Egipte getrek het, het hulle nie besny nie.  Want die kinders van Israel het veertig jaar+ lank in die wildernis gewandel, totdat die hele nasie van die krygsmanne wat uit Egipte gekom het, wat nie na die stem van Jehovah geluister het nie, aan hulle einde gekom het, vir wie Jehovah gesweer het dat hy hulle nooit die land sou laat sien+ wat Jehovah aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+  En hulle seuns het hy in hulle plek verwek.+ Dié het Josua besny, omdat hulle onbesnede was, want hulle het hulle nie op pad besny nie.  En toe hulle die hele nasie klaar besny het, het hulle op hulle plek in die kamp bly sit totdat hulle herstel het.+  Toe het Jehovah vir Josua gesê: “Vandag het ek die smaad van Egipte van julle af weggerol.”+ Daarom word daardie plek tot vandag toe Gilgal+ genoem. 10  En die kamp van die kinders van Israel het in Gilgal gebly, en hulle het die pasga op die veertiende dag van die maand,+ in die aand, in die woestynvlaktes van Jeʹrigo, gehou. 11  En hulle het die dag ná die pasga van die opbrengs van die land begin eet, ongesuurde koeke+ en geroosterde graan, op daardie selfde dag. 12  Toe het die manna die volgende dag opgehou, nadat hulle van die opbrengs van die land geëet het, en daar het nie meer manna vir die kinders van Israel gekom nie,+ en hulle het in daardie jaar van die opbrengs van die land Kanaän begin eet.+ 13  En toe Josua by Jeʹrigo was, het hy sy oë opgeslaan en gekyk, en daar het ’n man+ voor hom gestaan met sy ontblote swaard in sy hand.+ Toe het Josua na hom toe geloop en vir hom gesê: “Is jy vir ons of vir ons teenstanders?” 14  Hierop het hy gesê: “Nee, maar ek—as vors van die leër van Jehovah het ek nou gekom.”+ Toe het Josua op sy gesig op die aarde geval en hom neergewerp+ en vir hom gesê: “Wat sê my heer vir sy kneg?” 15  Daarop het die vors van die leër van Jehovah vir Josua gesê: “Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilig.” Dadelik het Josua dit gedoen.+

Voetnote