Josua 6:1-27

6  En Jeʹrigo was dig toegesluit weens die kinders van Israel; niemand het uitgegaan en niemand het ingegaan nie.+  En Jehovah het vir Josua gesê: “Kyk, ek het Jeʹrigo en sy koning, die dapper, sterk manne, in jou hand gegee.+  En al julle krygsmanne moet om die stad trek; trek een keer om die stad. So moet julle ses dae lank doen.  En sewe priesters moet sewe ramshorings dra, voor die Ark uit, en op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, en die priesters moet op die horings blaas.+  En wanneer hulle op die ramshoring blaas, wanneer julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot oorlogskreet aanhef;+ en die muur van die stad sal inmekaarstort,+ en die volk moet opgaan, elkeen reg voor hom uit.”  Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep+ en vir hulle gesê: “Neem die verbondsark op,+ en sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark+ van Jehovah uit dra.”  En hy het vir die volk gesê: “Trek verby en gaan om die stad, en die gewapende strydmag+ moet voor die ark van Jehovah uit trek.”  Toe het dit gebeur net soos Josua vir die volk gesê het; en sewe priesters wat sewe ramshorings voor Jehovah gedra het, het verby getrek en op die horings geblaas, en die ark van die verbond van Jehovah het hulle gevolg.  En die gewapende strydmag het voor die priesters uit gegaan wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede+ die Ark met ’n aanhoudende geblaas op die horings gevolg het. 10  En Josua het die volk beveel+ en gesê: “Julle moenie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord moet uit julle mond uitkom nie tot die dag dat ek vir julle sê: ‘Skreeu!’ Dan moet julle skreeu.”+ 11  En hy het die ark van Jehovah om die stad laat trek, een keer om, waarna hulle na die kamp gegaan en in die kamp oornag het. 12  Toe het Josua die oggend vroeg opgestaan,+ en die priesters het die ark+ van Jehovah gedra, 13  en sewe priesters wat sewe ramshorings voor die ark van Jehovah uit gedra het, het geloop en aanhoudend op die horings geblaas, en die gewapende strydmag het voor hulle uit geloop, terwyl die agterhoede die ark van Jehovah met ’n aanhoudende geblaas op die horings+ gevolg het. 14  En hulle het op die tweede dag een keer om die stad getrek, waarna hulle na die kamp teruggekeer het. So het hulle ses dae lank gedoen.+ 15  En op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan, met dagbreek, en hulle het sewe keer op hierdie manier om die stad getrek. Net op dié dag het hulle sewe keer om die stad getrek.+ 16  En die sewende keer het die priesters op die horings geblaas, en Josua het vir die volk gesê: “Skreeu;+ want Jehovah het die stad aan julle gegee.+ 17  En die stad moet iets word wat aan vernietiging oorgegee is;+ dit met alles wat daarin is, behoort aan Jehovah. Net Ragab,+ die prostituut, mag bly lewe, sy en almal wat saam met haar in die huis is, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat ons uitgestuur het.+ 18  Wat julle betref, bly net weg van dit wat aan vernietiging oorgegee is,+ sodat daar nie ’n begeerte by julle ontstaan+ en julle iets neem van dit wat aan vernietiging oorgegee is+ en die kamp van Israel iets maak wat aan vernietiging oorgegee is en dit in die ongeluk stort nie.+ 19  Maar al die silwer en die goud en die koper- en ystervoorwerpe is iets heiligs vir Jehovah.+ Dit moet by die skat van Jehovah kom.”+ 20  Daarop het die volk geskreeu toe hulle op die horings blaas.+ En toe die volk die geluid van die horing hoor en die volk ’n groot oorlogskreet aanhef, het die muur inmekaar begin stort.+ Daarna het die volk opgegaan, die stad in, elkeen reg voor hom uit, en die stad ingeneem. 21  En hulle het alles wat in die stad was, man sowel as vrou, jong man sowel as ou man, en bul en skaap en esel, deur die skerpte van die swaard aan vernietiging oorgegee.+ 22  En vir die twee manne wat die verkenning van die land gedoen het, het Josua gesê: “Gaan in die huis van die vrou, die prostituut, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, net soos julle vir haar gesweer het.”+ 23  Toe het die jong manne wat die verkenning gedoen het, ingegaan en Ragab en haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het, uitgebring, ja, haar hele familie het hulle uitgebring;+ en hulle het hulle buite die kamp van Israel geplaas. 24  En hulle het die stad en alles wat daarin was, met vuur verbrand.+ Net die silwer en die goud en die koper- en ystervoorwerpe het hulle aan die skat van Jehovah se huis gegee.+ 25  En Josua het Ragab, die prostituut, en die huisgesin van haar vader en almal wat aan haar behoort het, laat lewe;+ en sy woon nog tot vandag toe onder Israel,+ omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua uitgestuur het om Jeʹrigo te verken.+ 26  Toe het Josua in dié tyd ’n eed laat uitspreek en gesê: “Vervloek voor Jehovah is die man wat opstaan en hierdie stad, ja, Jeʹrigo, bou. Ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondament lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy deure insit.”+ 27  En Jehovah was met Josua,+ en sy roem het oor die hele aarde versprei.+

Voetnote